`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 178

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die suksesvolle bewerking van die sewe-en-negentig raadshere deur Danel. Die weerstand van die skynkoning, sy vernedering en bekering

(7 Desember 1843)

178 Deur Ohlad se woorde word Danel se gemoed vervul met vreugde en hy belowe hom om alles in werking te stel om die ander ook tot `n volledige ommekeer te beweeg.

2. Daarop het hy hom onmiddellik tot die ander raadshere gewend en het hulle so goed hy maar kon `n aanskoulike beeld van God se barmhartigheid gegee; en tot op één na bekeer almal hulle na Danel se woorde.

3. En dié een was niemand anders as die skynkoning nie. By hom begin die lus tot heers nou egter eers kop uitsteek, noudat hy die volkome verlore gaan daarvan voor oë gesien het.

4. Want as skynkoning het hy alle moontlike seremoniële eerbetoon geniet, en dit het vir hom bo alles gegaan. Maar nou moes hy alles neerlê! Dit het vir hom nou ook bo alles gegaan, maar net nie van die vir hom aangename sy nie!

5. Hy het daarom begin nadink hoe hy weer sy verlore waardigheid kon terugkry.

6. Danel het dit goed gemerk en het al gereed gestaan om enkele bliksemstrale na die hoof van die skynkoning te slinger; maar een van die tien ministers het na Danel gegaan en gesê:

7. “Dit is genoeg dat daar agt-en-negentig van julle hulle bekeer het; één esel maak immers nie saak nie! Want wie sy broers sonder natuurlike, morele en geestelike krag nie soseer wil lei nie, maar hulle alleen wil oorheers suiwer uit `n sekere prikkelende hoogmoedsin, hy is `n esel. Want hy is nie in staat om in te sien dat sy broers dit al lankal onderken het en hom daarom ook die kroon van die domheid op sy hoof gesit het nie.

8. Waarlik, aan hierdie man sal die vloed van die tye niks verander nie, want sy domheid staan so vas as een rots!

9. Laat die berge instort, laat die aarde bewe soos die loof van die bome tydens `n storm, verduister die son en laat die sterre van die hemel op aarde val, en onverstoorbaar sal hierdie man daarby staan!

10. Want die esel het geen vrees vir die geweldige kloue van die magtige tier en sy vermorselende tande nie, want hy weet immers netsoos profete, dat die sterker wesens hulle teenoor hom sou moet skaam as hulle hom iets sou aandoen.

11. Want domheid word altyd selfs baie deur die vader van die boosheid en die leuen gerespekteer, en `n esel het niks te vrees van sy bose opset nie! Want die skande druk ook op die Satan; daarom wil hy hom nooit met esels inlaat nie!

12. Laat hom daarom maar op die troon bly sit en daar tussen die mure die vlieë en muggies regeer; en ook sal `n pragtige kroon sy gryse hoof tooi!

13. En wanneer hy as heerser sy stem met baie weinig, steeds dieselfde woorde in sy paleis laat weerklink, dan moet voedsel ryklik vir hom aangebied word!

14. So wil ons dit doen en so moet dit bly; laat die koning sy tyd maar met eet en slaap en die afweer van vlieë behaaglik verdryf!”

15. Hierdie satire het die skynkoning byna buite sinne gebring, en hy het daarop werklik begin te tier en te raas.

16. Maar die woordvoerder van die tiental het hom by sy ore gegryp en dit met sy wondermag uitgerek tot waaragtige eselsore en het toe gesê: “Sien, dit is die kroon! Die troon sal volg!”

17. Dit het sy uitwerking op die skynkoning gehad, wie Midehal geheet het. Daardeur het hy deemoedig geword en hom ook bekeer; maar sy ore het hy gedurende drie volle jare gehou.

18. Dat die skynkoning eselsore verkry het, was in die hele streek, ja selfs op die hoogte bekend, en die verhaal het bewaar gebly in allerlei versies, selfs nog by die verre nakomelinge.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205