Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Jesus in die omgewing van Cesaréa-Filippi, (vervolg)

Die wonderbaarlike maaltyd

1 EK sê: “Dit is nou reeds `n uur na die middag, Markus, sorg jy daarom vir `n maaltyd; My RafaEL sal jou help! Na die maaltyd sal ons dan sien wat die dag ons nog sal bring. Soek almal julle plek op aan tafel en RafaEL, verwyder jy beide harsingshope van ons tafel en help Markus dan daarna!"

[2] RAFAEL het dit binne `n oomblik gedoen en toe aan Markus gesê: “Moet ek jou op menslike wyse behulpsaam wees of op my eie manier? Sê net hoe dit vir jou die beste is! Dit sou natuurlik minder opsienbarend wees as ek jou op menslike wyse sou help; maar op my manier sou ons baie tyd bespaar en dit is tog ook baie kosbaar! Wat jy dus wil hê, sal ek doen en jy sal jou nie daaroor hoef te bekla dat daar iets versuim is nie.”

[3] MARKUS sê: “Ja, hemelse vriend, jou manier om die spyse uiters vinnig op die tafels te plaas, sou natuurlik baie voordelig wees - want ondanks die hulp van die dienaars van Cirénius, sou dit tog nog wel lank duur voordat die voedsel vir soveel mense op die tafels geplaas is; maar daar is hier `n ander haakplek! Daar is nog glad nie voldoende voedsel klaar voorberei nie! As jou boaardse bedrewenheid iets daaraan kan doen, dan sou dit op hierdie oomblik goed te pas kom; anders sal dit nog wel `n goeie halfuur duur voordat alles gereed sal wees om opgedien te word!"

[4] Heel gemoedelik sê RAFAEL aan Markus: “Dit dink ek immers ook: Om so vinnig moontlik alles voor te berei en net so gou die tafels van die passende spyse en drank te voorsien! Ek sê jou, mens hoef net die wil te hê, dan werk alles! As jy wil, kos dit my maar net `n baie kort oomblik en dan staan alle spyse ook al op die beste voorberei voor die gaste op die tafels!"

[5] MARKUS sê: “Dit sou alles goed wees, maar dan sal die mense dink dat dit hemelse toordery is en miskien `n heel verklaarbare angs vir die spyse kry en dit nouliks waag om dit te geniet, - veral die More, wat hier in elk geval so op alles let, dat niks hulle beslis ontgaan nie!"

[6] RAFAEL sê: “O, dit maak juis vir hulle die minste saak; want hulle is alreeds gewoond aan die wonderbaarlike! Dit is ook al laat en die Heer sal waarskynlik van plan wees om iets belangriks na die maaltyd te doen, wat net Hy alleen kan weet. Daarom is dit beslis beter dat ons dit op my geestelike, vinnige manier doen en niemand sal daaraan aanstoot neem nie! Terselfdertyd is dit die laaste middagete wat die Heer hier nuttig en daarom kan dit heeltemal geen kwaad doen wanneer dit `n bietjie wonderbaarlik daar uitsien nie! Het jy nie ook dieselfde mening nie?"

[7] MARKUS sê: “Heeltemal, want jy, as gees uit die hemele, sal wel beter as ek weet en verstaan wat hier passender en voordeliger sal wees! Handel jy daarom nou maar heeltemal volgens jou goeddunke!"

[8] Nadat Markus dit aan RafaEL gesê het, het beide hulle na die kombuis begewe, waar die vrou van Markus, sy dogters en seuns en nog `n aantal dienaars van Cirénius soos gewoonlik die hande vol gehad het en nogtans was die maaltyd vir die talle gaste tog nog maar nouliks halfpad voorberei.

[9] MARKUS sê: “O, dit sal nog wel `n uur duur voor alles klaar voorberei sal wees!”

[10] Sy VROU sê: “Ja, my liewe eggenoot, ons beide kan geen wonderwerke verrig nie en ons kan dit nie oorhaastig doen nie. Daarom geld dit dat jy geduldig moet wag totdat jy alles kan gereedmaak!"

[11] MARKUS sê: “Weet jy wat, laat jy en jou dogters nou die kook en braai maar staan; RafaEL sal as `n regte vinnige kok spoedig met alles klaar wees!'"

[12] Die VROU sê: “Dit sou wel goed wees, want almal is alreeds behoorlik moeg van die baie werk!"

[13] Toe het alle kokke en kooksters teruggestaan en RAFAEL sê: “Nou kan julle ook na julle tafel gaan! Alles is alreeds opgedis op die tafels en alle gaste het alreeds begin om te eet. Kom, ou Markus en gaan sit jy as my medewerker langs my aan tafel en eet nou eers wat my kombuis verskaf en beoordeel of ek ook kan kook! Jou vrou en jou kinders en die kokke van Cirénius sit alreeds aan `n eie tafel voor die huis, wat ryklik voorsien is van dieselfde spyse en drank."

[14] Almal het nou uit die kombuis uitgegaan en toe hulle aan die tafels die honderde gaste sien eet en drink, sê MARKUS heel verbaas oor hierdie verskynsel: “Ja, hoe is dit dan nou moontlik? Jy was tog immers geen oomblik van my af weg gewees nie en alle tafels is vol en dit, soos mens sien, in groot oorvloed! Jy kon geen enkele gereg voorberei en nog minder opgedien het nie! Ek vra jou, sê my tog eers iets van die manier waarop jy dit gedoen het, want waarlik, alles begryp ek eerder as jou uiters onbegryplike snelheid, veral by dade wat op hierdie aarde tog noodwendig gebonde is aan `n bepaalde orde van tyd en ruimte! Ek vra jou nogmaals om my net `n klein wenk te gee oor die manier waarop jy die spyse voorberei het en waar jy hulle vandaan gehaal het! Want van die voedsel wat halfklaar in my kombuis staan, het niks op al hierdie tafels gekom nie, want ek het dit daar juis nou nog in alle rus en wagtend op hulle bestemming sien staan!”

[15] RAFAEL sê: “Dan het jy nie goed genoeg gekyk nie, want jou hele voorraad is op! Kyk maar of dit nie so is nie!”

[16] MARKUS het vinnig gaan kyk en sy kombuis en voorraadkamer heeltemal leeg gevind. Nou het hy nog baie meer verbaas na buite gekom en gesê: “O, vriend, op die manier is dit met jou werklik nie meer uit te hou nie! Waarlik, ek sal vir drie dae lank nie `n enkele hap eet as jy my nie enige wenk gee oor die manier waarop jy dit gedoen het nie!"

[17] RAFAEL sê: “Laat ons nou ook aan tafel gaan; daar sal ons met mekaar `n paar woorde daaroor praat!”

[18] Daarop het Markus hom saam met RafaEL na ons tafel begewe, waar alles alreeds werklik lewendig daaraan toe gegaan het. RafaEL het dadelik begin inskep en het ook aan Markus `n mooi vis voorgesit en daarop aangedring dat hy dit eet. Markus het hom weliswaar herinner aan die verduideliking oor die snelkokery en die vinnige bediening, maar RAFAEL sê heel vriendelik: “Liewe vriend, eet en drink nou! As ons beide ons liggaam weer na behore versterk het deur die geseënde spyse en die geseënde drank, sal ons ook enkele woorde met mekaar oor my snelkokery en snelbedienery gesels!”

[19] Markus het RafaEL nou tog gehoorsaam en geëet en gedrink dat dit `n vreugde was om te aanskou.


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205