`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 186

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die woorde van die Heer aan Ohlad en Danel oor die ware verering van God. Ohlad en Danel as nakomelinge van Kisehel. Die opdrag van die Heer om aan alle volkere boete te predik

(19 Desember 1843)

186 By die poort van die tempel aangekom, het Danel vooroor geval en gebid soos wat Ohlad hom aangeraai het.

2. Ohlad het egter hoogs eerbiedig die tempel ingegaan en daar voor die altaar neergeval en in sy hart begin bid tot God.

3. En God, die Heer en Vader, het vanuit die wit wolk met hom gespreekt: “Ohlad, Ek sê jou, staan op, want Ek het nie nodig dat jy jou vir My in die stof wentel nie!

4. Want wie My in sy hart liefhebbend bely, het genoeg gedoen, en wie in sy siel werklik deemoedig is, het ook volstrek genoeg gedoen. Al die ander wat jy met jou liggaam doen, het vir My geen waarde nie, want dit is niks anders as dooie seremonie nie, en hoort slegs by die ydelheid van die wêreld en is kenmerkend van alle blindheid en dwaasheid van die mense.

5. Staan dus op en gaan na die poort en sê in My Naam aan Danel dat hy dieselfde moet doen! Sodra hy opgestaan het, lei hom dan hierheen die tempel in, en Ek sal self aan hom openbaar wat hy alles in My Naam moet doen!”

6. Onmiddellik het Ohlad orent gekom en het die wil van die Heer aan Danel meegedeel. Hy het ook onmiddellik opgestaan en Ohlad die tempel in gevolg.

7. Toe beide voor die altaar van die Heer gestaan het, het die Heer tot Danel gespreek:

8. “Danel, Ek ken jou; jy is `n nakomeling van Kisehel, wat eens in die tyd van Lameg kragtig in My Naam aanbeveel het om hierdie tempel te bou!

9. Die derde geslag na Kisehel het teen My wil na die laagte getrek en jy is `n lid van die sewende geslag na Kisehel.

10. Waarlik, het jy nie net soos Ohlad van Kisehel afgestam het nie, dan sou die weg na die tempel nooit vir julle geopen gewees het nie; maar omdat julle seuns van My getroue Kisehel is en as sodanig goed herkenbaar aan julle aanvanklike weerspannige gees, soos dit eens by Kisehel die geval was, het Ek My slegs terwille van julle, nog een keer oor die hele volk erbarm, en wil hulle nog eenmaal deur julle, hard en duidelik tot My laat roep.

11. Jy Ohlad, het Ek gesalf en jy het met hierdie salwing jou broer Danel en ook nog die ander agt-en-negentig broers in die kortste tyd tot My gebring; daarom sal jou koningskap in hierdie stad verseker wees, solank jy in hierdie salwing, volgens My woord sal handel, en hierdie tien getuies hier moet jou altyd kragtig bystaan, want ook hulle is kinders van Kisehel!

12. Jy, Danel, sal gesalf wees deur hierdie woorde van My! Lê vir jou broers jou hande in My Naam op, sodat ook hulle gesalf kan word!

13. Trek daarna uit na alle streke van die aarde, en predik oral ernstige boetedoening! Vind dit plaas, trek dan verder en doen weer dieselfde; maar vind die boetedoening nie plaas nie, verkondig dan My toorn en My komende oordeel, wat nie sal wegbly as daar nie oral `n volledige ommekeer sal plaasvind nie! Ontvang nou My seën!”

14. Hier het die Heer vir Danel met sigbare hand vanuit die wit wolk geseën en gebied hom toe dadelik om met die werk wat aan hom opgedra is te begin. Die Heer druk hom veral op die hart om die besoekkultuur met vuur te bestry.

15. Danel het dit alles aan die Heer belowe en begin dadelik saam met Ohlad en die tien ministers met die werk wat aan hom opgedra is.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205