`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 147

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die meesterlike organisasie van die polisie in Hanoch. Die swaar bewapende leër vlug vir die tien vurige bodes

(25 Oktober 1843)

147 Dat ons vlugtende polisie van die poortwag nêrens anders heen gevlug het as na die duisend heersers nie, is nie moeilik te begryp nie en was voor die hand liggend.

2. In `n ander geval sou hulle weliswaar geen behoefte daaraan gehad het nie, want wat die polisiekultuur van Hanoch betref, was dit reeds by die allereerste ontstaan, letterlik `n volkome meesterwerk gewees, waarmee alle hedendaagse bewakingsdienste suiwer knoeiwerk is, vergeleke daarmee.

3. Want ten eerste was elke huiseienaar in Hanoch sondermeer verplig om, vir sy eie rekening, een polisieman aan te hou wat die hele huis moes bewaak het.

4. Verder moes alle burgers van elke straat vir homself nog een, twee tot drie kantore onderhou, waar polisieberigte van die hele straat versamel en dan eers aan die hof gerapporteer was.

5. Alle strate het `n naam gehad, die huise in elke straat was van nommers voorsien en elke huiseienaar het twee name verkry, een vir die huis en een vir sy persoon; alle ander medebewoners het slegs een persoonsnaam gehad, dit wil sê, elke persoon het `n eie naam gehad.

6. Verder het elke straat en elke plein `n voorgeskrewe kleur en voorgeskrewe kleredrag gehad, en `n huiseienaar het die reg gehad om `n stukkie bladgoud op sy bokleed te dra, waarop die nommer van sy huis moes staan; maar elke ander mens moes die nommer van die huis wat deur hom bewoon was, op `n wit lap dra wat aan sy kleed bevestig was.

7. Hierdie maatreël van die polisie het daartoe gedien dat elkeen wat ook maar enigsins `n voorskrif oortree het, dadelik deur die straatwag gegryp en vervolgens oorgebring kon word na die huis wat deur hom bewoon was, vanwaar die heer van die huis die boete moes betaal, ten eerste aan die kantoor in die eie straat en ten tweede ook aan die polisiekantoor waar die oortreding begaan was.

8. Aangesien alle polisiekantore egter `n derde van die boete self mag gehou het en tegelykertyd die reg het om in elke straat te bepaal welke dade strafbaar was, kan `n mens vir homself dink wat nie alles binne `n kort tydjie aan strafbare reëls uitgedink was nie. Dit het dan ook maar selde voorgekom dat `n huiseienaar nie daagliks `n boete moes betaal nie.

9. Hy het dan wel die reg gehad om van sy betrapte huisgenote skadevergoeding te verlang; maar wanneer hy niks gehad het nie, moes hy maar afwag en het hy een uit die tien keer niks verkry nie.

10. Veral as `n herbergier vreemdelinge geherberg het en die polisiekantoor word nie dadelik daarvan in kennis gestel nie, was dit reeds `n groot misdryf, waarvoor daar `n streng straf bestaan het.

11. Daarom loop ons herbergier ook onmiddellik na die polisiekantoor en gee alles aan wat hy by ons tien bodes opgemerk het, en wat hy van die vlugtende poortwagters oor hulle verneem het.

12. Van daaruit het die gerug van die vuurmanne hom baie spoedig in die hele stad versprei. Die vlugtende wag het by die hof behoorlik aangedikte verhale van die verskyning van die tien vuurmanne vertel, en reeds die volgende dag was die militêre en gewapende mag byeengeroep en na die herberg gestuur waar ons tien bodes hulle bevind het.

13. `n Paar duisend manne, bewapen met spiese en lanse, het die volgende môre die losieshuis beleër, en die herbergier het aan sy gaste gesê: “Gaan na buite en verdedig julle nou teen baie duisende lanse en spiese!”

14. En die tien vuurmanne was gesterk, het opgestaan, dadelik vuur uit die aarde opgeroep, en binne `n oomblik het magtige vlamme oral op straat uit die grond omhoog geskiet, wat alle manskappe onbarmhartig op die vlug gejaag het en ons tien manne het alleen daar gestaan en God se almag geloof. 

15. Die herbergier het egter uit vrees en ontsetting voor hulle neergeval, want hy het tot die slotsom gekom dat dit werklik gode of vuurgeeste was wat die hele stad sou vernietig.

16. Maar die vervolg sal wys wat daar verder gebeur het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205