`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 357

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die engel Mahal as beskermgees van die ark. Die styging van die vloed. Middel-Asië die sterkste getref deur die vloed. Die Aralmeer en die Kaspiese See as oorblyfsels van die sondvloed en as graf van die megastad Hanoch

(29 Augustus 1844)

357 Toe die Heer Mahal van sy liggaam verlos het, het die sondvloed al sewe dae geduur, en die water het met so `n spoed gestyg, dat dit reeds binne sewe dae die plek bereik het waar Mahal saam met die Heer by die ark gestaan het; en so het die voorspelling van die Heer aan Mahal in vervulling gegaan, dat hy nie van sy liggaam bevry sou word, alvorens die water sy voete bereik het nie.

2. En nadat die verloste Mahal sy eer aan die Heer betuig het, het die Heer aan hom gesê: “Noudat jy verlos is, is jou eerste diens as engel, dat jy hierdie klein wêreld oor die waters sal lei en haar eers sal verlaat wanneer al die water weer gesak het en wanneer Ek sal kom om `n boog van vrede oor die nuwe aarde te span! Eers daarna sal jy `n ander diens kry! Laat My wil ewig jou krag wees!”

3. Daarop het die Heer verdwyn in Sy buitengewone persoonlikheid, en Mahal het toe, netsoos die ander engelegeeste, slegs die hemelse son gesien, waarin die Heer in die ontoeganklike Lig van ewigheid tot ewigheid woon.

4. En so het Mahal die ark getrou gelei, volgens die wil van die Heer.

5. Die water op aarde het egter so vinnig gestyg dat dit op die sewende dag na Mahal se verlossing die ark al opgehef en haar begin te dra het. Toe het Mahal die ark gelei sodat dit nie gewankel het deur die beweging van die golwe nie, maar so rustig voortgedryf het soos `n swaan op die kalm spieël van `n meer sonder golwe.

6. En so sewe dae later het die water al die hoogste berge van hierdie streke tot aan die allerhoogste gebergte van die Himalaja oorspoel, wat die land van die Sihiniete van die ander Asië geskei het.

7. En slegs dié gebergte het vyftien el bokant die hoogste waterstand uitgerys; en alle ander hoë berge het minstens so diep onder water gestaan. Natuurlik het daar deur die hoogteverskil, sommige laer berge hulle ook wel `n paar honderd vadems onder die water bevind.

8. Hoe en waarheen het die waters van die sondvloed gevloei? Hoofsaaklik na Middel-Asië waar nog hede die Aralmeer en die Kaspiese See die mees gedenkwaardige oorblyfsels is; want waar die Kaspiese See nou is, daar het die enorme groot en trotse Hanoch eens gestaan, en dit sou vandag nog moontlik wees om reste van hierdie stad te vind, maar wel meer as duisend vadem diep.

9. En op die plek van die Aralmeer was eens daardie meer met sy omgewing en sy eiland van die watergode, wat ons ook baie goed ken; ook berg die Baikal of nou Balchasjmeer en die Tsanymeer (of Canymeer) soortgelyke sondige reste van die gedenktekens van die toentertydse herberge vóór die sondvloed.

10. Vanaf hierdie belangrikste plekke het die water ryklik na Siberië, asook na Europa gevloei, wat in dié tyd nog nie bewoon was nie. Een deel het deurgebreek na die suide na die huidige Oos-Indië en die meeste na Arabië; ook die noordelike deel van Afrika tot by die hooglande was ernstig geteister van waar die land slegs onder klein oorstromings gely het. Amerika was slegs ietwat in die noorde vanuit Siberië getref; die suide het heeltemal vry gebly, netsoos die meeste eilande van die groot seë.

11. In die volgende meer hieroor.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205