`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 172

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die skrander weerwoord van die woordvoerder van die nege-en-negentig raadshere oor die doel van die rede, die verstand en die vrye wil

(28 November 1843)

172 Na dié weerwoord van Ohlad het die spreker van die nege-en-negentig eers egter goed op dreef gekom en het die volgende baie ernstige woorde tot Ohlad gerig en ook tegelyk tot die tien ministers:

2. “Hoe het jy dit hier oor hoogmoed, oor `n opstandige gesindheid? Sien jy my dan vir `n bedrieër en `n skandelike leuenaar aan en vir `n angstige lafaard wat voor jou moet bewe soos die loof van die populier voor die stormwind! O, dan vergis jy jou geweldig!

3. Dink jy dan dat ek met behulp van my broers hierbuite `n leër sal byeenbring en daarmee hierheen kom om jou van jou versekerde troon te verdryf? O, dan sê ek jou dat jy niks minder op die wêreld te vrees het as dit nie!

4. Dink jy dalk dat ek nie weet hoe die gees van die Godheid jou sigbaar in die tempel tot koning gesalf en jou hierdie tien vuurmanne tot onoorwinlike ministers gegee het nie?

5. Dink jy dat al die vuurstorms wat hierdie tien opgeroep het, my ontgaan het? Heeltemal nie, want ek het jou baie goed deur my bediendes laat gadeslaan!

6. Daarom weet ek nou ook wat my te doen staan! Of beskou jy my werklik so dom dat ek my met `n stryd sou inlaat met diegene wat seggenskap het oor die elemente, en dat ek selfs teen die ou almag van God te velde sou trek?

7. O jou growwe dwaas! Vra jy maar net aan diegene wat jou tot koning gesalf het om verligting van jou harsings, sodat jy van die mense wie jou broers is, sal sien dat hulle tog jou vrye broers is, ofskoon jy nou bohulle op die troon sit!

8. God het elke mens rede en verstand gegee en langsaan die vrye wil en in hierdie drie tegelyk ook drie hoofwette, en wel die volgende: Deur die rede, dat die mens al die goeie en ware sal verneem, deur die verstand, dat hy dit alles wat hy verneem sal orden en dit absoluut suiwer herken, en deur die vrye wil, dat hy dit wat hy absoluut suiwer vry kies, sal behou en daarvolgens handel.

9. Is dit nie so nie?! Is dit nie die goddelike orde waarom God die mens so geskep het en met hierdie drie hoofwette uitgerus het om daarvolgens te handel nie?!

10. Maar doen ek dan iets anders? Handel ek nie volgens hierdie goddelike beginsels nie?! Handel ek nie ooreenkomstig die goddelike orde as ek volgens die drie gelouterde grondbeginsels, dus suiwer redelik, verstandig en vrywillig vanuit myself handel en my deur geen ander wet laat beperk nie omdat ek die oergoddelike in my herken en dit hoër ag as al die menslike wat reeds nie meer suiwer is nie, omdat `n mens slegs dan `n goed onderlegde ander mens `n wet wil opdring as hy die suiwer goddelike in sy broer geen waarde meer toeken nie, wat so pas by jou aan ons die geval is!

11. Jy waarsku my teen hoogmoed en vir muitery, maar ek vra jou: Wie van ons is nou hoogmoediger en wie lyk meer na `n muiter?!

12. Jy wil ons onder jou septer laat buig, wil ons met wette belas?! Is jy dan nie `n opstandeling teen die heilige goddelike regte in die bors van elke beskaafde mens nie en is jy nie hoogmoedig as jy ons, jou broers, geboë onder jou septer wil hê nie?!

13. Gaan daarom heen en vra vir God om insig in die drie grondwette in jou; kom dan eers hier, en oordeel of die van ons nie van dieselfde oorsprong is as joue nie!

14. Leer eers die goddelike in jou broers ken en waardeer, en oordeel dan eers of hulle, naas die lewende goddelike wette, ook jou dooie wette nodig het!

15. Dit moet jy baie goed begryp; ek het so met jou gepraat in die naam van almal!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205