`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Kisehel se wraaksug en kalmering deur die Heer. Die vraag van die Heer aan Satana en Satana se weiering om te antwoord. Kisehel tugtig en verdeemoedig die woedende draak.

(13 April 1843)

16 Maar toe die ietwat opgewonde Kisehel daardie skandelike misgeboorte van die draak gehoor het, het hy ontvlam, en `n gloeiende wraaksug het sy hele wese gevul, sodat hy luid skreeuend met heftige woorde gesê het:

2. “Maar Heer, God van ewige almag, heilige, liefdevolle Vader! Hoe is dit moontlik dat U so `n sondige misgeboorte kan aanhoor?!

3. Laat my die krag wat ek in die laagte van U gekry het, behou en ek sal aan hierdie Satan `n einde maak waaroor alle ewighede van die ewighede nooit uitgepraat sal raak nie!”

4. Maar die Heer het aan Kisehel gesê: “O, jy seun van die vuur en die donder! Raak daardie misgeboorte van die draak jou dan meer as vir My, terwyl hy tog vriendelik teenoor jou praat en slegs so misdadig teenoor My?!

5. Of dink jy miskien dat Ek nie hierdie gevalle gees sonder jou kan aanspreek nie? O, wees maar gladnie besorg daaroor nie. Met die swakste asemteug kan Ek hom vir ewig wegblaas!

6. Maar as Ek dit sou doen, wat sou jy dan gewen het, en wat Ek?!

7. Sien, as hierdie draak My iets kon aandoen of kon gevange geneem het, sou hy dit al lankal gedoen het, want hy is geen jongeling meer in My skeppingsryk nie! Maar hy sien maar al te goed in, hoe hy ewiglik nie in staat sal wees om ook maar iets teen My te onderneem nie. Daarom verskerp hy sy snawel sodanig en probeer hy hom met woorde op My te wreek, omdat dit met dade ewig volslae onmoontlik vir hom sal bly!

8. Laat hom daarom maar praat soveel as wat hy wil en kan, en eers wanneer hy heeltemal uitgepraat is, sal Ek ook iets aan hom sê.

9. Word daarom weer rustig, en jy, Satana, praat verder, want Ek, jou God en Heer, wil dat jy, voor hierdie getuies, volledig laat sien hoe jy is, sodat die hele wêreld jou eendag deur hulle sal leer ken!

10. Maar sê My eers hoeveel skeppings Ek reeds volgens jou gepraat vernietig het!”

11. Hier het die draak verstom gestaan en wou nie praat nie.

12. Maar die Heer gebied hom om te praat.

13. En die draak begin hom te verset en maak asof hy hulle al vier wil verslind.

14. Maar die Heer het gesê: “As jy My nou nie te woord staan nie, sal Ek jou daartoe dwing deur My toorn!”

15. Maar die draak het vuur gespoeg en aan die Heer gebrul: “Wat kan Jou toorn my skeel?! Die ken ek al lankal, want ekself is Jou toorn!

16. Ek moet nie vir Jou nie, maar Jy moet my vrees, sodat ek Jou nie aanval nie; en doen ek dit, dan sal dit wel heeltemal gedaan wees met Jou liefde en sal Jy Self Jou kinders op aarde met miljoene tegelyk, sonder die enigste erbarming, van die aarde verdelg en aan slegs enkele oorgeblewe vlieë die eerste bewys lewer hoeveel Jy op die behoud van Jou skepsele bedag is!

17. Bly Jy dus maar wyslik mooi ver van my vandaan, anders staan ek nie daarvoor in of dit nog vandag in Jou sal opkom om die aarde tot oor die berge in dodelike watervloede te hul nie, waarvan Jy tog al heimlik droom!”

18. Nou het die Heer ietwat heftig gepraat: “Satana, dryf My geduld en lankmoedigheid nie tot die uiterste nie! Gee die antwoord wat Ek van jou wil hê en geen ander nie, anders sal dit weldra met jou sleg gaan!”

19. Hierop draai die draak hom om en wil met sy magtige stert na die viertal slaan.

20. Maar die Heer gee vir Kisehel `n stok en sê aan hom: “Gaan na hom toe en tugtig hom!”

21. En Kisehel neem die stok, gaan na hom toe en slaan kragtig na die draak.

22. Hierop draai die draak hom dadelik weer om, gier en brul en lê dadelik sy afskuwelike gedaante af en lyk net soos die ander, soos `n mens. In dié gedaante val hy voor die Heer neer en sê:

23. “Heer, almagtige, ewige God! As U my al wil straf, straf my dan vir my eiesinnige groot boosheid ten aansien van U, nie sonder U liefde nie, want die slae van U toorn brand te ondraaglik en is eindeloos pynlik!”

24. Hierop het die Heer gepraat: “Hoe kan jy, wat My heer wil wees, My vir so-iets vra?! Jy het My tog self met `n tugtiging gedreig. Hoe is dit dan nou dat jy jou deur My wil laat tugtig?”

25. En die Satan het gesê: “O Heer, pynig my nie so eindeloos nie, want U weet tog dat ek vanuit myself `n leuenaar is, omdat ek sonder U `n heer wil wees!

26. Gee my liewer `n nuwe termyn, en dan sal ek my tot U wend; maar ontneem my heeltemal van my groot mag, sodat ek nie weer deur myself in die verleiding kan kom om teen U in opstand te kom nie!”

27. En die Heer het gesê: “Vertel maar al jou leuens aan hierdie getuies en dan sal Ek sien wat Ek met jou sal doen; maar hou niks terug nie, anders sal al jou smeking weinig help! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205