`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Satana se wens om in `n man verander te word gaan in vervulling. Die onverbeterlikheid van Satana. Die rein vrou in die son. Satan verdwyn.

(24 April 1843)

23 Na hierdie woorde van die kant van die Heer het Satana weer opgestaan en bewend tot die Heer gepraat: “Heer, ek weet wel dat U ewig geen raad van my, nóg van enig ander iemand nodig het nie; want slegs U is immers die allerhoogste en mees volkome, ewige en oneindige Wysheid!

2. Maar tog het U aan al U vrye skepsele die vrye wil verleen, met daaruit voortvloeiend die reg om vry te handel en tewens die reg om U om iets te vra, en een versoek is in feite niks anders nie as `n deemoedige raad van die kant van die weliswaar vrye, maar daarby tog deur U wyslik swak gehoue skepsel. Daarmee lê dit U, o Heer, die eie raad voor, asof U daar vroeër nagenoeg niks van weet nie totdat die skepsel dit aan U voorgelê het. En hy raai U daarmee wel allerdeemoedig aan wat U sou moet doen. Ek wil nou my raad aan U ook so inklee en U daarna vra, as dit vir U welgevallig is, om U werk en wesens `n heeltemal nuwe orde te gee.

3. Dit is dit wat ek nou graag sou wil hê: Sien, o Heer soos wat ek nou is, is ek waaragtig meer as ellendig en ongeluksalig! Solank ek in hierdie gedaante as vroulike wese bly, kan ek my nooit volledig tot U wend nie, omdat die mees onverdraaglike, hewige afguns my steeds weer opnuut op wraak jeens U, my sinne ontneem en my gevange neem.

4. Daarom dink ek omdat alle dinge tog moontlik is vir U dat U my aard sou kan verander en my `n manlike karakter sou kan gee en dat U my dan in `n man kan verander vir U en vir U kinders!

5. Dan sou al die bose eienskappe wat my ewig kwel my vas en seker verlaat! Ek sou my dan volledig kan verdeemoedig voor U en soos al U uitverkore kinders kan wees.

6. As ek `n vroulike wese sou bly, voorsien ek maar al te goed hoe weinig al my goeie bedoelings my vir alle ewighede van die ewighede sal baat!

7. Doen daarom wat U wil, maar mag dit tog moontlik wees, dan vra ek U, o Heer, daarom!”

8. Die Heer antwoord haar egter: “Luister, jy ewig onbestendige en onveranderlike wese, en sê My in hoeveel wesens jy jou daarom al laat omvorm het, waarby jy My altyd die versekering gegee en gesê het: “O Heer, laat my tog hierdie vorm aanneem, dan sal dit daarin beter gaan met my!”

9. Ek het met jou altyd gedoen wat jy ook maar wou; daar is op aarde nie so veel atome as wat daar gedaantes en vorm en karakters is waarin jy jou deur My al laat verander het ten behoewe van jou steeds weer voorgewende verbetering nie!

10. So dikwels Ek maar terwille van jou `n nuwe sonne- en planetegebied gegrondves het, wou jy in die sonne vroulik wees en op die planete manlik!

11. Ek het jou ook die vermoë gegee om jou tot nou toe na willekeur te kan verander. Maar sê My en beken nou hoeveel beter jy daardeur geword het! Ek sê vir jou: Nog geen haar nie! Jy het nog altyd die ou leuenares gebly, en tot nou toe het niks wat Ek volgens jou wil alles met jou onderneem het, vrugte afgewerp nie.

12. As dit tog onbetwis so is, wat moet daar dan deur hierdie alweer nuwe verandering beter aan jou word?!

13. Daarom sal Ek hierdie keer nie Self doen wat jy wil nie, maar Ek laat jou geheel vry en jy kan jouself verander in wat jy wil!

14. Of jy `n man, `n vrou, `n dier of `n element wil wees, maak nie vir My saak nie; maar van My uit sal Ek nou ook handel volgens My eie beraad en sal jou nie in My beraad betrek nie!

15. Maar as jy `n vrou wil bly, dan sal Ek jou `n vors van die nag uit jou eie sy stel; hy sal jou die mag gee om die geslag van die mense te beproef.

16. Wil jy ewenwel `n man wees, dan sal Ek `n rein sonvrou teenoor jou stel, `n tweede Eva; die sal jou op jou ou koppigheid tree. Ook al wil jy haar in haar hak byt, dit wil sê in haar vlees, dan sal dit haar nie in die minste tot haar skade verwond nie.

17. Nou weet jy hoe dit daarvoor staan; handel daarom soos jy wil!”

18. Hierop word Satana skielik `n kragtige, opgewekte uitsiende man.

19. Die Heer toon die man dadelik die sonnevrou en sê: “Goed dan, daar is jy, en daar is sy! Gaan daarom weg van hier volgens jou vermoë en Ek sal volgens Myne handel! Amen.”

20. Hierop word Satan onsigbaar netsoos die sonvrou.

21. En die Heer het Hom met Syne weer na die hoogte begewe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205