Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 196

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die geldsug van Judas. Die voordele van nagtelike rus op ligstoele

196 ASIONA en HIRAM sê: 'Ons albei is nou sover dat ons glo dat veral U `n halwe God is en hierdie jong man (Johannes) ook; die ander het ons weliswaar niks laat merk van hul goddelike eienskappe nie, maar hulle sal seker ook so-iets wees, omdat hulle by julle twee hoort! Slegs die een daar met `n taamlik donker voorkoms, het nog `n sterk menslike uiterlike en sal in julle geselskap maar net `n ietwat beter mens wees, omdat ons vroeër gemerk het toe die vyandelike skip die oewer nader, dat hy baie besorg sy beurs met geld haastig onder sy onderkleed probeer verberg het; want gode het die aardse vuilheid nie nodig nie?'

[2] Enkele leerlinge begin byna te lag en THOMAS klop Judas Iskariot nou flink op sy skouer en sê: 'Goed geskiet, herder! Jou pyle tref presies die doel! Dit was nou eers `n skoot op die korrekte oomblik! Ek sou jou graag hardop wou tereggewys, vanweë jou verlangende blik na die skip en die rotswand daar; maar ek dink toe by myself: 'Miskien doen iemand anders dit wel!' En inderdaad, ek het my in my vurige verwagting nie vergis nie! Kyk, jy kon jou daarstraks maklik deur `n aardige beer na die rotswand laat dra het! As jy toevallig nie tesame met die ander deur die egte Indiese fynproewers saam opgeëet was nie, kon jy jou môrevroeg mooitjies al die aanwesige kosbaarhede toe-eien! Maar nou sien dit wel `n bietjie bedenklik daaruit!

[3] Wel, omdat jy jou duite by die naderende gevaar onder jou onderkleed na veiligheid gebring het, is jy in elke geval te prys as `n goeie opsigter en ekonoom! Maar weet jy, met die heimlike insameling soos wat jy dit in Kis gedoen het, jy weet wel, in die groot hof, en by Markus, by die tente van Ouran, sal jy hier niks bereik nie! Nee, tydens hierdie geleentheid het dit vir jou, arme man, werklik nie voor die wind gegaan nie! As ek jy was, het ek die geselskap al lankal die rug toegekeer!"

[4] Hierop weet Judas Iskariot eintlik nie wat om terug te sê nie en hy bloos rustig en sê niks; want hy het deur My onverbiddelike bestraffing van die woestelinge groot vrees vir My gekry. Spoedig hierna gaan hy op die gras lê en slaap.

[5] Hierna sê HIRAM: 'Ja, ja, nou eers het ek die man egter goed bekyk! Hy is dieselfde wat ek in my aan julle bekende ligdroom as baie donker en sonder enige lig gesien het; U, Heer en Opperwese, was die stralendste! Maar sê my nou, hemelse vriende, ken julle dan geen slaap en moegheid op die manier soos wat ons mense dit ervaar nie? Dan sou ons nou onmiddellik allerlei matte wat ons het, en ander slaapmateriaal kon gaan haal!"

[6] EK sê: 'O, laat dit maar alles staan! `n Mens rus aan hierdie tafel en selfs op hierdie banke, wat van goeie leunings voorsien is, baie goed uit. Ek sê julle selfs vanuit `n liggaamlike mediese oogpunt dat die mense hul liggaamlike lewe met ruim `n derde sou verleng as hulle, in plaas van hul plat slaapplek, goeie rusbanke en russtoele sou maak volgens die voorbeeld wat julle hier sien! Want met die plat beddens ondergaan die bloedtoestand en bloedsomloop `n te sterk verandering vanaf dag tot nag, waardeur allerlei hindernisse en veranderinge in die verterings- en voedingsorgane vroegtydig intree. Maar as `n mens snags op hierdie manier rus, sal alles vir baie jare heel goed in orde bly.

[7] Abraham, Isak en Jakob het slegs op bepaalde rus- en leunstoele geslaap, hulle ken geen plat bed nie en het daarom, terwyl hulle ook vir die res sober geleef het, elkeen `n baie hoë leeftyd bereik met behoud van hul volledige sielskrag; maar toe die mense later nie meer hierna opgelet het nie, was hul leeftyd met meer as die helfte van die jare verkort.

[8] Die mees nadeligste is vir swanger vroue om plat te lê; want ten eerste word die kinders in die moederliggaam reeds daardeur vervorm en verswak, en ten tweede word hul moeilike en dikwels baie verkeerde bevalling meestal juis deur plat beddens veroorsaak. Dit word aan julle uit die oogpunt van liggaamlike gesondheid gesê! Wie hom hiervolgens sal rig, sal die liggaamlike goeie gevolge daarvan bespeur.

[9] Verder moet julle gedurende somers, as dit moontlik is, ook meer buite as in die vertrek en bedompige hutte, julle nagrus geniet, die goeie gevolge hiervan sal julle spoedig waarneem! Slegs gedurende winters kan `n mens matig verwarmde, maar altyd skoon en droë vertrekke gebruik. Wie dus volgens die oorspronklike orde en verder wat spys en drank betref, sober leef, sal weinig met artse en aptekers te make hê."

[10] HIRAM en ASIONA sê: 'O ware, goddelike Heer en Leraar van die lewe, ook hiervoor is ons U `n waaragtig nimmereindigende dank verskuldig, en ons sal hierdie buitengewone wyse raad van U ook met krag en insig in praktyk bring!"

[11] HIRAM sê: 'Ek sou vir my nog hierby wou toevoeg: Die Heer van alle lewe moet immers die beste kan insien wat vir alle lewe die beste is! Maar omdat die allereerste mense tog ook op hierdie aarde bestaan het, vra ek my af hoe hulle dan in natuurlike opsig geleef het!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205