|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 208
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die tien verkenners word deur die hoëpriesters verdink. Die sluwe, suksesvolle antwoord van die tien verkenners
(20 Januarie 1844)
208 Maar die hoëpriesters, wat iets hoër was as die opperpriesters, en vroeër onder in die saal in die eerste ry gestaan het, het hulle nou ook na die redenaarspodium begewe en die volgende woorde tot die opperpriesters gerig:
2. “Luister na ons, want wat ons vir julle te sê het, is te belangrik! Hierdie tien, wie julle onderpriesters gemaak het, kom vir ons hoogs verdag voor!
3. Hulle is heimlik besig met iets boos teen ons almal! Hulle beplan dit weliswaar baie slu om ons om die bos te lei, maar vergeet dat `n hoëpriester alwetend is en die mees verborge gedagtes van mense kan sien.
4. Ons het hulle gedagtes gesien en allerlei bose planne teen ons ontdek; vertrou hulle daarom nie! Dit is wolwe in skaapsklere.
5. Hulle mag wel alles waaroor hulle berig het, op hulle ontdekkingsreis meegemaak het, maar tot nou toe het ons nog geen ander bewys as wat hulle ons self vertel het nie, waarmee hulle ons sekerlik vir die gek hou! Daarom raai ons julle aan: Oortuig julle eers van minstens één punt voordat julle gesag aan hulle sal toevertrou, anders is ons verslaan!
6. Hulle weiering om ons getroue stryders aan te neem en slawe te wil hê, wat ons nog meer haat as die bitterste mishandeling, skyn `n baie ander rede te hê as wat hulle ietwat verleë aan ons opgee! Wees daarom op julle hoede, want ons, alwetende hoëpriesters, het dit aan julle gesê!”
7. Dié verweer het die opperpriesters versteend laat staan, en die tiental, wat hulle daardeur baie geraak gevoel het, nog meer.
8. En `n opperpriester het hom tot die woordvoerder van die tien gewend en gesê: “Het julle die getuienis van `n alwetende oor julle gehoor? Hoe wil julle julleself regverdig?”
9. Die woordvoerder egter, `n uitsonderlik sluwe skepsel, het geweet hoe om hom vinnig te beheers en het gepraat: “Hoogmagtige kollegas! Met die alwetendheid van hierdie hoëpriesters moet ons tog wel `n vraagteken plaas, want so alwetend as wat hulle is, is ons ook! Politiek was nog nooit alwetendheid gewees nie en sal dit ook ewig nooit wees nie! Slegs slegte kêrels laat hulle deur sulke knapies intimideer, maar `n redelik mens nie!
10. As hulle alwetend was, sou hulle julle nie tot versigtigheid gemaan het nie, maar sou hulle ons dadelik aan die begin tot die hellevuur verdoem het; want hulle moes immers van meet af aan geweet het dat ons wolwe in skaapsklere is! Waarom het hulle ons dan saam met julle tot priesters gemaak?
11. Verder: As hulle alwetend sou wees, dan sou hulle beslis vir julle kon gesê het wat homself alles op die hoogte by die towenaar afgespeel het; maar aangesien hulle nie alwetend is nie, het hulle julle aangeraai om julle deur ander bewyse te oortuig of ons verklarings waar is of nie!
12. Daarom vra ons julle, opperpriesters: Glo julle self dat hulle alwetend is, waarom vra julle hulle dan nie om `n verslag uit te bring van dit alles wat daar op die hoogte gebeur het nie? En waarom het julle hulle nie op hulle woord geglo nie, en het julle ons nie dadelik in die vuur, of in die afgrond gegooi nie?!
13. Om egter kort mette te maak met hierdie alwetendes, verklaar ons hierby dat ons nie `n voet buite die deur sal sit, alvorens julle ten minste deur die hoogte ingelig is of ons julle `n vals rapport uitgebring het, al dan nie!
14. En selfs dan sal ons eers op die weg na die goue berge gaan op voorwaarde dat sommiges van hulle en van julle met ons sal saamtrek en die helfte van die strydmag uit vaste stryders en die helfte uit slawe sal bestaan! Sou hulle ook nog verdag voorkom, dan sit ons geen voet oor die drumpel nie! En daarmee basta!”
15. Die hoëpriesters het hierby baie erbarmlik gesigte getrek. Maar die opperpriesters het hulle aan die kant van die tiental geskaar en het ingestem met hulle woorde, want hulle het gesien dat die tien gelyk het en het hulle nou volkome vertrou. Maar aan die hoëpriesters het hulle gesê dat hulle hulleself in die vervolg nie met dinge moes inmeng wat hulle nie aangegaan het nie; want slegs die seremoniële verering van die koning was hulle saak.
|
|
|
|
|