`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 356

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die heilsame woorde van die Heer aan die verkluimde en deur angs bevange Mahal. Mahal se genesing in die nuwe ontsteekte liefde tot die heilige Vader. Mahal se verlossing en verheerliking as engel van die Lig

(28 Augustus 1844)

356 By die ark aangekom, het Mahal die Heer gebid vir die dood van sy liggaam, omdat hy dit nie sou kon verdra het om die magtige reën oor sy swak liggaam te voel stroom en deur die groot koue `n koors in al sy vesels te kry nie.

2. Die Heer het egter gesê: “Mahal, hoe kan jy jou oor die reën en oor die koue bekla in My buitengewone nabyheid?! Is Ek nie Hy Wie vanuit Myself die gerub sy gloed gee, die seraf sy glans, en alle sonne hul vuur, lig en warmte nie?!

3. Dink jy dat hierdie reën jou sou natgemaak en jou ledemate koud gemaak het, as jy volkome in jou hart by My sou gewees het?!

4. O, beslis nie! Ek sê vir jou: Elke druppel wat op jou hoof val, sou `n lafenis vir jou gewees het, soos dit vir die vermoeide en nou half gestorwe aarde is, waaroor hierdie vloed nou moes kom, sodat sy nie sou sterf en vergaan onder die euweldade van die mense nie!

5. Hierdie vloede sal die wonde van die aarde weer sluit en genees, en sy sal weer herstel en gesond word en sal die mense en die diere weer tot woonplek dien!

6. Dit sal ook met jou die geval wees! Ook oor jou moet eers, deur die groot werksaamheid van jou liefde en die daaruit voortkomende berou, `n vloed kom; dit sal jou genees en verwarm in jou gees, tot die ewige lewe uit My!

7. Soos jou liefde is, so is jou gees! As jou liefde lewend in My, sal wees, dan sal jou gees ook lewend wees uit My; en dit is die ware warmte wat nooit kan afkoel deur alle koue wat die dood in die hele oneindigheid uitgestrooi het, deur die mag van die leuen in hom!”

8. Hierop ontbrand Mahal en hy het vanuit die opnuut aangewakkerde gloed van sy hart gesê: “O meer as heilige Vader vol allerhoogste liefde! Hoe eindeloos goed moet U in U wese wees dat U met my, `n nietige sondaar, so hoogs liefdevol kan omgaan, asof U verder geen ander wese in die hele oneindigheid meer het nie!

9. O, hoe onbegryplik berou dit my nou dat ek U ooit so erg kon misken het en so ondankbaar met U, o heilige, ewige liefde, wou twis soos `n ligsinnige jonge met sy gelykes! O Vader, U heilige, ewige Liefde, is dit wel nog moontlik dat U so `n misdaad vir my sal vergewe?”

10. Hierop het die Heer Mahal met `n vinger aangeraak en op daardie oomblik het sy sterflike liggaam tot stof en as ineengesink; maar die verheerlikte gees van Mahal het soos `n verligtende seraf naas die Heer gestaan en loof en prys die ewige liefde van die Vader met onsterflike lippe, Wie selfs nog in die oordeel, van dieselfde eindelose volheid is, soos gedurende die vrede van die ewige orde.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205