|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 227
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die oorlogsverslag van die verslane opperpriesters. Die skeuring onder die opperpriesters. Die verraad van die leër wat na die provinsies gestuur was
(16 Februarie 1844)
227 Die geringe aantal opperpriesters van hierdie ekspedisie na die hoogland, het natuurlik `n verslag uitgebring aan die weiniges wat tuis gebly het, oor hoe hoogs ongelukkig hulle ekspedisie geëindig het; en hulle het byna hulle koppe van hulle lywe afgeruk toe hulle so `n treurige berig van hulle kamerade, die veldhere, gehoor het. En hulle het hulle begin te hoon vanweë die onverstandige aanval.
2. Maar die veldhere het gesê: “Hoon is makliker as veg! `n Derde van die hele leër is nog beskikbaar; staan op en trek self ten stryde! En as julle dan, net soos ons, onverrigter sake sal terugkeer, dan sal ons julle ook so hoon dat julle julle daaroor sal verbaas!
3. Hier op die veilige grond is dit maklik om te praat, vervloek en baie verderflike planne maak, maar gaan daarmee na buite, daar sal julle dadelik ondervind uit welke hoek die wind waai!
4. Ons het bykans vyfhonderd gange deur die origens oral onbeklimbare gebergte gegrawe en die oorwinning het vir ons gewink; kan ons iets daaraan doen as die skelm hooglanders ons ontdek het en vanuit hulle skuilhoeke dopgehou het wat ons doen, en met duiwelse sekerheid bereken het waar ons moes deurbreek, en op dié plekke groot vure aangelê, sodat ons by `n volledige deurbraak oral deur vuur, rook en damp by duisende en nogeens duisende in die lang, duistere gange die lewe moes verloor?!
5. En toe ons daarop drie keer `n uiters verbete aanval op die hoofpoort gedoen het, was ons telkens vanaf die hoë mure met tallose klippe begroet en daarby het duisende en nogeens duisende hulle lewe verloor!
6. Eers deur hierdie les het ons ingesien dat die vervloekte hooglanders onmoontlik oorwin kon word, nóg deur lis, nóg deur watter geweld dan ook.
7. Het ons maar die raad opgevolg van hom wat ons gegesel en voor die stadspoort gestenig het, dan was ons beter daaraan toe as nou! Die ander deel van ons leër moet nou ook net `n soortgelyke lot deel, dan is ons geheel en al verpletter!”
8. Na hierdie uiteensetting was die tuisgeblewe opperpriesters nog kwater en het die veldhere selfs gedreig.
9. Maar die veldhere het gepraat: “Wat praat julle? Die mag het ons in ons hande! As julle nie dadelik verstom soos `n muur voor ons nie, dan sal julle in julle vet buike ondervind hoe ons wapens kan gebruik!”
10. Hierop het die opperpriesters mekaar in die hare gevlieg en hulle het mekaar toegetakel soos honde en katte. En vanaf daardie oomblik het die opperpriesters hulleself in twee vyandelike partye verdeel, en die volk van Hanoch het nou nie geweet wie die kok en wie die kelner was nie.
11. Mense het nog drie jaar in hierdie verdeelde toestand op die resultate van die ander leër gewag, maar tevergeefs; want hulle het, toe hulle daar ter plaatse aangekom het, hulleself aan die provinsies oorgegee en het self hulle veldhere vermoor en almal wat teen hulle gestaan het.
12. Wat daaruit voortgekom het, sal die vervolg toon.
|
|
|
|
|