`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 275

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mahal se onverwoesbare vyfhonderd jaar ou kleding uit die berge. Die halsstarrigheid van Mahal weens die wissel van kleding. Agla se lis

(9 Mei 1844)

275 Toe die koninklike klere aangedra was en die meesterkleders en -kleedsters gereedgestaan het, het Gurat na Mahal gegaan en hom versoek om sy ruwe bergkleding met die sagter koninklike te verwissel.

2. Maar Mahal het aan sy God gedink en gesê: “My hoë skoonseun! Sien, ek het `n hoë leeftyd en het baie konings in die laagte meegemaak en oorleef!

3. My broer Noag ken nog die tye van Lameg, en ek het vir Uraniël geken, vir wie Thubal-Kain opgevolg het, en vervolgens die duisend raadslede, en ook Ohlad, wat uit die duisend raadslede voortgekom en die tempel van Lameg weer geopen het.

4. En kyk, dié kleed wat nou my naaktheid bedek, het my gedurende honderde jare gedien en is onverwoesbaar, want dit is nog met die weefspoel geweef wat JaHWeH vir die eerste mense van hierdie aarde aangegee het! Welke ondankbaarheid jeens God sou dit wees as ek die onverwoesbare kledingstuk, wat my liggaam byna vyfhonderd jaar teen hitte en koue beskut het, nou sou wil aflê, en die sagte koningskleed sou aantrek!

5. Kyk, dié kleed is nie pronkerig en het geen glans nie, maar dit is tog kosbaarder as al jou met goud en edelstene versierde klere! Want al jou klere word vuil en moet dan weer gereinig word, maar dié kleed, wat nou ruim vierhonderd jaar om my liggaam hang, word nie vuil nie en hou tog my liggaam rein.

6. Daarom sal ek nooit kleding aantrek wat vuil word nie, maar hou my by wat nie alleen nie vuil word nie, maar bowendien al die vuil van die liggaam verteer en die liggaam daardeur `n duursame gesondheid gee!”

7. Gurat was verbaas oor hierdie onbuigsaamheid, het hom heimlik tot Agla gewend en haar gevra wat om te doen.

8. Maar sy het gesê: “Laat hom sy eie wil volg! Ek ken hom; as hy iets vandag nie wil nie, en mens gee hom die vryheid, dan sal hy dit die volgende dag doen! Vir hom is die ou God nog baie belangrik, maar as dit daarop neerkom dat hy homself te veel moet verloën, dan kan hy ook sondig netsoos ons!

9. Praat vandag egter nie meer oor klere nie, anders sal jy hom koppig maak; maar plaas die wit klere vanaand in sy slaapvertrek, dan sal hy hulle môre self aantrek, hoewel nie as enigste nie, maar tog sekerlik oor sy onverwoesbare klere!”

10. Daarop het Gurat ook in die geheim gevra of dit alles waar was wat haar vader oor sy raaiselagtige lang lewe en sy kleding gesê het.

11. En Agla het gesê: “Jy kan hom op sy woord glo, want hy was immers al byna vierhonderd jaar oud toe hy `n vrou geneem het! En aan ons, sy kinders, kan jy dit duidelik merk, aangesien ons almal tog reeds die leeftyd van julle grysaards het en lyk asof ons nog in die leeftyd is van julle teerste jongelingsjare!”

12. “Ja”, het Gurat gesê, “dit is waar; nou glo ek dit! Maar dit is werklik wonderbaarlik! Word dit deur die kleding bewerkstellig?”

13. En Agla het gesê: “Slegs die ou God veroorsaak dit, Wie die enigste God is en ewig geen ander het as Homself nie! Maar nou nie verder nie, want die maaltyd het aangekom! Môre sal jy egter eers jou Agla van haar ware kant af leer ken! En laat ons nou dan na die eetsaal gaan!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205