`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 211

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die radeloosheid van die opperpriesters, vanweë die loskoop van die slawe. Die raad van die tien verkenners

(25 Januarie 1844)

211 Die woordvoerder van die tien was nog maar nouliks uitgepraat, of die opperpriesters was al met baie verleë gesigte by hom en het hom die volgende gevra:

2. “Luister na ons, want dit is van die grootste belang wat ons nou van julle wil weet!

3. Sien, die bewapening van die slawe is wel korrek, maar hulle is almal in die hoedanigheid van lasdiere, betaalde eiendom in die hande van die grotes van die stede en van die hele ryk! Ons sou hulle weliswaar met ons almag kan terug vorder en niemand sou ons dit kan belet nie; maar naas die almag, is ons ook die totale geregtigheid self, en ons kan so `n onregmatige dwang tog nie in stryd daarmee oplê nie! 

4. Julle weet nou hoe die sake staan! Julle is slim, bedink `n plan hoe ons, op die eenvoudigste manier, so vinnig moontlik die doel kan bereik! Want ons sien sonhelder in dat die slawe almal bewapen moet word; maar hoe ons die slawe regmatig in besit moet kry, dit is `n ander vraag! En daarop wil ons `n verstandige antwoord van julle ontvang!”

5. En die woordvoerder van die tiental het opgestaan en gesê: “Hoogmagtige dienaars van die gode! Ons het julle goed begryp, maar ons moet julle wys op dit alles wat ons in die begin gesê het, naamlik dat die onderneming beslis groot koste sal meebring, terwyl die aanvanklike groot gewin nog gladnie so seker is nie en dit ook nog die vraag is of ons dit gaan regkry!

6. Met `n leër van vier miljoen stryders is dit hoogs onwaarskynlik dat ons sou verloor, maar die goud het ons daarom nog nie in ons sak nie en daarom kan ons ook aan niemand sy deel van die wins toesê, as hy nie sy klein klippie sou bydra tot hierdie grootse onderneming nie.

7. Want as julle aan die een of die ander sou sê: “Staan ons jou slawe af vir die voorgenome onderneming! Slaag ons, dan sal jy vir elke slaaf vier pond goud kry!”

8. Dan sal hulle wat so aangespreek word en van `n deel van die wins verseker is, sê: “Die onderneming is wel loflik, maar die goud lê op `n te groot afstand en in `n te ver en onsekere gebied! Daarom sal ons vooraf niks waag nie! Maar wat ons wel sal doen om julle nie met so `n onderneming te hinder nie, is dat ons julle alle slawe teen `n inset van twee pond goud, of vyf-en-twintig pond silwer per hoof sal afstaan! Kom die slawe weer terug, dan sal ons hulle teen die inset terugkoop; en kom hulle nie terug nie, dan moet julle ons `n gelyke aantal ander gee, indien julle die inset wil terughê; of julle inset bly heeltemal ons eiendom!” 

9. Sien, dit is die onvermydelike stem van alle groot slawebesitters! Wend `n poging aan en ons sal daarvoor deur die vuur gaan, dat dit so sal gebeur!

10. Daar bly daarom maar twee weë oop, óf om die hele onderneming op te gee, óf in die naam van alle gode wat die wêreld beheer, deur die suur appel heen byt!”

11. En die opperpriesters het gesê: “Goed! Van die opgee van die onderneming is daar geen sprake nie; maar ons sal môre hierdie vraag aan verskeie grotes van hierdie stad voorlê! Maar wee julle, as hulle anders praat uit hulle mond, as wat julle nou met ons gepraat het!”

12. En die woordvoerder het gesê: “As hulle geen hoër eise stel nie, dan kan julle nog van geluk spreek; maar ek dink dat hulle die saak veel harder sal aanpak! Vir ons sal dit beslis geen pyn veroorsaak nie; maar of julle nie `n bietjie sal kerm as julle die besliste hoër eise sal verneem nie, dit sal môre wel blyk!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205