`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 224

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die ontmoeting van die gesantskap uit Hanoch met die tien leiers van die volk op die hoogland. Die mislukking en die terugkeer van die gesantskap na Hanoch sonder hulle leier

(13 Februarie 1844)

224 Toe dié een, saam met sy manne, voor die tiental gelei was, was hy baie vriendelik deur hulle ontvang en met groot hoflikheid gevra na die doel van sy missie.

2. En deur `n venster het hy die ryk belaaide kamele aan die tien getoon en gesê:

3. “Beste broers! Ek is deur die opperpriesters as `n bode van vrede na julle toe gestuur; net soos die hele volk van Hanoch wil hulle vriendskaplike betrekkinge met julle aanknoop!

4. Die opperpriesters het daarom vriendskapsgeskenke na julle toe gestuur sodat julle dit kan aanneem as `n teken van hulle vriendskap wat hulle met julle wil aangaan!

5. Hulle wil heeltemal vergeet dat julle verraderlik teen hulle gesondig het; hulle wil net graag dat julle weer vriende word en na Hanoch kom, waar hulle julle dan alle denkbare eer sal bewys!”

6. Met hierdie toespraak het hy egter deur allerlei verdraaiings van sy oë aan die tien te kenne gegee dat hy net in die teenwoordigheid van sy begeleiers so moes praat, maar baie graag anders sou praat as hy alleen sou wees.

7. En die tiental het sy oëtaal begryp en daarop gesê: “Julle het gesien dat ons dit glad nie nodig het om geskenke van die opperpriesters uit Hanoch aan te neem nie, want besitters van goue berge verag die goud wat met bloedige hande vergaar is en van die armes afgepers word deur allerlei leuens, bedrog en onderdrukking.

8. Daarom neem ons ten eerste nie die goud, silwer en ook die edelstene aan nie; en ten tweede, wat hulle sogenaamde vriendskap betref, kan julle aan hulle sê dat ons netso min geneig sal wees om dit aan te neem, as hulle geskenke! Want ons is nie so onnosel dat ons nie begryp wat die opperpriesters in die mou voer nie! Daarom neem ons geen enkele aanbod van die opperpriesters aan nie!

9. As die opperpriesters ons vriendskap wil wen, moet hulle eers ophou om opperpriesters te wees en moet hulle die een wat aan hulle van die hoogte gestuur was tot enigste koning en opperpriester oor hulleself en die hele volk van die laagte salf en kroon! Solank dit nie gebeur nie, hoef hulle nooit in die verste verte op ons vriendskap te reken nie, want met duiwels sal ons nooit vriendskap sluit nie.

10. Daarom raai ons die opperpriesters dan ook nie aan om ons op watter manier dan ook te benader nie, want elke benadering van hulle kant af sal ten seerste gestraf word.

11. Gaan daarom maar weer met julle skatte na Hanoch terug en gee die hoëpriesters en die suiwer duiwelse opperpriesters hierdie berig van ons!

12. Maar jy, wie ons toentertyd as enigste goedgesind was, bly hier, want jy het nóg vrou nóg kind, en ons kan jou hier gebruik! So geskied dit!”

13. Die een was vervul van vreugde, maar die dertigtal het met lang gesigte weer na hulle kamele teruggekeer en het hulle weer onverrigter sake na Hanoch begewe.

14. Maar die lang gesigte wat die owerpriesters oor hierdie verskyning getrek het, sal ons in die volgende bekyk en daaruit erken dat die oordeel toe ook vlak voor die deur gestaan het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205