Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 117

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die ken van Jesus as God as voorwaarde vir die ware liefde tot God

117 EK sê: 'Sekerlik, want wie in My liefde is, is in alles wat van My uitgaan! Maar heeltemal net vanuit My liefde sal jy My wel moeilik as Hom herken Wie Ek is! Want kyk, jy kan ook baie hou van jou vrou en omgekeerd, jou vrou ook van jou; maar daarom sal jy vir jou vrou geen God wees nie en nog jou vrou vir jou!

[2] As jy My maar net liefhet as `n suiwer, en ook baie goeie en verstandige mens en Ek jou ewe-eens, dan kan ons eons jare met mekaar omgaan, maar dan sal jy My ewemin as `n God herken en begroet as Ek vir jou, omdat jy sekerlik geen God, maar slegs `n skepsel van Hom is.

[3] Wil jy My egter as dit herken, wat Ek IS soos wat Ek hier voor jou staan, dan moet Ek My aan jou as sodanig kenbaar maak deur woorde, spraak en dade. En as jy My daardeur waaragtig leer ken het, en deur My Mag en My Wysheid leer insien dat Ek kennelik meer is as `n suiwer goeie en verstandige mens, dan eers sal jou hart deemoedig voor My in die stof sink en eers in hierdie teregte deemoed egter volop in liefde tot My ontbrand; en daarin sal jy dan eers getrou en waar die lewende rede vind om My, jou God en Skepper, bo alles lief te hê. En wat vir jou geld, geld ook vir elke ander mens.

[4] Wie My nie as God herken nie, kan My ook nie as `n God waaragtig bo alles liefhê nie! Maar sou jy My ooit as God herken het, as jy net suiwer menslike handelinge en dade en woorde van My waargeneem het? Sekerlik nie! En sou jou liefde vir My so magtig geword het, as jy niks goddelik aan My ontdek het nie?! As Ek jou egter maar net benader het met alle liefde en toegeneentheid, soos wat `n bruidegom vir sy bruid doen, dan sou jy nooit kon ervaar dat die Gees van die Allerhoogste God in My woon en werk in raad, woord en daad nie; My Wysheid en My Mag het dit eers aan jou te kenne gegee, en daarom is dit nie heeltemal korrek wanneer jy die grootheid van My Mag en Wysheid `n verskriklike vuursee noem nie, en van mening is dat die mense nooit iets daarmee te doene moet hê nie. Juis die teendeel is waar!

[5] Die mense moet met groot honger My ryk in alles en bo alles soek, en hulle moet as My toekomstige kinders steeds meer tuis raak in die groot huis van hul Vader, op elke gebied en in elke opsig. Daardeur sal hulle dan ook vol deemoed in die ware liefde groei, en hulle sal daardeur `n steeds groter van liefde vervulde vreugde hê aan die Vader, en die Vader ook aan hulle.

[6] As die mense hulle so sal gedra en `n ware lewe sal lei in en deur My Wysheid, Liefde en Mag, dan sal hulle ook heeltemal dit wees wat hulle almal in wese moet wees. Eers daardeur sal hulle as My ware kinders self volmaak word soos wat Ekself is, en dan sal hulle My goddelike Wysheid, Mag en Grootheid nooit meer `n verskriklike vuursee vind nie. Ek dink dat dit vir jou nou ook duidelik sal wees!

[7] Maar Ek voeg vir julle almal daaraan toe dat julle almal voorlopig nie die volk alles moet leer wat Ek julle nou verduidelik het nie. Leer hulle veral om God te ken en `n lewende geloof in Hom te hê en Hom bo alles lief te hê! Al die ander sal die Gees aan hulle, na gelang van hulle behoefte, self onthul."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205