`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Koning Lameg se storm van vreugde en uitbundige dankgebed. Henog se waarskuwing vir onvervulde beloftes.

(12 Mei 1843)

37 Toe Lameg by syne aangekom het, kon hy van vreugde oor die weersien van sy twee vrouens, sy twee seuns, sy lieflingsdogter en haar magtige eggenoot geen woord oor sy lippe bring nie, en dit het egter met hom gegaan, soos julle sê as met iemand wat tot oor sy ore verlief is, en van suiwer liefde ook geen woord kan uitbring om sy geliefde te vertel hoe dierbaar sy vir hom is nie.

2. Eers na `n geruime tyd, toe die eerste vreugdestorm bietjie gaan lê het, kon ons Lameg die volgende woorde uitbring:

3. “O Heer, eindeloos liefdevolle, heilige Vader, hoe moet ek as wurm in die stof ten aansien van U, o God, U dank, hoe U loof, prys en aanbid vir sulke eindelose baie barmhartigheid, terwyl ek nog nie die allerminste deel daarvan werd is nie?!

4. O my vrouens en kinders, hoeveel nagte het ek nie oor julle gesug en geween nie; maar ek was daarby ook vervul van bittere woede teenoor God en terwille van julle het ek op `n oneindig dwase wyse probeer om my op Hom, die almagtige, ewige Heer van die oneindigheid te wreek.

5. Daarom sou ek van God tog niks anders verdien het as `n ewige, allerergste tugtiging nie; maar in plaas van om my te straf na die mate waarin ek dit verdien het, bewys die Heer my so `n onmeetlike groot barmhartigheid, dat selfs die hoogste, mees volmaakte geeste daarvan sal huiwer!

6. Daarom kan ek tog nie anders as om uit alle mag te roep nie: O Heer, oneindig allerliefdevolste, heilige Vader! Wat verlang U van my dat ek sal doen om U tog die een of ander welgevalle te kan bewys vir U te eindelose groot barmhartigheid!”

7. Hier het Henog aan Lameg gesê: “Luister broer, jy het goed gepraat ten opsigte van joune, van my en van God; maar een ding daarin was nie volgens die orde van die Heer nie!

8. Sien, jy het in jou groot liefdesvuur in `n sekere sin van die Heer gevra dat Hy van jou `n offer verlang, wat jy Hom vervolgens sou opdra. Jy wil daardeur jou dankbaarheid betuig en God op passende wyse welgevallig wees!

9. Dit is reg as jy in jouself so `n drang voel, maar bedink net, wanneer die Heer nou van jou sou verlang dat jy juis diegene aan Hom offer wie jou nou met so `n liefde- en dankbaarheidsvuur ten opsigte van die Heer vervul het! Sê my net, wat sou jy dan gedoen het?”

10. Hierop was Lameg hoogs verbaas en kon geen antwoord vind op die belangrike vraag nie.

11. Maar daarop het Henog weer aan Lameg gesê: “Luister, my geliefde broer, dit hou jou nou erg besig en jy vind in jou hart geen antwoord op die vraag nie!

12. Maar ek sê vir jou: En wanneer die Heer nog meer van jou sou verlang as wat ek jou in my vraag as voorbeeld gestel het, dan sal jy dit alles met `n allerbereidwilligste hart moet doen; want, waarlik, ek sê vir jou, wie uit liefde vir die Heer, nie alles kan verloor nie, die is die liefde van die Heer nie werd nie!

13. Wie op die wêreld sy vrou, sy kinders, sy broers en selfs sy ouers meer liefhet as die Heer, die is die liefde van die Heer nie werd nie!

14. Daarom moet elkeen eers sy liefde baie goed toets, voordat hy die een of ander gelofte aan die Heer doen! Want as iemand `n vrye gelofte as dankoffer aan die Heer gedoen het en hy kry berou as hy die gemaakte belofte gestand moet doen, sien, dan is hy die Heer tog seker nie in die minste werd nie, en die Heer sal so `n maker van geloftes dan ook gee in die mate waarin hy sy beloofde offer aan Hom gebring het.

15. Die Heer sal jou weliswaar nie hierdie proef laat ondergaan nie, maar desondanks moet jy dit weet en in die toekoms goed bedink wat jy aan God sê; want Hy is nie so dat Hy met Hom laat spot nie!

16. Oordink dit dus en neem dit ter harte, en laat ons nou na jou huis gaan en dan na die tempel op die berg! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205