|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 335
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Noag se vermaning aan sy broer. Die verblinding van die eiegeregtige Mahal en sy twis met die Heer
(2 Augustus 1844)
335 Baie spoedig het Noag die groot innerlike droefheid by sy broer Mahal opgemerk, net soos by sy kinders; want hulle was almal hewig heeltemal van stryk gebring, toe hulle gehoor het dat slegs Noag met sy gesin barmhartigheid in God se oë gevind het.
2. Daarom het Noag aan Mahal gesê: “Broer, waarom is jy nou so bedroef? Het jy nie vooruit jou woord gegee dat jy nie sou kwaadword nie, ook al sou die Heer `n brandende doringstruik op jou naakte rug slinger?!”
3. “O broer, hoe hou jy jou aan die so hoog gestelde woord wat jy my gegee het?! Weet jy dan nie hoe goed die Heer is nie, en ken jy nie Sy eindelose geduld en Sy ewige, onbegrensde erbarming nie?!”
4. “Sê my, wanneer het die Heer ooit iemand nie verhoor as hy hom weer berouvol tot Hom gewend het in die ware liefde van sy hart, soos `n goeie kind tot sy enigste goeie en ware vader nie?! Doen dieselfde, dan sal dit beslis nie nodig wees om so bedroef te wees nie!”
5. Daarop het Mahal hom geregverdig en aan Noag gesê: “O broer, toon my `n sonde wat ek ooit teenoor God die Heer begaan het, en ek sal my lewe lank daaroor treur en ween en smeek om vergewing en erbarming!”
6. “Is ek nie net so suiwer soos jy nie?! Waarom wil die Heer my dan oordeel? Wat het ek dan in Sy oë verkeerd gedoen, dat Hy die toegang tot hierdie ark vir my versper het?”
7. “Dat ek my kinders wou terugvind in die laagte, waarheen die Heer Self my Waltar gestuur het, maar toe hy benede was, hom losgelaat het, sodat hy geval en ten gronde gegaan het, broer, was dit my skuld? Wanneer het ek daarvoor gesondig en wanneer daarna, dat die Heer my so slaan?!”
8. “Maar jy het gesê dat die Heer berou gehad het dat Hy die mense geskape het! As dit so is, wat is die mens van die aarde dan? Kyk, ek sê vir jou: Hy is `n sonde van God ! Maar ek meen tog dat God nie tot `n sonde in staat is nie?!”
9. “Maar omdat die Heer ten opsigte van my, die altyd geregtige, so troueloos gehandel het, en baie smadelik teen my gesondig het, glo ek nou dat God ook kan sondig! Want sonder sonde bestaan daar geen berou nie; wie egter gesê het: “Dit berou my!”, die het gesondig!”
10. “Dus sê ek: God kan my van geen sonde betig nie; maar ek wil Hom Sy sonde teenoor my laat sien, die altyd geregtige!”
11. Noag het geskrik toe hy hierdie woorde van Mahal verneem het.
12. Maar Mahal het toornig opgestaan en saam met sy kinders die volle hoogte opgegaan.
|
|
|
|
|