`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 266

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Gurat en Drohuit moet die spel saamspeel. Die gehuigelde woorde van Agla aan Fungar-Hellan

(27 April 1844)

266 Gurat was nou nie met hierdie liefdesverklaring van die kant van sy hemelse Agla aan Fungar-Hellan, bepaald eens nie, natuurlik heimlik by homself, want hy kon dit nie wys dat hy nie openlik daarmee eens was nie.

2. Maar wat kon hy anders gedoen het, as by hierdie liefdesverklaring hoogs vergenoegd toe te kyk?! Want hy het geen keuse gehad nie. Twee suur appels, links en regs; in die een moes hy byt, en dit was tog beter as wanneer hy in albei vinnig moes gebyt het!

3. Ook Drohuit het hierdie verklaring van die koningin aan die generaal nie so graag aangehoor nie, maar sou beter gevoel het as dit tot hom gerig was. Maar daar was niks anders om te doen nie maar om te maak asof daar niks aan die gang was nie, want hier sou `n skewe blik die verlies van jou lewe beteken het.

4. En so het Gurat, sowel as Drohuit, baie vriendelike gesigte opgesit en het Fungar-Hellan in `n sekere sin met hulle mimiek alle geluk toegewens, en so ook vir Agla.

5. Sy het dadelik begin om die redes van haar wreedheid uit te lê, soos sy dit vooraf aangegee het, sodat die generaal baie goed daaruit kon aflei hoe dierbaar hy vir haar was, en waarom. Derhalwe het sy as volg gepraat:

6. “My baie geliefde Fungar-Hellan! Jy weet dat ek my broer meer liefgehad het as my eie lewe en daarom ook my hoogte verlaat het en, ongeag die gevaar vir my lewe, in hierdie stad wat vir my nog heeltemal onbekend was, my broer gaan soek het.

7. Ek het die gesoekte vinniger en makliker gevind as wat ek gedink het. Hoe? Dit weet julle almal. Ek was hierheen gebring en die koning het dadelik begin handel om my hart te win en om my broer te oorreed om my aan hom af te staan, waarvoor die koning dan die skoonheidsgodinne, asook die waardigheid van vise-koning as vergoeding aangebied het.

8. Ek het by die eerste blik gesien dat my broer geweifel het. Dit het my bomatig gekrenk dat hy, ten opsigte van my, `n weifelende hart kon gehad het, aangesien ek tog my lewe vir hom gewaag het.

9. Ek het myself oorwin, na hom toe gegaan en ekself het hom aangeraai om hierdie ruil aan te neem, ten einde sy liefde vir my op die proef te stel. En hy, wat duidelik weinig liefde vir my gehad het, het my weggegee, in plaas van om sy lewe vir sy arme suster te waag, terwille van haar innerlike hoër waarde, en het die reinste wese vir korrupte skimbeelde geruil, wat nooit `n innerlike lewenswaarde geken het nie!

10. Hierdie snode wraakhandeling van my broer het my hart swaar getref; maar ek kon die gebeure nie meer verander nie.

11. Tydens hierdie innerlike smart het ek jou, Fungar-Hellan, geleer ken en baie spoedig `n groot gees in jou gesien, wat in staat was om deur sy insig aan miljoene mense leiding te gee! Maar al te gou het ek besef dat slegs jy, en nie die koning nie, die heer van Hanoch en van die hele, groot ryk was!

12. Toe het ek gedink: “O man, kon ek maar my ewige waarheid aan jou onthul, oor die ware bestemming van die mens vanuit God, soos ek dit in my het, en as ek jou liefde sou hê, hoe eindelose baie sou jy nie dan kon bewerkstellig nie!

13. En toe ek jou, o Fungar-Hellan, in gedagtes reeds taamlik naby my hart gesien het en besef het dat my broer baie vir jou begin te beteken, het ek opeens `n skandelike sameswering van my broer teen jou ontdek! En ek het hom daarom self in die kerker laat bring, omdat sy lewe vir my nog altyd dierbaar was en dit andersins verlore sou wees as julle sy verraad ontdek het!

14. Ek het hom daagliks besoek en het probeer om hom te bekeer, maar dit het weinig gehelp; toe ek egter met baie moeite `n ietwat verbetering met hom bereik het, het jy verneem dat hy in die kerker gesmag het en het so jou grootste vyand bevry. Hy het ontvlug om jou ten gronde te rig met behulp van die volkere van die hoogland, aan wie hy `n begaanbare uitweg sou getoon het.

15. Nou het dit om lewe of dood gegaan! Ek het daarom agtervolgers agter hom aangestuur met die opdrag om my broer te dood as hulle hom aangetref het, want sou hy hier lewendig teruggebring gewees het, dan sou jy hom sekerlik van hieruit êrens `n hoë posisie gegee het, en hy sou dan in die geheim vertrek het en jou aan die volkere van die hoogland verraai het. Hulle sou julle dan oorval het, soos grimmige tiers en miljoene mense afgeslag het! En as ek hom aan julle sou verraai het, wat sou julle dan met hom gedoen het en miskien ook met my?

16. Om so `n groot kwaad te vermy, het ek die swaar offer gebring! Oordeel nou of ek daarom so wreed was soos wat julle gedink het! Maar dit is nog nie alles nie; luister daarom verder na my!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205