`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die woorde van die Wyse oor die doel van die tempelwyding. Die hele volk word uitgenooi.

(31 Mei 1843)

50 Toe Lameg hierdie woorde gehoor het, het hy die Spreker vol eerbied gegroet en onmiddellik na Henog gegaan.

2. Daar aangekom het hy hom meegedeel wat hy van die wyse Spreker verneem het.

3. Hierdie woorde het alle gaste aan die hooftafel verbly, en Henog het daarop vriendelik aan Lameg gesê:

4. “Sorg dan dat ons opstaan, sodat die dag nie eindig voordat ons die tempel van die Wysheid in die Naam van die Heer ingewy het nie!”

5. En Lameg kondig dit dadelik aan vanaf die troon wat hy bestyg het en elkeen het opgestaan.

6. Maar nou maak die mense aan die tafel ook aanstaltes om saam te gaan, en dit het Lameg ietwat verleë gemaak; maar die wyse Spreker gaan na Lameg toe en het aan hom gesê:

7. “Bekommer dit jou dan as die kinders ook die weg van die Wysheid wil bewandel? Ek is van mening dat ons niemand moet weerhou wat ons op die weg van God se geregtigheid wil volg nie.

8. Want dit alles wat die komende tempelwyding simbolies voorstel, moet vooraf deur ons en deur die volk lewend in die gees plaasvind.

9. Voordat die dooie tempel deur jou ingewy word, moet die baie tempels van God se gees eers in ons broers en susters, naamlik hulle harte, ingewy word! Sien, daaroor gaan dit, en anders het die tempelwyding geen sin nie!

10. Maar as jy die volk tuis wil laat en die tempel sonder hulle wil inwy, sê My dan, vir wie is die tempel dan gewy? 

11. Wil jy as `n onheilige teenoor God vir Hom, die enigste Heilige, die tempel heilig?

12. Dit kan tog nie, omdat slegs die heilige immers, maar nie die onheiliges, iets kan heilig nie!

13. God sorg slegs vir die volk, en nie vir die tempel nie, en Hy het die tempel deur jou laat bou, vanweë die volk en dit is nie so dat Hy die volk ooit geskape het vanweë hierdie tempel, wat nog eers ingewy moet word nie!

14. En daarom is by die aanstaande handeling slegs die volk, en nie die tempel nie, die hoofsaak; en die volk moet daarom noodsaaklikerwys aanwesig wees!

15. Want wanneer dit nie die geval sal wees nie, dan sal die Heer vir Homself die lewende tempels in die volk wel inwy, maar vir die dooie tempel op die berg sal Hy sy heiliging weerhou en die berg weer tot `n woonplek van slange en adders maak!

16. Nooi dus die volk daartoe uit en stuur bodes uit in die hele stad; want Ek het jou immers vroeër gesê dat jy diegene moet toestaan om saam te gaan wie Ek wil saamneem.

17. Sien, wie Ek wil saamneem is die volk! En wees dus nie meer besorg nie; want slegs die Wysheid van die Heer in die mens ken die korrekte weë van die Heer!”

18. Hierdie woorde het Lameg heeltemal van stryk gebring; want aan sy verbasing oor die hoë Wysheid van hierdie mens het maar geen einde gekom nie.

19. Hy loop daarom onmiddellik na sy dienaars en het hulle as`t ware die hele groot stad ingejaag om die volk uit te nooi vir die tempelwyding op die berg.

20. Toe hy ook met baie vinnige tred weer die groot saal binnegekom het, gaan Henog hom tegemoet en het aan hom gesê:

21. “Maar broer Lameg, waarom het jy my nie om raad gevra of jy moet doen wat die wyse Spreker jou aangeraai het nie, daarvoor is ek tog immers daar?”

22. Lameg het `n bietjie verleë geword daarvan, want hy het nie geweet dat Henog hom maar net op die proef gestel het nie en het daarom aan Henog gesê: “Broer Henog, ek was te verras deur die groot Wysheid van die Man en ook oortuig van die groot en diepe waarheid wat in sy woorde gelê het, en kon daarom nie anders as om daarvolgens handel nie!”

23. En Henog het Lameg omarm en toe aan hom gesê: “Jy het volkome korrek gehandel! Laat ons daarom ook vinnig vertrek, sodat ons vóór sonsondergang nog die heilige handeling voltrek; laat dit geskied in die Naam van die Heer! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205