`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 321

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die leërkamp van Fungar-Hellan langs die wand van die gebergte. Die dreigement van die twyfelende generaal aan Mahal. Mahal se profetiese waarskuwing. Die vreeswekkende instorting van die bergwand wat deur die hooglanders ondermyn is. Mahal se raad tot vrede

321 Die plek waar die hooglanders `n weg na die diepte gebaan het, was honderd myl noordoos van Hanoch en dertig myl van die meer wat die waterdienaars op sy eiland gehad het. Hierdie plek was `n wyd uitgestrekte woesteny waar, behalwe `n paar wilde bessiestruike, niks gegroei het nie. Maar tog was die gebergte in die verlede ook hier langs `n uitgestrekte gebied van twintig uur, tot op `n hoogte van dertig vadem loodreg afgesteek, en daarom kon mens nêrens van bo na onder of van onder na bo gekom het nie.

2. Op `n afstand van ongeveer honderd-en-vyftig vadem van die bergwand, het Fungar-Hellan sy geel- en rooikleurige tent opgeslaan; en toe daardie hele groot leër langs die bergwand ingedeel en geleër was, het Fungar-Hellan aan Mahal, wat op sy bed uitgestrek het, gesê:

3. “Vriend, ons is nou hier, volgens jou raad, gelaer, maar ek sien in die verste verte nog niks wat met jou voorspelling ooreenkom nie! Het jy my vir die gek gehou?! Werklik, hoewel ek jou innigste vriend is, sê ek jou egter tog dat so `n foppery jou baie duur te staan sou kan kom!”

4. Maar Mahal het gesê: “Pas jy maar op dat die foppery van bo jou uiteindelik nie te duur te staan sal kom nie! Wat my aangaan, kan jy my hiermee, soos in alles, niks ten laste lê nie!”

5. Nouliks het Mahal hierdie woorde gespreek, of daar ontstaan skielik van bo uit die gebergte uit, `n huiweringwekkende dreunende gedonder.

6. Almal het dadelik die tente uitgestorm om te kyk wat daar gebeur het, en die mense het gesien dat die hoogte vol rook was wat gewoonlik van springstofkorrels afkomstig is, wanneer dit aangesteek word, en het onder voortdurende gedonder, `n massa magtige grond- en kliplawines na benede sien stort, waardeur die reghoekige ruimte tussen die afgesteekte wand en die woeste vlakte, heeltemal opgevul was.

7. En omdat daar meer soortgelyke lawines langs die hele wand van die woesteny voorgekom het, was die wand ook weldra op verskillende plekke afgeplat, en die weg van die hoogte na benede was daardeur onomkeerbaar gebaan, welke verderflike daad Fungar-Hellan baie rustig moes aanskou, omdat hy onmoontlik in staat was om dit te verhinder; want wie sou durf om die neergestorte lawines op te ruim, terwyl daar steeds nuwe en groter kort na mekaar gevolg het?!

8. By die huiweringwekkende gebeure het Mahal aan Fungar-Hellan gevra of hy die verskynsel ook as foppery beskou het.

9. En Fungar-Hellan het gesê: “O jy, vreeslike profeet vanuit God se hoogte! Waarom moet jy maar net verskriklike dinge verkondig, wat so wanhopig waar uitkom, en waarom nie ook goeie dinge, wat ook so waar uitkom nie?! Sê my nou egter ook hoe ons die oorwinning kan behaal op die wraaksugtige bewoners van die hoogland!”

10. En Mahal het gesê: “Juis deur hier aanwesig te wees! Want ons aanwesigheid hier, sal hulle sê dat ons maar net deur `n hoër mag geïnspireer was, en kon geweet het waar hulle hulle weg na benede sou maak! Dit sal `n groot agting by hulle vir ons inboesem, en hulle sal dan, in plaas van om te veg, vreedsaam met ons onderhandel!

11. Jy mag hulle nie vyandelik aanval as hulle na benede kom nie; maar jy kan altyd `n sterk wag om jou tent hê, om hulle groot eerbied vir ons mag in te boesem!”

12. Toe Fungar-Hellan dit gehoor het, het hy daarvolgens gehandel, en mens het ook reeds spioene ontdek wat nagegaan het of die ruimtes al voldoende opgevul was.

13. Wat verder, volg hierna!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205