`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Voedsel vir liggaam, siel en gees. Verveling as honger van die siel, en weetgierigheid as honger van die gees.

(22 Mei 1843)

44 En die Spreker aan die ander tafel het verder gepraat: “Die woord wat lewend uit ons hart kom, wil Ek aangedui sien as voorbereiding van die liefde tot God, wat die ware voedsel is vir die gees.

2. Ek sê vir julle: Die woord, ja, die lewende, korrekte woord uit die grond van ons hart, is alles in alles; dit deurdring die materie, los haar op in die geestelike en voed dan die gees met die oplossing van die materie.

3. En dit is dan, soos Ek vroeër al gesê het, dat die gees alleen die gees, netsoos die siel die siel en die materie die materie voed.

4. Want die woord in ons, as die helder uitsprekende gedagte in die hart, gryp die materie aan, deel haar en beskou haar in haar wonderbaarlike konstruksie. By hierdie beskouing voed die siel haar reeds; want die verruklike gevoel van die siel by die aanskou van wonderbaarlike mooi vorms is haar voeding!

5. Deur die Skepper is die mens altyd so ingerig dat die versadiging van die een deel altyd meebring dat daar in die ander deel honger ontstaan.

6. Om dit goed tot in essensie te begryp, sal `n voorbeeld ons help; luister dus met `n goeie hart!

7. Wanneer julle, wat julle liggaam betref, honger het, verlang julle almal na `n goeie maaltyd, en as julle julle dan by `n ryklik voorsiene tafel bevind, dan voel julle baie goed; want julle kan nou die kwellende honger stil.

8. Maar wanneer dit so sou wees dat julle agt volle dae aan die tafel moet bly sit, of `n maand, of selfs `n jaar, - sê My, sou julle dan nie deur die vreeslikste verveling verteer word nie?!

9. Ja, Ek sê vir julle, My geliefde vriende, broers en susters, julle sou in so `n geval sekerlik begin te wanhoop!

10. En aangesien dit sekerlik die geval sou wees, kan Ek vra: Waarom die verveling, die wanhoop, terwyl die liggaam tog versadig word?

11. Omdat die versadiging van die liggaam altyd honger in die siel laat ontstaan, wat mens altyd bitter ervaar as wanhopige verveling!

12. Wat moet mens dan doen om na die versadiging van die liggaam, ook die siel tevrede te stel?

13. Mens staan op van tafel en begewe hom na buite, byvoorbeeld op `n klein berg of in `n mooi tuin, waar die siel dan gevoed word deur die mooi vorm, die gesang van die voëls en deur die eteriese, vir die siel welriekende geure van die blomme, en met meer sulke aangename dinge vir die siel.

14. Maar wanneer iemand dit lank genoeg aanskou het en daarmee sy voorheen hongerige siel voldoende versadig het, dan sal ook die heerlike spyse die siel weldra weer begin te verveel, en hy sal spoedig na die huis gaan en verlang om sy liggaam, wat deur die bevrediging van die siel hongerig geword het, weer `n nuwe versterking te verskaf deur middel van goeie spyse, of in die gunstigste geval begin sy gees hom te roer en sal langs die siel aan die liggaam sê: “Ek het `n geweldige honger!”

15. Maar hoe sal die honger tot uitdrukking kom? - Deur `n steeds hewiger brandende weetgierigheid.

16. Hy sal die materie en haar mooi vorm wil begryp, want so is sy vir hom nie te nuttig nie; sy moet ontbind word deur die vuur, die Lig en voldoende waarheid.

17. Maar wat is die vuur? Dit is die begerige liefde. Wat is die Lig? Dit is die gedagte wat hom duidelik in die hart uitspreek. Wat is die waarheid? Sy is die uitgespreekte woord wat uit die vuur en die Lig voortkom!

18. Deur die woord omvat ons dan hierdie vaste materie en haar lieflike vorm, ontbind die materie en vind so die betekenis en die geestelike sin van die vorm.

19. Daardeur word ons gees dan in vervoering gebring, en hierdie tevrede, salige vervoering is dan ook reeds die versterkende versadiging vir die gees; want daarin vind hy sy huis, sy rus, sy stof, sy oorsprong en daarin sy ware liefde tot God en die almagtige liefde van God vir hom!

20. Dan val die gees neer in alle liefde en deemoed voor die oneindige liefde van God, dank God en bid waaragtig tot God, en God is dan sy vernaamste verdediging vir die ewige lewe.

21. Op dié wyse wil ons dan ook God se werke beskou en Sy groot liefde en erbarming daarin soek. En het iemand iets gevind, laat dan al sy broers dit in goeie, ware woorde van hom verneem, en hy, sowel as hulle, sal dan gestig word in die gees en in die waarheid, en dit is dan die ware, lewende voedsel vir die gees, waardeur hulle krag ontvang om in die liefde tot God werksaam te word, en dit is dan ook die ware, ewige lewe!”

22. Hier het die Spreker geswyg. En almal het hulle verbaas oor sy Wysheid, en Lameg het byna buite homself geraak.

23. Maar Henog het hom gekalmeer en gesê: “Wees maar geduldig, want die Spreker is nog nie uitgepraat nie; eers wanneer Hy uitgepraat is, sal ons, soos wat ek al vroeër gesê het, enkele woorde daaroor wissel!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205