Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 133

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die houding van God se kinders teenoor politieke staatswette

133 Hier sê ROCLUS: 'Ja Heer, hoe sit dit dan met die politieke wette van die staat, hoe moet `n mens hom daarby hou? `n Mens moet homself tog hiervolgens rig, ook al het `n mens nog so `n meester oor homself geword? Of kan `n mens ook met hierdie wette so omgaan soos met die van die groot profeet Moses?"

[2] EK sê: 'Maar vriend, hoe kan mens verordeninge van `n staat wette noem? Wette is immers slegs die bekendgemaakte wil van God; staatswette is tog maar net die hoogste veranderlike wil van `n mens en dit kan nooit op iets anders betrekking hê as op baie uiterlike en materiële sake wat die liggaamlike lewe aangaan. As hulle goed is, sal jy hulle ook goedkeur en aanvaar met jou vrye wil, en as dit die geval is, is jy ook al meester van die staatswette en dan kan jy daardeur nie meer in `n oordeel kom nie. As hulle egter sleg is, is jy vry om jou daarvan los te maak en êrens anders heen te gaan waar wyser wette is, of om die wetgewer sagmoedig te wys op die gebreke van sommige wette en hom korrekte en goeie raad te gee. Neem hy die raad aan, dan is dit goed om te bly; maar neem hy die raad in sy heersershoogmoed nie aan nie, trek dan weg! Want die aarde is groot en het talle lande, volke, ryke, konings en vorste.

[3] As julle eenmaal suiwer is in julle innerlike, dan sal alles ook vir julle suiwer wees; want vir `n suiwer persoon is alle dinge suiwer, omdat hy die grond van alles kan sien, wat wil sê: Vir die siende is alles oordag verlig en vir diegene wat skerp kan sien, is selfs die nag nie sonder lig nie, terwyl vir `n blinde alles duister is en die dag by hom nie die voorkeur geniet bo die nag nie.

[4] Wie hom in sy innerlike dus eenmaal in die volledige orde bevind, is ook meester oor alle wanorde wat ook maar êrens ter wêreld kan voorkom. En omdat hy dit is en in homself nie meer in wanorde kan raak nie, wil en kan hy feitlik ook goed in elke politieke samelewing lewe, hoe dit ookal sal wees; hy sien immers duidelik watter weg hy moet gaan.

[5] Ek Self is nou tog ook op hierdie aarde en skik my, wat My uiterlike persoon aanbetref, volgens die voorgeskrewe orde van die Romeinse keiser en kom nooit daarteen in opstand nie, ook nie skynbaar nie! Verloor Ek daardeur dalk iets van die orde in My innerlike Elohimwese? Absoluut nie, Ek IS wat Ek IS, onveranderd, en My raad word ook deur diegene aangeneem wat die mag van die heerser in die hande het, en daarom is Ek Heer en Majesteit oor hulle en niemand vra My nie: 'Heer, hoe doen U dit?'

[6] Glo My, iemand wat waaragtig meester geword het oor homself, kan ook maklik meester word oor `n hele volk; en niemand sal vir hom sê nie: 'Vriend, hoe kan jy dit doen?' Want die mense maak hom self tot so iemand, deurdat hulle in groter getalle na hom toe kom en hom raadpleeg. En wat is `n wyse raadgewer anders as `n wyse wetgewer? En wie wette gee, sal tog ook meester wees oor diegene wat van hom die wette gekry het! Is Ouran, Mathaël, My edele vriend Cyrenius hier, Cornelius, Festus en Julius, dalk geen maghebbers en gebieders nie, terwyl hulle tog wette van My aanvaar het en My hul Heer noem? Waarom doen hulle dit dan? Omdat hulle die waarheid en die krag en mag daarvan aan My meer as duidelik leer ken het! Wat Ek nou egter spreek en doen, dit en nog baie meer en groter dinge sal ook julle binnekort reeds doen; daarom sal julle, dit kan nie anders nie, ook op die hele aarde dieselfde werking veroorsaak.

[7] Natuurlik is daar ook die vasberade moed daarvoor nodig, wat geen vrees het vir die dood van die liggaam nie; maar waarom sou iemand ook daarvoor bang wees, as dit vir hom uiters duidelik is dat hy die ewige lewe in hom dra en volkome meester geword het oor die lewe in homself en daarom ook baie goed moet weet, dat ten eerste diegene wat wel sy liggaam kon dood, aan die siel en haar ewige lewensgees absoluut geen skade meer kan toebring nie, en dat ten tweede die siel met die wegval van die swaar liggaam vir ewig `n onuitspreeklike wins ten deel sal val, waar alle skatte van hierdie aarde ewiglik nooit teen sou kon opweeg nie!

[8] Wie dit egter in homself in die hoogste en diepste oerhelderheid van die lewe sien, wel, hy kan tog geen vrees hê vir die dood van die liggaam nie?! En as dit wel nog so sou wees, dan lyk hy duidelik soos `n dwaas, wat wil huil omdat mens hom van `n dwangbuis bevry en hom in die plek daarvan die kleed van die hoogste en mees ongedwonge vryheid en helderheid van die ewige lewe aangebied het! So-iets is egter ondenkbaar en daarom sal dit julle op die regte oomblik ook beslis nie aan die nodige moed ontbreek nie.

[9] Kyk veral daarna om meester te word oor jouself, dan sal jy ook meester wees oor alle wette en elke oordeel, en vry wees van elke vloek van die een of ander wêreldse wet!

[10] Julle moet met vol insette daarna strewe, sodat diegene wat deur julle die innerlike orde van die lewe leer ken het, ook so word wat julle self geword het, dan sal hulle julle ware broers en vriende word en geen ander wette meer gee nie, omdat hulle net soos julle sal insien dat die innerlike lewenswet alle ander wette oorbodig en volledig onbruikbaar maak'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205