Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 241

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die verblyf van Die Heer in Jesaira, en die besoek aan Petrus se vissershut by Kapernaum

241 Die man hoor dit, en was buitengewoon bly dat Ek besluit het om by hom onderdak te neem. Hy berei `n aandete voor en was baie vriendelik met ons, asook sy hele huis. Maar hy raai ons af om na Jerusalem te gaan; want hy was onlangs daar gewees, vanweë die handel, en het maar al te duidelik verneem watter onversoenlike haat die Fariseërs veral teen My het.

[2] Maar EK sê: “Vriend, Ek ken hul mees geheime gedagtes! En wat hulle My wil en ook nog sal aandoen weet Ek ook presies. Maar ook al sal hulle My doodmaak, dit sal hulle niks help nie; want na drie dae sal Ek die dood oorwin en opstaan en weer by Myne wees tot aan die einde van die wêreld! Maar nou niks meer hieroor nie; gee ons `n goeie slaapplek vir die nag, dan gaan ons slaap, want ons ledemate het baie moeg geword!”

[3] Die gasheer doen dit dadelik en ons begeef ons ter ruste. Ons het baie gou aan die slaap geraak en die hele nag geslaap en was voor sonsopgang alweer op die been. En ons gasheer het ook sy hele huis aan die werk gesit en vir ons `n oggendete laat klaarmaak. Nadat ons dit genuttig het, vra die leerlinge My wat ons nou verder te doen staan. 

[4] En EK sê: “Ons reis nou verder; want hier is nie baie te doen nie!”

[5] Toe vra die gasheer: “Ek sou juis dink dat hier baie te doen is; want in hierdie plek woon tog `n groot aantal mense!”

[6] EK sê: “Dit is wel waar; maar dit is grotendeels suiwer handelslui en die het of weinig, of heeltemal geen belangstelling in ons nie. Daarom sal ons êrens anders heengaan, waar nie soveel handelslui en wisselaars is nie.”

[7] Hierna staan Ek met My leerlinge op en ons begeef ons op die skip en vaar gou weg. Teen die middel van die dag kom ons, hierdie keer na `n enigsins langsame tog, langs die oewer in ons ou Jesaira aan. Toe die mense ons hier sien, loop hulle ons in skares tegemoet en vra My om hulle siekes te genees.

[8] Maar EK sê: “Ek het nie net gekom om julle siekes te genees nie, maar veeleer om aan julle te verkondig dat God se ryk naby julle gekom het, soos wat Ek dit nie so lank gelede al gedoen het; maar toe het julle nie soveel aandag daarvoor gehad nie, omdat julle My van Násaret ken, en nou verwag julle heeltemal niks vandaar nie! Daarom bly Ek ook nie by julle en genees Ek ook nie julle siekes nie! Gaan na julle artse, die sal wel raad weet met julle siekes!”

[9] Sommiges word boos daaroor, maar ander bly en vra My voortdurend om hul siekes te genees.

[10] Maar EK sê: “Goed dan, wie van julle glo dat Ek die beloofde Messias is, moet hulle siekes in My Naam die hande oplê, dan sal dit met hulle beter gaan, met watter kwaal hulle ook behep is!”

[11] Toe skree baie: “Ons glo, ons glo!”

[12] Daarop verlaat hulle haastig die oewer en hardloop na hul siekes, waarvan daar sommiges onmiddellik fiks en gesond word. Maar diegene wat nie eg in hul hart geglo het nie, het hul siekes tevergeefs die hande opgelê en loop weer na die oewer om met My oorleg te pleeg waaraan dit ontbreek, omdat hul nie slaag waarmee tog enkele van hul bure wel mee geslaag het nie. Ek was egter nie meer ter plaatse nie, maar al ver weg en wel na `n plek waar Petrus sy vissershut gehad het, nie ver van Kapernaum nie.

[13] Daar bly ons `n paar dae en rus `n bietjie uit van ons vermoeienis en help die familie van Petrus met die visse. Hier laat ons ook die skip agter, en reis toe te voet verder deur Galilea en besoek `n groot aantal plekke, dorpe en gehuggies. Ek en die leerlinge verkondig die evangelie en vind dikwels `n goeie gehoor, maar ook talle teenstanders. Want op hierdie reis het Ek weinig wonderwerke gedoen, omdat daar te min geloof daarvoor was. Oor die algemeen was daar in die noordelike deel van Galilea toentertyd te veel Grieke en Romeine, en `n groot aantal towenaars, en towenaars trek steeds daardeur en doen hulle werk daar; daarom sê wonderwerke daar ook nie baie nie en dit staan ook nie in hoë aansien nie. Dit was daarom intussen beter om hier maar net die goeie saad uit te strooi, dit te laat opkom, en daar eers `n jaar later weer daarheen te gaan om verder daarvoor te sorg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205