|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 136
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die raad van duisend dring `n grondwet aan die koning op
(10 Oktober 1843)
136 Hoe het die gefluit van die kant van die duisend mede-raadslede van buite die stad geklink?
2. Ten eerste word aan die koning opgedra om ook die tien vorstestede met `n ringmuur te omgewe, sodat elke stad as `n beskermde plek aangemerk kon word.
3. En die raadslede het dit oorgelaat aan die koning, asook die magtige Hanochiete om voldoende sterk bolwerke te vestig en hierdie groot stad, soos julle gewoonlik sê, goed onder beheer te hou.
4. Die duisend raadslede het daarna `n altyd maar stewiger posisie verwerf in die tien stede en was die eintlike heersers oor Hanoch, en die koning was nou steeds meer gedwing om net dieselfde te doen wat die heersers van die tien stede as korrek beskou het en altyd stellig wou.
5. Ons sien uit hierdie gebeurtenisse niks meer en niks minder nie as die ontstaan van `n konstitusionele staatsvorm tussen die koning en die volk; maar tegelykertyd sien ons ook `n soort volksadel wat ontstaan en die invoering van `n kastestelsel by die volk, waardeur in die besonder die eintlike kinders van die laagte en wel by name die manlike geslag, vir die laagste tipe arbeid bestem en gebruik was.
6. En daarin word deur die heersers van die tien stede vas bepaal dat juis hierdie manlike kinders hulle nooit bokant hulle stand mog verhef nie.
7. Verder word daar ook bepaal dat `n man uit die raad of die stand van die heersers, vanweë sy aansien, geen vrou uit die laagste stand mag geneem het nie.
8. Maar wanneer by iemand uit die stand van die heersers tog `n dogter uit die laagste stand weens haar skoonheid in sy smaak geval het, dan moes sy eers in die nog steeds populêre skoonheidsinstituut van die koning in `n sekere sin geadel en as `n dogter aangeneem word en op dié manier kon sy eers die vrou van `n heerser geword het.
9. En so `n aanneming het veral bestaan uit die feit dat die koning so `n aangenome dogter `n aansienlike bruidskat uit sy skatkis moes saamgee; dit het dan eers gelei tot die volledige verheffing in die adelstand.
10. Deur soortgelyke middele het die raadshere geweet om die skatte van Hanoch vinnig na hulle toe te trek en die koning `n meer en meer slegs skynbare koningskap te besorg.
11. In die loop van ongeveer tien tot vyftien jaar na die verstewiging van die tien stede, wat alles in ongeveer vyf jaar na die groot slag plaasgevind het, was Hanoch so erg gesink en leeg gesuig, dat die reeds baie bejaarde koning voor die duisend raadslede begin te huil en gepraat het:
12. “Luister na my, broers! Wanneer dit julle doel is om ons te vernietig, gryp dan die wapens en dood ons, en bemagtig dan liewer op één slag alle skatte van hierdie stede; maar dit is `n godvergete handeling, as julle dink om ons langsaam te martel en te dood!”
13. Die hoof van die raadshere het egter gesê: “Goed, ons begryp jou woorde; maar hoe sou ons anders kan handel, aangesien ons jou raadslede is en die van die volk?! Het die volk dan nie groter regte as `n swak koning van die stad Hanoch nie?!
14. Maar wil jy Hanoch weer sien bloei, gee ons dan die volledige leiding, en jy bly as koning die krag van ons amp, gehul in `n misterieuse geheiligde wese, dan sal jy hierdie stad spoedig in `n florerende toestand sien!”
15. Nou het die koning gedink: “Wat sal ek doen? As die stad daardeur gehelp kan word, dan sal ek daardie offer wel bring!”
16. Daarom het hy die voorstel van die raadshere toegestaan. Die was toe geheel en al die heersers van die stad, van die ander stede en so van die hele, groot land, en die koning moes nou alle besluite onderteken, sonder om te weet wat hy eintlik onderteken het.
17. Daardeur was die volk in die veronderstelling dat dit alles van die koning gekom het, maar die koning het van niks geweet nie.
18. En so was die skandelikste aristokrasie deur hierdie bepalings gevorm.
|
|
|
|
|