Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 76

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die vryheid van die menslike wil

76 ROCLUS sê: “Ja, Majesteit en Heer oor alle dinge, as ons maar net wonderwerke kan doen wat net U wil, en dan nog alles binne U geheel aan die wêreld ten grondslag lêende natuurlike, ewige orde, dan dien ons eie vrye wil immers nêrens meer nie, en met die hier en daar verrigting van die hoognodige wonderwerke as die beste en kragtigste bewys vir die mag en die krag van U Naam sal dit op aarde dan baie maer daaruit sien!

[2] Die wonderwerke van U wil gebeur tog al dag in dag uit, of ons dit nou ook wil of nie, en ons wil is teenoor die van U altyd soos `n leë hol noot. Die son, die maan en die sterre gaan op en onder sonder ons wil; en so word ook die aarde groen en bring haar vrugte voort; en die wolke trek verby, en die winde speel met die golwe van die see; en dit word winter en somer, en die tye gaan verby en kom nooit meer terug nie, alles heeltemal sonder ons wil! Of ons dit nou ook wil of nie, dit maak nie saak nie! Maar hoe is dit dan met die dikwels ook noodsaaklike, uitsonderlike wonderwerke?"

[3] EK sê: “Ja, beste Roclus, dit is nog altyd `n bietjie moeilik om met jou te praat, omdat jou gemoed nog te veel aardse opvattings en sienswyses bevat!

[4] Kyk, wie sy hande aan die ploeg slaan en daarby agterom kyk, is nog nie geskik vir die ryk van God nie! Dink jy dalk dat God in Sy volmaak heldere denke en wil ook so eenvormig en eentonig is soos die starre ys van die Noorde?

[5] O mens, leer God en Sy Almagtige wil eers goed ken, dan sal jy ook goed kan insien of iemand, wie se hart vol is van God se Gees, in ooreenstemming met die ewige wil van God niks anders meer kan wil en doen as maar net stom en geduldig die een dag na die ander te laat ontstaan en te laat vergaan en geluksalig toe te sien hoedat die verskillende plante groei en bloei en dan weer verdor nie!

[6] As God, wat die mens aanbetref, maar net daarmee te doen gehad het, dan hoef Hy hul nooit `n eie wil te gegee het nie, dan het Hy hulle slegs as poliepagtige seediere, weliswaar in menslike vorm, soos paddastoele uit die grond laat groei, met wortels wat in die grond vassit om vog en voedsel op te neem; dan het hulle dag en nag toegekyk hoe die sterre volgens God se wil skynbaar op en ondergaan en hoe mooi die gras om hulle heen groei! Om vry te kan beweeg en van plek te kan verander, sou vir hulle heeltemal nie nodig gewees het nie; want hulle sou immers tog geen vrye wil gehad het nie, en die steeds eenders en stereotipe wil van God sou as onbeweeglike beelde nog baie beter deur hulle kon heengaan en heers, as wat `n mens dit kan met sy wil, hoe vroom en ootmoedig hy ookal is!

[7] Want `n mens, wat dan tog altyd nog `n eie wil het en hom vry kan beweeg, kan immers tog nog met al sy gevoel vir skoonheid nooit op die gedagte kom om enkele treë oor `n mooi stuk grond, wat met gras begroei is, te loop nie; en dan is dit onvermydelik dat hy die gras, wat volgens die wil en die ewige orde van God regop groei en staan, teen die grond druk en bowendien nog enkele blaarmyte, voordat dit hulle tyd is om hulle lewenslig uit te blaas! Kry jy nou `n effense idee hoe dwaas jou besorgdheid is?

[8] En bedink dan eers dat die mens met `n vrye wil vir sy liggaamlike voedsel nie slegs allerlei glansryke vrugte wat vol vrugsaadjies sit met sy tande uitmaal en dit dan as voedsel vir sy liggaam genadeloos en sonder ekskuus verslind nie, maar dat hy hom selfs aan allerlei diere vergryp, doodmaak, en uiteindelik ook hul gebraaide vleis met ware gulsigheid verorber. Hier en daar soek hy uitgestrekte vlaktes uit, waar vroeër gedurende talle duisende jare die mooiste gras, ander heilsame kruie, struike en bome in die mooiste en mees ongestoorde orde van God gegroei het, en bou dan dooie huise en stede daarop. Ja, vriend, kan dit volgens die orde van God, soos wat jy jou dit voorstel, wel korrek wees?

