`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Oor veelwywery. Die orde van die goddelike huwelik en die voortplanting

63 Lameg het nie lank gedink nie en het weldra met die volgende vraag tevoorskyn gekom, wat so gelui het:

2. “O Heer, allerbeste, mees liefdevolle, heilige Vader! Omdat U my reeds die groot barmhartigheid bewys het om ten opsigte van U te mag praat en U oor allerlei onbekende dinge vrae te stel, het ek nou dan ook die moed om volledig gebruik te maak van hierdie eindelose groot barmhartigheid.

3. Sien, reeds dikwels het ek, so by myself, daaroor nagedink of dit wel korrek en redelik in U oë is dat een man meer vrouens neem!

4. Die natuur wys wel in dié rigting, omdat die man nagenoeg elke dag in staat is om `n kind te verwek; maar die vrou kan in een jaar tog eintlik maar eenmaal ontvang!

5. As mens hierdie verhouding net goed in die lig van die redelike verstand beskou, dan lyk veelwywery volkome natuurlik te wees, omdat die bevolking daardeur slegs kan wen, maar nooit kan verloor nie.

6. Maar beskou mens daarenteen die steeds gelyke verhouding van die aantal individue, dan sien dit daaruit dat U dit tog nie so bedoel het nie, omdat die aantal vrouens hier en daar dikwels kleiner is as die aantal manne; soms is die aantal heeltemal gelyk en slegs selde hier en daar iets groter as die aantal manne.

7. Die verhouding is egter duidelik in teenspraak met die eerste behoefte van die natuur, wat altans met die verstand te regverdig is; want laat ek veelwywery volledig toe, dan is daar dadelik duisend manne sonder vrou, wie egter net so goed in staat is om kinders te verwek as diegene wat baie vrouens besit.

8. Laat ek egter veelwywery nie toe nie, dan kan billikerwys, die man wie in staat is om nagenoeg daagliks kinders te verwek, dit slegs één keer in die jaar doen, dit alles ewenwel ten seerste in teenspraak blyk te wees met die natuur van die man. O Heer, hieroor sou ek veral graag `n korrekte Lig wil hê!”

9. Hierop antwoord die Heer aan Lameg: “Sien, dit is `n egte goeie en waaragtig wyse vraag, en `n volkome antwoord op hierdie vraag mag die ware leier van so `n talryke volk absoluut nie ontbreek nie; luister dus, Ek sal jou `n korrekte antwoord op jou wyse vraag gee:

10. Sien, as veelwywery volgens My orde sou gewees het, dan sou Ek seker al in die begin, toe Ek Adam, wie op dié oomblik nog op die hoogte leef en nog etlike jare sal voortleef, as die eerste mens van die aarde geskape het, vir hierdie eerste mens ruim driehonderd-en-sestig vrouens geskape het, sodat hy sy vermoë om daagliks kinders te verwek, op natuurlike wyse kon toegepas het!

11. Maar sien, Ek het vir hom slegs één vrou geskep en nog tot op dié uur gee Ek vir een manlike wese slegs één vroulike wese; en daaruit kan jy maklik aflei dat daar van My af vir die man slegs één vrou bestem is, ondanks sy ryklike vermoë tot voortplanting.

12. Wat dit betref, is daardie vermoë egter nie gegee terwille van die veelvoudige voortplanting nie, maar slegs vir `n kragtige voortplanting; en so kan een man met een vrou weliswaar minder, maar wel meer kragtiger kinders verwek, terwyl by veelwywery slegs die grootste, onrype swakkelinge te voorskyn kan kom.

13. Want elke saad sal `n slegte of in die geheel geen vrug verwek, as dit nie eers tot volle rypheid gekom het nie.

14. Daarom is dit ook by die mens soveel te meer die geval, waar dit tog om die verwekking van die alleredelste vrug gaan.

15. Laat dit daarom by die één vrou bly, en sy het genoeg gedoen, wanneer sy elke drie jaar slegs één vrug tot rypheid gebring het. Begryp jy dit?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205