`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 304

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Fungar-Hellan se toespraak oor die dwaasheid van uiterlike prag en die Wysheid van eenvoud. Mahal se lof aan die generaal

(18 Junie 1844)

304 Noudat Agla aan die bors van haar ou vader geween het, het Fungar-Hellan ook daarby gekom en het aan haar gesê: “Agla, werklik so geval jy my beter as in die koninklike klere, wat van jou baie spoedig `n volmaakte dienares van die hel sou gemaak het! Bly voortaan so, dan sal jy vir God en my ook beter geval as wat jy my in al jou koninklike prag geval het; want ook ek beken openlik hier dat ek nie net met betrekking tot jou nie, maar ook aan myself en aan elkeen `n geswore vyand van alle prag sal wees en my lewe lank sal bly!

2. Wie van nou af aan my vriend wil wees, moet alles wat skitter van hom afwerp en eenvoudige kleding dra; dan sal ek hom aansien as `n mens, wat soos ek, die ware welsyn van die volkere ter harte sal neem!

3. Die goud en silwer moet in nuttige munte verander word met die beeltenis van die koning en van my! Dan sal dit die hele volk ten goede kom; maar as ons dit aan ons kleding vaswerk, wat dit so swaar maak dat dit ons byna teen die grond druk, welke nut het ons dan self daarvan, welke nut die volk en welke diens word dan daardeur bewys aan God, die ou Heer van alle heerlikheid? 

4. Waarlik, solank ons ons gewaad nie met die egte sterre van die hemele en ons bors met die egte son kan sier, ter ere van die Een Wie ons geskape het nie, solank sal alle ander valse versiering ver van ons bly! Want wat nie vanuit homself Lig versprei soos die son en die sterre aan die hemel nie, hy is slegs `n ligdief en pronk solank met die gesteelde lig soos wat die groot heilige Lig aan die hemel met haar Lig vanuit God straal; maar as sy ondergegaan het, dan is ons, in ere gehoue ligdiewe, gelyk aan die gewoonste vuilis en net so duister!

5. Maar alles wat nuttig gebruik word, is God seker welgevallig, omdat Hy dit sonder meer tot die nut van die mense geskape het; maar gebruik ons die dinge vir dwase, hoogmoedige, onsinnige doeleindes waarvoor dit sekerlik nie geskape was nie, dan kan `n soortgelyke gebruik in God se oë, niks anders as `n gruwel wees nie, aangesien God tog die ewige, heilige orde Self is! Dus weg met al die glimmende prulle op ons gewade, hier en in alle lande!”

6. Hierop het Fungar-Hellan alle versiersels van hom afgewerp, en die koning en alle ander vername leiers het hom daarin nagevolg; en al die goud en silwer was na die munt gebring en daar tot gangbare munt geslaan.

7. Mahal het Fungar-Hellan buitengewoon daarvoor geloof en bowendien nog gesê: “Fungar-Hellan, dit skyn my toe dat die Gees van die Heer al in jou leef, want werklik, ek dink dat ek nou die ou Henog uit jou gehoor het! Want kyk, `n soortgelyke Wysheid woon andersins nie in die mens nie!”

8. Daarop het Mahal God gedank dat Hy hierdie man so genadig geword het; en almal het hulle verbaas oor die Wysheid van Fungar-Hellan.

9. En die opperpriesters het gesê: “Nou eers is jy volwaardig ons generaal!”

10. En almal het hierop `n luide amen uitgespreek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205