|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 327
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Mahal se ernstige en wyse woorde aan die afgevaardigdes en aan die tien vorste
(22 Julie 1844)
327 Toe Mahal nou die raadsaal ingekom het, het die afgevaardigdes geskrik vanweë sy ernstige gesig, en geeneen van hulle het dit gewaag om een woord oor sy lippe te bring nie.
2. Toe die hele vergadering vir `n tyd sprakeloos daarby gestaan het, het Mahal aan hulle gevra: “Waarom het julle na my gevra? Is ek dalk net soos `n vreemde dier, wat sekere dieretemmers aan die ketting rondlei en laat aangaap vir `n paar blikke munte?! Praat! Waarom is ek hierheen geroep?”
3. Na hierdie aansporing het een van die tien vorste gesê: “Man van God ! Kyk, hulle is vanuit die laagte hierheen gestuur, en het aan ons enkele redes vir hulle koms genoem! O sê vir ons, of ons hulle moet glo of nie!”
4. En Mahal het gesê: “Ja, julle kan glo wat hulle verklaar het, want dit is nou so; die aanbied van die oorlogskatting was egter nie die eintlike rede waarom hulle hierheen gekom het nie, maar die vernaamste rede van dit alles is ek!
5. Koning Gurat en sy generaal Fungar-Hellan wil my graag weer aan hulle hof hê, en hierdie afgevaardigdes moet my daartoe beweeg; maar hulle, asook hulle gebieders, weet nie dat Mahal hom nooit deur mense nie, maar slegs deur God laat beweeg.
6. Sê daarom aan jou gebieders dat ek net weer na hulle toe sal teruggaan, as God, die Heer dit aan my sal opdra! Sê egter ook vir hulle dat ek in die Naam van die Heer, baie goed sal toesien hoe hulle by hulle dubbele aanbod aan die tien vorste, sal hou!”
7. Nadat Mahal dit aan die afgevaardigdes gesê het, het hy hom weer tot die tien vorste gerig en aan hulle gesê: “Laat hierdie bodes nou weer in vrede gaan, omdat hulle julle vrede aangebied het; maar let wel daarop dat hulle voorstel binne `n bepaalde termyn uitgevoer word!
8. Want as iemand `n ander sy woord gee, moet hy dit ook op `n bepaalde datum waar maak, anders is hy net `n huigelaar en `n mooiprater, wat wel iets beloof, maar omdat hy geen tyd bepaal het waarbinne hy sy belofte wil hou nie, is sy belofte so goed as `n klinkklare leuen, omdat hy die vervulling van sy belofte tot in die oneindige kan uitstel en hy kan iets eers na eenduisend of tienduisend jaar doen, wat hy andersins binne `n bepaalde tyd moes gedoen het.
9. Daarom is dit nie genoeg om te sê: “Dit sal ek doen!” nie, maar dit moet lui: “Dit sal ek vandag of môre of binne `n jaar doen, as die Heer my hierdie bepaalde tyd tot vervulling van my belofte wil laat beleef!”
10. Verlang dit dus ook van hierdie bodes, en laat hulle dan, soos ek reeds gesê het, in vrede wegtrek!”
11. Die tien vorste het die belang van hierdie vermaning ingesien, die bodes `n termyn van drie maande gegee en het hulle toe heeltemal ongehinderd laat weggaan en het na hulle vertrek dadelik `n versterkte wag by die hoofopgang geplaas.
|
|
|
|
|