Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die vrugte van die nag en die vrugte van die geestelike lig

47 ROCLUS sê: “Dit sou `n uiters wanhopige toestand wees, veral vir `n siende arts! Dit sou immers duisend keer beter wees om heeltemal nie te bestaan nie, as om soos `n siende onder die blindes te lewe wat vol wantroue, eiedunk en hoogmoed is! Maar jy het gelyk, my liewe, baie wyse jongeling! In die wêreld is dit nou eenmaal so en nie anders nie; daarom is dit volgens my mening beter om die blindes te verlaat en elke konflik met hulle soveel moontlik te vermy. Verloor hulle daardeur elke siende leier, dan moet hulle uiteindelik almal na `n kort of bietjie langer tyd aan die rand van `n afgrond kom wat hulle almal, dit kan nie anders nie, moet verslind. Hul einde is weliswaar treurig, maar verseker en niemand kan hulle daarvoor bewaar nie!”

[2] RAFAEL sê: “Hierdie keer het jy `n baie goeie oordeel uitgespreek en sien, so handel die Heer altyd vanuit Sy orde ook met die mense! Wanneer een of ander groep mense, of ook `n hele volk, vry- en kwaadwillig die waarheid en die lig uit die hemele vyandiggesind word, laat die Heer dit ook toe dat so `n volk in `n volslae donker lewensnag oorgaan. Hierin begaan hulle dan alreeds spoedig die een ten hemel skreiende domheid na die ander en gee daardeur aan almal, wat ook maar `n bietjie kan sien, hulle eie kwaadaardige blindheid en leuen duidelik te kenne in alles wat hulle wil, nastreef en doen. So `n ongeneeslike volk moet dan uiteindelik wel aan die rand van `n afgrond kom en dit sal hulle sonder enige barmhartigheid en mededoë verslind. Die siende mense egter sal in aantal toeneem en met hul lig sal hulle die aardbodem seën, - geestelik en liggaamlik.

[3] Maar die Heer laat `n volk, solank hulle nog maar net `n baie swak skynsel van die ware lig besit, sekerlik nie aan die rand van die afgrond kom nie, omdat daar in die skynsel tog nog `n besef aanwesig is wat hulle teen verderwing waarsku.

[4] Maar wanneer daar by `n volk eenmaal `n behoorlike haat teen die Lig van die Waarheid ingetree het en die volk en sy priesters die siende mense op alle moontlike maniere vyandelik begin bejeën en vervolg, soos wat nou alreeds sedert lankal by die Judeërs die geval is, dan hou die geduld van die Heer ook op en so `n volk ontkom nooit weer sy ondergang nie.

[5] En by so `n volk kom die Heer dan vanuit die hemele Self na die aarde, waar Hy `n oordeel hou oor die slegte, blinde kwaaddoeners, soos wat dit ook nou, op hierdie oomblik, op aarde die geval is en weliswaar in die mooi land van die Judeërs, vroeër God se volk, die geval is!

[6] Die Heer sal nou egter nog die klein aantal getroue en siende mense om Hom heen versamel en aan hulle `n volle lig uit die hemele gee; maar langs hierdie lig sal alles wat geen lig het nie, nie kan bestaan nie, maar gedryf word na die werklike rand van die onvermydelike afgrond. Daar hoef jy vir die siende mense met geen enkele bedrieglike wonderwerk meer aan te kom nie, maar alleenlik met `n wonderwerk wat heeltemal waaragtig voortkom uit God se krag, wat Hy in die hart van elke mens wat die waarheid sien, geplaas het.

[7] Want soos wat `n valse en blinde geloof, wat eintlik `n bygeloof is, maar al te gou as sodanig herken word aan allerlei leuens, bedrieglike dade en `n steeds toenemende liefdeloosheid, so is ook `n ware, lewende geloof as sodanig te herken aan die volle waarheid in alle dinge, sonder enige terughoudendheid, en deur `n voortdurende toename van die liefde onder die mense en tot God en vanuit hierdie waarheid en liefde in die Goddelike krag en mag, wat God in die hart van elke mens, wat die waarheid sien, geplaas het.

[8] Watter nut het al die geheime kuns en wetenskap dan vir die mens, as selfs die siende mossies, die waarheidsprekers, uiteindelik die valse profeet vanaf die dakke toeroep: “Jy is maar net `n egoïstiese, vreeslike bedrieër en doen jou wonderwerke sus en so voor die blindes! Maar die ware, siende kinders van God kan jy nooit bedrieg nie; want hulle is tot iets anders in staat vanuit die Goddelike krag in hul hart wat die gees van die ewige liefde is en hulle sien uiters noukeurig deur jou ellendige knoeiwerk en jou bose opset. Pak daarom jou ou bedrieglike middele bymekaar en sorg dat jy `n siende mens word in die ware krag van God, - of soos ons mossies, waarheidsprekers, sal jou nog beroof van die bietjie lig wat jy besit!” Sê eers! Sou jy die waarheidsprekers dit kon kwalik neem? Die ergste wat `n bedrieër kan oorkom is sekerlik dat mens hom tegemoet stap met die volle lig van die waarheid; maar tog moet hy dit uiteindelik goedskiks of kwaadwillig erken!

[9] Kyk eers hier na die duidelike wonderwerk wat voortgekom het uit die ware krag van God! Jy is `n Esseen en daarby ook nog `n vooraanstaande magiër van hierdie orde. Jy maak dooies lewend, die maan haal jy byna voor die neus van die geestelik blinde, verbaasde toeskouers na benede, jy laat bome, gras, water, rotse en mure praat. Wat sou jy daaroor sê as hierdie mensewaarheidsprekers van alle rasse en klasse jou nou heel luid sou begin vertel hoe jy en jou handlangers, wanneer julle dienstyd julle na die klooster roep, julle dooies opwek en julle bome, gras, water, rotse en mure laat praat en as hulle dan `n dooie na jou toe sou bring en jou dringend sou versoek om hom in die lewe terug te roep? Wat sou jou suiwer rede en jou skerp verstand daarop te sê hê?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205