`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 167

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die vuurstorm en die aardbewing tydens die salwing. Die volk word bang. Die Heer onthul Hom aan die volk

(22 November 1843)

167 Die woedende vuurstorm buite het egter sy geweld verdubbel, en die grond om die tempel het so erg gebeef dat die mense nouliks in staat was om regop te bly gedurende die tyd wat die Heer vir Ohlad en die tiental in die tempel gesalf het.

2. En die mense het begin moed verloor, omdat hulle gemeen het dat die aarde hulle lewendig sou verslind, en dat God niemand meer te hulp sou kom nie, omdat Hy vol toorn en gramskap was, vanweë die baie wandade wat in en om Hanoch begaan was.

3. Maar juis op die gruwelikste oomblik toe selfs die aarde rondom die voorhof van die tempel begin te skeur en uit die skeure toringhoë vuurstrale met ontsettende lawaai omhoog geskiet het en selfs die plaveisel van die voorhof hier en daar begin te damp en op sommige plekke warm geword het, het die Heer met die nuutgesalfde koning Ohlad, begelei deur die tien bodes, uit die tempel na buite gekom.

4. Die volk het die Heer egter nie geken nie, maar wel die tien bodes en Ohlad; hulle het dan ook voor die tien neergeval en luid geroep of hulle tog nie barmhartigheid vir hulle by God wou bewerkstellig nie.

5. Maar die tiental het gesê: “Is God dan nie net so goed julle, asook ons Vader nie? Wend julle dus tot die Vader, en Hy sal julle barmhartigheid gee, indien julle dit waardig is!

6. Ons is gelyk aan julle en het by God geen voorreg bo julle en geen groter aansien nie; daarom kan ons dan ook geen gehoor aan julle versoek gee en daarvolgens handel nie, want dan sou ons onsself daardeur goddelike eienskappe aanmatig en tot groter misdadigers in God se oë word as die vader, moeder en broedermoordenaars!

7. Maar hier is die deur die Heer Self gesalfde koning Ohlad! Praat met hom en hy sal julle die weg wys na die Vader, Wie hom as enigste oor julle kan ontferm en ook sal ontferm, as julle julleself tot Hom wend met ernstige berou in julle hart oor julle sondes!”

8. Nou het die smekendes hulle tot Ohlad gewend en hom vertwyfeld gevra om hulle die weg na God, die Heer en Vader te wys .

9. Maar Ohlad het hom tot die Heer gewend en gesê: “O Vader, openbaar U aan die volk, sodat die eer my nie ten deel val, dat ek sou weet om meer te bereik met die volk as deur U heilige wil nie!”

10. Eers op dié oomblik het die Heer na vore getree, Sy almagtige hand opgehef en gesê: “Swyg nou, aarde as Ek praat met my kinders! Wyk terug alle monsters, en jy, son, laat weer jou strale heeltemal ongehinderd op die aardbodem val! Amen.”

11. Toe die Heer dit gespreek het, verstom die hele storm skielik in, op en bo die aarde. Geen enkele wolkie was daar meer aan die uitspansel te sien nie, en nêrens het daar meer `n berg gebrand nie.

12. En die hele volk het skielik neergeval en het God geloof en geprys vir hierdie redding, want die skielik totaal tot niet gaan van die storm was so `n groot en wonderbaarlike verskynsel vir die hele volk, dat hulle maar net van mening kon wees dat hierin slegs God se mag, liefde en barmhartigheid sigbaar was.

13. En wat daar verder gebeur het sal die vervolg laat sien.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205