`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Lameg se verskriklike droombeeld en die ontwaking uit sy droom. Die opheldering deur Lameg

(19 Junie 1843)

60 Na hierdie dwase dromery gaan Lameg die tempel in, gaan naas die altaar sit en het met sy rug teen die altaar geleun, met sy gesig na die sonsopkoms gewend. Want nou skep hy ook geen behae meer in die altaar nie, omdat die stralende hart daarop ten gevolge van Lameg se ergernis verdwyn het en die altaar dus leeg gestaan het.

2. Lameg het gedink om so lank in hierdie houding te bly totdat hy sterf; maar die naderende opgang van `n baie ander son as wat Lameg sou verwag het, het Lameg weer tot besinning gebring.

3. Die sonsopgang het as volg gelyk: In plaas van die verwagte son het `n geweldige reuseslang sy kop bokant die horison verhef; en terwyl die kop oprys volg daar ook `n netso reusagtige slangliggaam. En hierdie slang het so sterk gestraal soos die son.

4. Toe die kolossale monster hom reeds taamlik hoog bokant die horison bevind het, het daar tallose kleiner slange gevolg wat almal net soos die groot slang stralende krone op hulle koppe gedra het, wat `n kragtige lig versprei het.

5. Baie spoedig het die lug vol soortgelyke slange geraak, wat hulle in allerlei kronkelings om die groot slang beweeg het.

6. Hierdie bewegings was heftiger en heftiger. Daar het `n ware stryd ontstaan. Die groot slang het die kleineres gebyt en die wat gebyt was, het op die aarde neergeval, en oral waar een beland het, het dit `n vreeslike brand op die aarde veroorsaak.

7. En die bodem van die aarde het luid begin te weeklaag oor dié euwel, en die berge, in woede ontbrand, het hulle na die dale gebuig, die riviere het hulle verlê en uit hulle klowe en skeure het massas en massas wolke gedryf en verduister daarmee die hemel al nader en nader en toe stort geweldige strome daaruit neer, wat alle lande oorstroom het.

8. En die water het hoe langer hoe hoër gestyg, het baie spoedig die stad Hanoch verslind en reeds met `n geweldige golfslag tot aan die toppe van die berg gereik waarop Lameg met sy nog steeds slapende volk hulle bevind het.

9. Maar toe die berg begin het om te wankel en die tempel weldra gedreig het om ineen te stort en daar bowendien nog `n magtige bliksemslag gekom het, wat met `n geweldige gekraak die aarde laat bewe het, begin ook Lameg, wat homself weliswaar ten gronde wou rig, bang te word.

10. Hy het opgestaan, met sy hande in sy oë gevryf, en het begin om hom heen te kyk. Hy het die tempel voor hom gesien en daarin die Heer en Henog, en die volk het vreugdevol om die tempel heen gesit en die God van die heerlikheid geloof en geprys; en hy het hom behoue bevind en wel tussen syne.

11. Toe hy homself nou so gesien en dit alles in die ou, goeie orde bevind het, het hy aan Thubal-Kain, wat langs hom gestaan het, gevra;

12. “Seun, my seun, sê my wat het daar tog om Gods almagtige wil met my gebeur? Waar was ek tog, en waar was julle en die wyse Man en Henog, wie nog daar in die tempel op my wag?”

13. En Thubal-Kain het Lameg geantwoord: “O vader Lameg, waarom het jy dit aan my gevra? Het jy dan jou verstand verloor dat jy nie meer weet, hoe jy na die belofte van die wyse Man hierheen gekom het om die hele volk te verkondig dat hulle van die grond af moes opstaan nie?!

14. Sien, toe het jy my en Naëhme se moeder omarm en het in die soetheid van die omarming onmiddellik in `n diepe slaap geval nog voor jy die belofte van die wyse Man kon vervul. En jy het `n hele tyd geslaap, maar ek kan nie sê hoe lank dit geduur het nie.

15. Sien, dit is alles. As jy my nie wil glo nie, dan is daar nog meer getuies wat jou onvermydelik dieselfde moet meedeel, omdat dit onmiskenbaar so gebeur het.”

16. Toe Lameg dit gehoor het uiter hy `n luide kreet en het gesê: “God, U, enig Heilige, sy ewig alle lof, alle prysinge, alle dank en al my liefde, omdat dit alles slegs `n ydele droom was!

17. Maar hoe kon dit tog gebeur het dat ek die woord van die Heer so vinnig deur die slaap kon vergeet het, en nie gehandel het volgens Sy oproep nie?!”

18. Lameg van die hoogte, wat naas hom gestaan het, antwoord hom: “Sien, broer, omdat jy nie eers die wil van die Heer vervul het nie, maar heimlik in jouself die gedagte gekoester het om gedurende die nag op hierdie berg te midde van jou vrouens te rus!

19. En dus het die Heer dit ook toegelaat dat jy heeltemal onbewustelik by jou vrouens aangekom het op die oomblik dat jy in jou nagtelike fantasie gedink het om die volk te wek, maar niemand gevolg gegee het aan jou oproep nie, wat jy nie gedoen het nie, omdat jy reeds geluksalig slapend te midde van jou vrouens die tempel uitgegaan het.

20. So het jou vlees jou in die teenwoordigheid van God betower, en God het toegelaat dat jy die vrugte van die liefde vir die vlees moet proe.

21. Maar laat jou weer deur my die tempel binnelei en die Heer sal nog menige dwaasheid in jou onthul; volg my dus! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205