`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 346

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die engele trek met die versamelde diere deur Hanoch. Die vrugtelose laaste waarskuwing aan die Hanochiete en hulle koning. Die terugkeer van die hemelbodes na die hoogte

(16 Augustus 1844)

346 Toe die buitengewone bodes, na verloop van vier jaar, met die byeengebringde diere in Hanoch aangekom het, het dit groot opsien gebaar, omdat hierdie bodes die diere oop en nie in hokke vervoer het nie, soos dit andersins ook reeds in dié tyd gebruiklik was; en in die besonder word die belangstelling en bewondering van die Hanochiete opgewek deur die feit dat `n byna ontelbare aantal diere van allerlei soort, vorm, grootte en hoedanigheid soos lammers met mekaar in die mees vredige orde geloop het.

2. Die bodes het deur alle stege en strate getrek en aan alle mense geroep: “Julle is nog `n kort tyd gegun; bekeer julle tot God die Heer, en trek vol vertroue saam met ons op na die hoogte van Noag, en julle sal almal gered word, hoeveel julle ookal sal wees!3. Want kyk, ons is geen mense soos julle nie, dit alles blyk uit die gehoorsaamheid van hierdie diere, wat tog heeltemal verskillend van aard is, maar wat ons almal gehoorsaam, asof hulle suiwer lammers is, terwyl julle onder hulle, tog beslis van olifant tot haselmuis, die grimmigste en mees verskeurende diere sien!

4. Aan ons is dus `n groot mag gegee! En hoewel daar nou deur Noag slegs een groot reddingsark op natuurlike wyse vir die redding van duisende voorberei is, en julle geen heenkome daarin sou vind nie, omdat julle self miljoene is, is dit tog nie ter sake vir julle redding nie; want in geval van julle ware bekering tot God, is ons in staat om binne `n oomblik `n honderdduisend soortgelyke reddingsarke te bou, waarin julle almal heelhuids en wel behoue op `n vernude aarde sal kan kom!

5. Luister! Dit is God se laaste roep wat tot julle ore deurdring! Verlaat alles en volg Hom; want in `n jaar van nou af aan, sal al julle woonplekke en landerye drie duisend vadem diep onder water en modder staan!”

6. Hierdie roep het ook geen resultaat gehad nie; mense het net gelag oor die voornemende towenaars en dieretemmers, en het hulle origens heeltemal ongemoeid laat verder trek en roep.

7. So het hulle ook weer by die koning gekom en hom uitgenooi om hulle te volg.

8. Hy het hulle egter glad geen antwoord gegee nie, maar het hulle weer heeltemal onverrigter sake laat weggaan soos wat hulle gekom het.

9. En baie bedroef het die bodes die stad verlaat en hulle met die versamelde diere na die hoogte begewe.

10. Wat verder, in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205