`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 87

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Henog se kragtige antwoord aan Satan en Satan se verbanning na die middelpunt van die aarde

(31 Julie 1843)

87 En toe Henog hierdie woorde van die aartsvyand van die lewe gehoor het, gaan hy regop staan, loof en prys die Heer met heel sy hart en rig toe die volgende buitengewoon betekenisvolle woorde tot die misdadiger teen die ewige goddelike heiligheid:

2. “Luister nou, jou boosaardige, eiemagtige misdadiger! Miriade maal miriade sonjare, waarvan daar één so `n agt-en-twintigduisend aardse jare duur, was jy altyd `n hoogs eiesinnige, allerweerbarstige afvallige van God gewees!

3. Wat het die oneindige liefde van die Heer alles gedoen, om vir jou duiwel, sonder om jou vryheid van wil te belemmer, weer op die korrekte pad te bring!

4. Kyk omhoog na al die tallose sonne en wêrelde van allerlei aard wat die Heer terwille van jou geskape het, sodat jy op die een of die ander sou terugkeer!

5. Op elke son en wêreld het God se eindelose erbarming jou tallose middele aangegee, met behulp waarvan jy sonder veel moeite kon terugkeer. Nooit het die Heer ook maar in die minste die primêre uiterlike vryheid van jou wil aangetas nie en het jou nêrens ook maar die minste beperking opgelê nie.

6. Wanneer jy terwille van jou voornemende, voorgewende verbetering `n nuwe son met baie aardes en mane en newelsterre wou hê, dan het die Heer dit geskep soos wat jy dit gewens het; ja, jy het nog altyd kon speel met die almag van die ewige God!

7. Maar waarvoor het jy al hierdie aan jou verspilde barmhartigheid en die onuitspreeklike groot erbarming gebruik?! Sien, om niks anders te doen as wat jy nou hier uitgespreek het, en wat jy by ons vroeëre ontmoeting aan die Heer van hemel en aarde sonder meer en hoogs brutaal in Sy gesig gesê het!

8. Maar luister nou, Satan, wat die Heer tans deur my mond aan jou sê:

9. “Rampsalige boosdoener teen My liefde, barmhartigheid, lankmoedigheid, erbarming, geduld, sagmoedigheid, mildheid en ewig onaantasbare heiligheid! Nou besweer Ek, jou Heer en God, by al My ewig eindelose mag en krag, jou ewige volledige ondergang! Wat jy so pas gesê het, sal onherroeplik gebeur tot jou ondergang!

10. Tot nou toe het Ek nog nooit `n limiet vir jou gestel nie, maar jy was vry om met My, termyn na termyn te bepaal, en My ook nog by elke termyn grondig voor te lieg, en My na elke leuen bowendien nog te hoon as `n stompsinnige God vol swakhede, asof Ek blind en doof was en nie in staat om jou planne te deursien nie!

11. Maar nou het Ek vir jou ou boosheid moeg geword en Ek stel daarom nou Self `n termyn vir jou vas!

12. Jy ken die leeftyd van Adam?! (negehonderd-en-dertig jaar) Sien, één keer het daardie aantal jare al verstryk; maar wanneer dit nog ses keer verstryk sal wees, dan sal jy met al jou helpers en handlangers die passende loon kry in die ewige vuur van My toorn!

13. Sodat jy egter so terloops tot die laaste termyn wat Ek jou nou gestel het, daardie vuur sal leer ken, het Ek so pas `n vonkie na die middel van die aarde laat sak en het daarin `n herd en om die herd `n nuwe woning opgerig; daar sal jy vanaf nou van tyd tot tyd heen gestuur word om daardie vonkie te proe! En dit sal telkens gebeur wanneer jy, soos nou, teenoor My gesondig het!

14. En nou gebied Ek jou om na die woning te gaan vir solank as wat Ek dit wil! Amen.”

15. Hierop skeur die aarde tot `n onpeilbare diepte. Rook en vlamme het geslaan uit die kloof, en met `n afgryslike gehuil het Satan in die afgrond gestort; en daarop het die aarde hom weer gesluit.

16. En die reisigers het God geprys en geloof en daarna weer hulle reis voortgesit.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205