`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die maaltyd by Adam. Koning Lameg rig deemoedige en eerbiedige woorde tot Adam. Adam se goeie antwoord

(3 Augustus 1843

90 Toe hulle in Adam se ruim hut aangekom het, het die dienaars van Set reeds die versterking aangedra, wat uit die edelste vrugte bestaan het. Die gaste het na die vriendskaplike uitnodiging van Adam weldra naas die mandjies op die grond gaan sit, God geloof en gedank en het vervolgens welgemoed geëet.

2. Maar Lameg was nog te veel deur sy groot eerbied vir Adam vervul, sodat hy nie in staat was om volledig te deel in die opgewektheid wat baie spoedig die gemoedere van die ander bemeester het nie.

3. Adam het dit baie gou gemerk en Lameg daarna gevra.

4. En Lameg het geantwoord: “Vader, eerste van alle mense op aarde! Sien, ek kan my groot eerbied vir u en al diegene wat u as u eerste kinders omgewe, nie bedwing nie!

5. Die gedagte dat u die vader is van Kain, wie se kinders en kleinkinders reeds almal lank gelede gesterf het, en sy, die moeder van alle nou lewende en nie meer lewende mense, vervul my gemoed met toenemende eerbied, en dit staan my nie toe om so heeltemal onbelemmerd vrolik te wees soos diegene wat sedert hulle kinderjare reeds aan so `n verhewenheid gewoond is nie, omdat hulle altyd om u heen was, o vader, of as hulle dit, hoewel hulle ook van my stad is, tog ten gevolge van hulle nog baie beperkte gemoed, in die geheel nie in staat is om die heilige diepte van die aardigheid voldoende te besef nie!

6. Vergeef my daarom, o vader Adam, en ook u, eerbiedwaardige moeder Eva, dat ek, as gevolg van my gemoedstoestand, nie so vrolik kan wees soos die ander nie! Bowendien was alle ander nog nooit sondaars gewees teenoor God en teenoor u nie; maar ek was, tot enkele weke gelede, die grootste monster van alle monsters, wat vanuit homself heeltemal niks aan sy verbetering bygedra het nie, maar wat alles slegs deur die goddelike erbarming gedoen is.

7. Sien, om dié rede kan ek my ook nie so volledig aan die vreugde oorgee soos hulle wat, soos gesê, ten opsigte van u, nóg teenoor God, ooit gesondig het nie!”

8. Hier onderbreek Adam Lameg se verontskuldiging en het aan hom gesê: “Luister, arme nakomeling van my ongelukkige eerste seun Kain! Jou uitlating is vir my buitengewoon dierbaar, waardevol en kosbaar, en bowendien moet ek nog aan jou beken, dat ek nog nooit sulke woorde van my kinders gehoor het nie.

9. Maar desondanks moet ek jou sê dat sulke te groot eerbied ten opsigte van my, die aartsvader van die mense van die aarde, ietwat oorbodig is, want in werklikheid is ek tog ook maar `n mens soos elke ander! Gebore of regstreeks deur God geskape, dit is dieselfde, want ook die gebore mens word in die liggaam van die moeder netso goed deur God geskape soos ek, wie buite `n moederliggaam deur God geskape was.

10. Dat jy `n sondaar was, weet elkeen op die hoogte; maar dat jy jou lewe geweldig verbeter het deur God se barmhartigheid, dit weet ons ook, en hoe die Heer jou alles kwytgeskeld het, weet ons. Daarom het ons jou ook terwille van die Heer alles vergewe, en daarom kan jy dus saam met ons opgewek en vrolik wees!

11. Eet en drink daarom, en bevry jou van jou droefheid, want ek wil jou hierna nog baie laat sien!”

12. Hierdie woorde het ons Lameg weer tot besinning gebring, sy gemoed het opgewek geword en hy kon eet en drink.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205