|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 135
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die nederlaag van die leër van die Hanochiete. Die woorde van die listige leier van die oorwinnaars. Koning Uraniël se vredesonderhandelinge. Invoering van die vrugtemark buite Hanoch. Die raad van duisend
(7 Oktober 1843)
135 En so het ruim een miljoen krygers met skerp spiese, lanse en swaarde na buite getrek, hulle daar in tien afdelings verdeel, elk bestem om één van die tien stede aan te val.
2. Maar die volkere van buite die stad het die krygsplanne van die Hanochiete te wete gekom en hulle gereedgemaak om weerstand te bied. Hulle het die toegange tot die stede afgesper en hulle met goedgeoefende boogskutters beman, ook alle vensters en balkonne van die huise.
3. Toe die Hanochiete nou onder luide geskreeu by die stede gekom het, het baie duisende onmiddellik skerp pyle hulle bliksemsnel tegemoet gevlieg, waardeur daar baie gedood en nog meer swaar gewond geraak het.
4. Maar aangesien die Hanochiete hierdie wapens nie geken het nie, was hulle genoop om te glo dat daar bose geeste saam met die groot volkere geveg het, en daarom het diegene wie nog oorgebly het, in groot haas terug na Hanoch gevlug; want hulle het gedink dat die bose geeste hulle selfs tot in die stad met hulle dodelike pyle agterna sou hardloop en daarom het hulle hulleself dan ook in hulle huise verberg.
5. En toe die volkere van buite merk watter skrik en watter verwarring hulle onder die Hanochiete veroorsaak het, het hulle besluit om Hanoch nou ook aan te val.
6. Maar die reeds bekende raadgewer, wie die volkere van buite tot hulle hoogste aanvoerder benoem het, het aan die leiers van die tien stede gesê:
7. “Laat ons onsself nie teen die onderneming waag nie! Hier is ons duidelik in die voordeel; as ons na Hanoch gaan en die stadspoorte is gesluit, dan stel ons ons vir niks en nogeens niks bloot aan die klippe wat vanaf die hoë ringmuur gegooi word.
8. Met geweld is hierdie stad nooit te verower nie, en dit sou met ons binne haar mure geen haar beter gaan nie as wat dit hulle binne die mure van ons huise en ons versperrings sal gaan nie, waarby hulle leër vir ruim meer as die helfte deur ons pyle vernietig is en ons na die veldslag, soos julle weet, ongeveer veertien dae besig was om alle dooies te begrawe.
9. Die Hanochiete het nou so `n deeglike les van ons gekry, dat hulle sekerlik tot die insig sal kom dat hulle ringmuur weinig help, en hulle sal ook spoedig insien dat dit beter is om met ons as opregte vriende en broers te lewe, as om hulle as vyande vir ons af te sluit.
10. Hulle is rondom deur ons beleër en kan nêrens by ons kom nie; maar die honger sal hulle sekerlik baie gou as vriende in ons arms dryf, en dan sal ons hulle die korrekte vredesvoorwaardes voorlê, wat, soos wat ek al laas opgemerk het, nie in ons nadeel sal strek nie!”
11. Hierdie raad was weer algemeen aangeneem, en die raadgewer het geen ongelyk gehad nie, want reeds in die sewende week het afgesante van koning Uraniël uit Hanoch na die bestuurders van die tien stede gekom om hulle vredesvoorwaardes voor te stel, natuurlik in die voordeel van die Hanochiete.
12. Maar die raadgewer se goed ingeligte bestuurders het gesê: “Nou is ons onteenseglik julle meesters; daarom moet julle aanneem wat ons verlang! En wil julle dit nie, dan sal die honger julle daartoe dwing, want die beleëring word geen oomblik vroeër opgehef, alvorens julle nie ons voorwaardes sal aanneem nie!
13. Die voorwaardes lui baie eenvoudig as volg: Ons wil om julle stad buite die muur `n vrugtemark opsit, en julle moet die lewensmiddele by ons koop teen `n redelike prys; en duisend manne van ons moet in Hanoch aan die sy van die koning in die raad opgeneem word en deur julle versorg word.
14. Is julle dit daarmee eens, gaan dan heen en bring ons die aanvaarding van die koning; maar is julle dit nie daarmee eens nie, verhonger dan binne julle mure!”
15. Daarop het die afgesante hulle weer na Hanoch begewe; en die koning het hom gedwing gesien om deur die suur appel heen te byt.
16. Die bodes het weer teruggekeer en die goedkeuring van die koning oorgebring en reeds die volgende dag was die vrugtemark rondom Hanoch opgesit, en die byna verhongerde Hanochiete het die eetware teen enige prys gekoop.
17. En so het ook die duisend mede-raadslede na Hanoch getrek en die koning geheel in hulle midde opgeneem, sodat hy na hulle pype moes dans.
18. Die vervolg sal egter toon hoe daar gefluit en gedans word.
|
|
|
|
|