[9] Of as jy jou, in die loop van die tyd lank geworde naels, baard en hare korter maak, handel jy dan nie in stryd met God se orde nie, volgens wie se stereotipe wil naels, baard en hare steeds weer aangroei en nie so kort wil bly soos jy hulle met jou skêr voorgeskryf het nie?

[10] As God nou absoluut nie wil dat `n wese, wat `n vrye denke en `n vrye wil het, in stryd met die stereotipe van Sy skeppingswil handel en op vernietigende wyse sowel op groot as op klein skaal ingryp teen die bestaande, altyd onveranderlike orde, sou Hy dan wel wys gehandel het toe Hy vir Homself wesens geskep het wat, net terwille van hul bestaan al genoodsaak is om allerlei vernietigende vergrype te verrig teen die orde van die oerskepping, wat tog ook `n werk van die almagtige en hoogs wyse God is?!

[11] Maar as God, die Heer en Skepper van alle dinge en wesens, dit toelaat dat die lewende wesens, en by name die vry denkende mense wat `n vrye wil gekry het, Sy bosse verwoes, bome omkap, hutte en huise daarvan bou en die grootste deel daarvan verbrand, Sy mooi gras vertrap, afmaai en as voer aan die koeie, osse, esels, skape en bokke gee, en as God dan niemand op sy vingers tik by tallose ander vergrype teen Sy stereotipe orde nie, hoeveel onwaarskynliker is dit dan dat Hy Hom met Sy almagtige wil sal versit as dit daarom gaan om die baie klein wilsvryheid van die mens te ontwikkel tot die grootste goddelike vrye wil!

[12] Het jy dan nie gesien hoe hierdie jongeling nou net, wat waarlik ook net `n skepsel van God is, die klip in goud verander het nie, wat teen die stereotipe van die oergoddelike wil in gebeur? Het iemand hom ter verantwoording geroep omdat hy so `n enorme vergryp gedoen het in die basisorde van God? Inteendeel, dit is slegs teweeg gebring deur die goddelike wil, verenig met die van die jongeling!

[13] As jy jou hou by die eenvoudige gebod van God en God waaragtig bo alles liefhet, dan word jy tog immers steeds meer één met die wete en wil van God. Op die manier word jy wyser en wyser en in dieselfde mate ook magtiger, en so kry jy ook steeds meer insig in jou wil. Jou innerlike goddelike lig sal tot `n alsiendheid verhef word, waardeur jy in die origens nog bestaande lewensduisternis die werksame lewenskragte nie net sal voel nie, maar ook sal sien; en deurdat jy die volmaakte vrye wil van God in jou het, sal jy dit ook daartoe kan bring om op een of ander manier aktief te word. Juis omdat jy die tallose kragte, wat voortdurend van God uitgaan, elkeen op sigself en individueel herken en deursien, kry jy as besitter van die goddelike wil, opvattings daaroor, en kan jy hulle ook bestem en bondel vir `n wyse handeling en `n wyse doel. Hulle sal dan ook dadelik so in aksie kom asof God hulle direk Self vir `n bepaalde aktiwiteit bestem het.

[14] Want alle kragte wat deur die hele oneindigheid van God uitstroom, is te vergelyk met tallose arms van één en dieselfde almagtige God, en kan ook onmoontlik op `n ander manier aktief word en aktief wees as enkel en alleen deurdat hulle daartoe aangesit is deur die goddelike wil, omdat hulle waarlik niks anders is as suiwer uitstralings van die goddelike wil nie.

[15] Wanneer die mens dan sy klein wilsvryheid met die eindelose groot goddelike wil verenig, sê My, of jy dan kan dink dat dit moontlik is dat hy maar net `n stom toeskouer sal wees van die suiwer goddelike wil, of dat die mens, wie se wil op die manier so groot en vry geword het, nie in staat sal wees om met so `n goddelike wilsvryheid die een en ander tot stand te bring nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205