`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 238

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die verhoor van die dertig hoëpriesters deur die generaal en hulle begenadiging

(5 Maart 1844)

238 Toe die koning op hierdie manier versorg en van burgerlike kleding voorsien was, het die generaal hom tot die dertig hoëpriesters gewend en gesê:

2. “Sien, julle god is reeds versorg en julle koning gekroon met die burgerkroon, wat hom veel beter sal pas, as die bedrieglike skynkroon waaronder hy hom verbeel het om te wees, maar tog minder as niks was!

3. Nou gaan dit oor julle versorging, julle ou gewetenlose mensebedrieërs! Waaruit moet dit bestaan? Ek wil julle een vraag stel; die antwoord sal duidelik maak wat julle te wagte staan! Luister dus na my!

4. Die vraag lui as volg: Was julle wetend of onwetend bedrieërs van die volk, asook van hierdie deur julle gekediteerde koning? Glo julle dat hierdie swakkeling vir die mensdom in al sy dele `n god was, wat julle alles vir die volk en ook hierdie koning laat glo het? Glo julle werklik aan een of meer gode? Of het julle dit nooit geglo nie en die ou mites uit die boeke van Kinkar, teen julle eie geloof in, slegs verander en vervals en so die volk op die mees skandelike wyse bedrieg?

5. Beantwoord hierdie vraag heeltemal na waarheid! Elke aarseling en moontlike opsetlike terughoudendheid sal ek met die swaard bestraf! En beken dus nou vir die eerste keer in julle lewe openlik die waarheid met julle monde! Laat dit gebeur!”

6. Hierdie vraag maak die dertig van kleur verskiet, en aangesien aarseling, min of meer op die doodstraf gestaan het, begin een van hulle onmiddellik te praat en het gesê:

7. “Magtige generaal! As voormalige onderpriester weet jy net so goed soos ons wie ons heersers was! Was ons nie met ystergeweld gedwing om al die bedrog in stand te hou nie?! Wat het ons gewete daarby gehelp?!

8. Die belemmering van die maag is gevoeliger as die van die hart! Met die mees ellendige gewete kan jy altyd nog lewe, maar met `n leë maag nie! Daarom sus ons ook ons hart om so iets vir die maag te kry! En jy as onderpriester moes dieselfde gedoen het, omdat die daaglikse vul van jou maag tog onmoontlik, net soos by ons, versuim kon word!

9. Jy weet al lankal, net soos ons, hoeveel waarheid daar skuil in ons godsleer! Jy weet dat hierdie leer die allerergste en mees skandelike volksbedrog was. Waarom gaan jy as `n ware mensevriend dan nie na die opperpriesters om hulle ten hemel skreiende ongeregtigheid vir hulle voor oë te hou?

10. Sien, ook jy het jou gewete moet uitskakel om daardeur ten eerste jou huid te red en ten tweede jou maag die druk van die leegte te bespaar! Ek en ons almal het baie dikwels onder mekaar gepraat: “Dit is skandelik soos wat die volk deur ons bedrieg word!” Maar wat het dit gehelp? Kon ons dit verander het?!

11. Maar noudat jy geslaag het om die mag van die opperpriesters te breek en jou tot meester op te werp, bedink dan dat ons ook mense is en dat ons gedwing was om te doen wat ons gedoen het!”

12. Die generaal was met die antwoord tevrede en het gepraat: “Goed, julle het die waarheid gepraat; dan sal ek julle ook spaar! Ek het die opperpriesters tot onderpriesters gemaak en die onderpriesters tot opperpriesters, deur die gesag wat die nuwe koning Gurat my verleen het en so maak ek as opperpriestergeneraal, julle nou ook tot onderpriesters van die eerste orde! Laat dit so wees!”

13. Daarmee was die hoëpriesters, wat die dood verwag het, tevrede en hulle was met hulle hele besitting en pakkaas na die wonings van die onderpriesters gebring.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205