|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 179
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Koning Ohlad se broederlike woorde aan Danel. Die eensgesindheid onder die honderd-en-tien versameldes
(9 Desember 1843)
179 Daarop het Ohlad hom weer tot Danel gewend en aan hom gesê:
2. “Nou, vriend en broer, sien, ook Midehal is vas en seker bekeer, deurdat die minister deur God se krag in hom, sy ore verleng en daardeur sy innerlike domheid na buite gekeer het; en so het ons volgens die wil van die Heer weer `n belangrike doel bereik!
3. Maar nou is die volk nog daar; en oral is die duisternis onder die volk groot, hier in die stad, in die uitgestrekte voorstede en in die stede Lim, Kira, Sab, Marat, Sincur, Pur, Nias, Firab, Pejel, Kasul, Munia, en Tiral, en ook by die nog verder weg wonende vasalle!
4. Nou is dit aan ons om hierdie volkere in die stede, asook op die land en waar daar maar mense woon, te bekeer. Oral heers, soos julle baie goed weet met my, afgodery asook letterlike goddeloosheid!
5. Vir `n groot deel dra ons daardie skuld, en daarom is dit nou te meer ons plig om weer die Lig aan al hierdie volkere te bring, wat ons vir die grootste deel van hulle afgeneem het.
6. Die Heer Self het vir ons die weg gebaan deur die verskriklike vuurstorm; nou is dit egter aan ons om die geleentheid aan te gryp en dit wys te benut, tot eer en lof van die Ene Wie ons so `n groot barmhartigheid bewys het, deurdat Hy die ewige Lig van die lewe, wat geheel in ons gedoof was, weer opnuut ontsteek het.
7. Maar sodat ons in staat sal wees om dié Lig weer aan alle volkere terug te bring, sal ons die tempels van die Heer besoek; daar sal ons die korrekte versterking en die daartoe benodigde volmag en krag verkry!
8. Die Gees van die Heer sal oor ons kom en ons met nuwe krag salf en in ons die ware gees van die liefde wek en al die lewenslig daaruit; en met daardie Lig sal ons dan na die volkere gaan en hulle met die Lig van die lewende barmhartigheid uit God verlig en hulle met `n nuwe gees tot kinders van die enigste heilige Vader salf, Wie ons vanaf die eerste begin reeds tot Sy kinders uitverkies het!
9. Berei julle almal julleself dus op die dag van môre voor, want ons sal nog voor sonsondergang die tempels betree en sal dan ook dadelik `n begin maak met die verhewe taak van die ware volksregering in die Naam van die enigste God, omdat Hy ons daartoe uitgekies en gesalf het! Laat dit so wees!”
10. Nadat Ohlad hierdie toespraak beëindig het, ontvang hy groot lof, en alle raadshere, saam met die baie verdeemoedigde skynkoning, begin God luid te loof en te prys omdat Hy hulle so `n goeie en wyse koning gegee het.
11. Almal het die toespraak bereidwillig aangeneem en hulle in `n hoë mate verheug op die oomblik dat hulle in Naam van die Heer sou begin te werk.
12. En Ohlad saam met sy tien ministers het die nege-en-negentig geseën, en hulle het die ou kasteel binnegegaan, waar hulle hulleself versterk en die Heer saam lof gebring het.
|
|
|
|
|