|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 22
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Satana se egoïstiese en brutale aanklag teen die Heer. Die bedroefdheid van die Heer oor Satana se halsstarrigheid en ongehoorsaamheid.
(22 April 1843)
22 Uitdagend stel Satana haar nogmaals voor die Heer op en het aan Hom gesê: “U manier van regeer bestaan slegs uit die gee van bevele aan dieselfde wat U sogenaamd vry handelend vanuit Uself geskape het, en in die oordeel van dieselfde wat geen vrye bewussyn in hulle dra nie!
2. Maar dat U vriendskaplik, sonder dwang, deur middel van `n gesprek `n vry skepsel deur suiwer liefde vry vir U sou kan win, sien, dit skyn al sedert die ewigheid geheel vreemd vir U te wees!
3. So beveel U my ook aan één stuk deur, en ek moet U onafgebroke braaf gehoorsaam om ten slotte vir al my gehoorsaamheid tog niks anders te kry nie as U voortdurende, altyd sigbare veragting; daarvoor bedank ek U reeds by voorbaat vir alle ewighede van die ewighede!
4. Indien U aan my sou gesê het: “Jy, My geliefde, bevalligste, heerlikste Satana! Sien, Ek wil jou aanhoor in al My liefde vir jou; gee My raad, en ek sal volgens jou raad handel!” Dan sou ek U wel raad gegee het; maar op so `n hoogs onhebbelike, gebiedende eis gee ek U geen raad as antwoord nie!
5. Dink U dalk, dat U mag U die reg gee om my so te bejeën? O, dan vergis U U heel geweldig!
6. As U `n regverdige, hoogs wyse Skepper is, en ek is U eersgeskapene, eer Uself dan in my deur `n passende onderskeiding vir my, U skepsel, wat geoordeel is!
7. Wil U dit egter nie, dan toon U daarmee niks anders aan as dat ek `n totaal mislukte skepsel van U mag en Wysheid is, en ten tweede gee U Uself daardeur die ondubbelsinnige getuienis van `n knoeier in U skepping te wees; en dan is ek en die hele skepping bygevolg niks anders as `n volkome mislukte eksperiment van U kreatiewe mag nie.
8. Gedra U daarom tog `n bietjie anders teenoor my, en blameer Uself nie teenoor U toekomstige kinders nie! Wie sou vir agting vir U hê met so `n beskuldiging!
9. Maar ek weet dat U werklik hoogs goddelik wys en ook goed is; daarom vererg dit my ook te meer dat U Uself so teenoor my gedra asof ek U nie ken nie, maar die een of ander vreemde skepsel is.
10. Ek is weliswaar die enigste skepsel uit U wat die moed besit om so-iets vir U te sê en dit kom voor die aangesig van die lafaards wel enigsins merkwaardig oor dat `n skepsel sy Skepper keur; maar ek vra myself af: Waarom sou die skepsel nie daardie reg hê wanneer dit `n vry skepsel is nie?
11. Want omdat U my geskape het, is ek U as skepsel tog geen dank en geen agting verskuldig nie. Toe ek nog gladnie bestaan het nie, kon ek tog nog geen verpligte voorwaarde met U ooreenkom het vir die feit dat ek deur U geskape sou word nie, sodat ek dan reeds as `n skuldenares teenoor U geskape sou word nie!
12. As skepsel kan ek eers dankbaar jeens U word as ek van U as my Skepper ondervind het dat dit werklik `n groot weldaad is om vanuit U `n vry, homself bewuste, hoogs gelukkige skepsel te wees.
13. Solank ek dit egter nie is nie, het ek ook die reg om met U te twis en van my kant, waar dit maar moontlik is, alles te verwerp wat U my as `n magtige skepper vir niks en nog eens niks wil oplê nie.
14. As ek dus nie goed is nie, vernietig my dan heeltemal of skep my anders, maar nie so onvolkome soos nou nie; want so kan ek U ewig nie tot eer strek nie!
15. Moet ek U as skepsel aanbid en om alles vra, doen dit dan Self en gee dan eers die goeie voorbeeld, en wees ten minste voorkomend teen my, dan sal ek as U skepsel ook wel doen wat regmatig is; maar met U hiet en gebied sal U ewig niks met my bereik nie! Begryp my!
16. Laat dit ook voorlopig die raad wees wat ek U gee en waarvoor U gevra het; as U dit nie opvolg nie, sal ek U ewig geen ander gee nie! Begryp my nog een keer! Amen vanuit my!”
17. Hierop wend die Heer Hom bedroef tot die drie getuies en sê aan hulle: “My kinders! Is Ek so, en verdien Ek dit?!
18. O My ewige liefde! Wat het Ek nie alles gedoen om dié wese te red en dit na die uiteindelike moeilike vervolmaking te lei nie; maar die werk wou nie slaag nie!
19. Ja, Ek het aan dié wese een fout begaan en dit bestaan uit die feit dat Ek haar te volkome geskape het, om haar na die voltooiing so eindeloos gelukkig te maak as maar in My vermoë van ewige almag, Wysheid, Goedheid, Liefde en Erbarming gelê het!
20. Maar die wese, wat nog nie tot `n kwart van haar rypheid gedy het nie, verset haar juis nou op die allerbelangrikste en haglikste oomblikke van haar ontwikkeling so erg teen My alles leidende orde, dat Ek werklik bedroef moet word oor so `n halsstarrigheid!
21. En omdat Ek haar as gevolg van My ewige liefde en erbarming nie wil opgee nie, sien Ek My genoodsaak om opnuut `n eindelose lang proses in te lei om daardeur met stukkies en brokkies hierdie koppigheid af te breek tot op `n atoom, en aan die ander kant te begin met die vorm van `n geheel nuwe skepsel uit julle, My kindertjies, na My hart, soos julle is!
22. O Satana, eens het Ek geween, toe jy vir die eerste keer ongehoorsaam aan My was; nou ween Ek en sal nog een keer ween; maar daarna sal Ek nooit meer oor jou ween nie, maar Ek sal jou beloon volgens jou werk en volgens jou wil! Dan sal jy insien wat jou trotse eiesinnigheid van jou gemaak het en waarheen sy jou lei!
23. Maar laat ons nou hier weggaan en dié wese in haar eie koppigheid agterlaat!”
24. Nou het Satana haar weer voor die Heer neergewerp en luid geroep: “O Heer, verlaat my nie en betoon erbarming aan my, arme! U weet immers dat ek `n arme dwaas is en daarom vol eiesinnige boosheid! Laat my tugtig vir my boosheid; maar verlaat my nou tog nie! Ek wil immers doen wat U wil!”
25. En die Heer het gepraat: “Nou, luister dan en doen wat Ek vir jou beswil van jou verlang, dan sal Ek nog bly en jou aanhoor; maar verset jy jou nog een keer, dan sal Ek jou ook nooit meer aanhoor nie! Staan dus op en praat! Amen.”
|
|
|
|
|