Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die kinders van die wêreld en die kinders van God

5 RAFAEL sê: “Sê ek jou dan nie dat dit alles, dit wil sê, alles wat hier stewig gebou is, in duisend jaar nie volledig sal vergaan nie? Net die verskillende vrugtebome, die edelstruike en plante, net soos die vyf skepe sal nie so lank bly bestaan nie; maar die messelwerk sal behoorlik lank, ja baie lank, standhou! Ook selfs na tweeduisend jaar sal daarvan nog spore te vinde wees; maar natuurlik sal niemand dan meer in boaardse bouers van hierdie mure glo nie. Selfs in hierdie tyd sal die naaste bure, wanneer hulle dit alles sal sien, sê dat dit alles deur die aanwesige Romeine gebou is, want baie sterk hande bring ook wonderwerke teweeg! Spreek die wêreldse mense egter nie daaroor aan nie, want as daar in `n land tien maal tien maal honderdduisend mense op die huidige wyse leef, dan sal jy oor die geheel nouliks vyfduisend mense aantref wat dit na talle besprekings redelikerwys van jou sou aanneem en glo. Aan blinde geloof sou jy egter niks hê nie en ons hemelgeeste nog minder. Dit is ook gladnie belangrik of daar baie of weinig mense glo nie; want die Heer het maar net gekom vanweë Sy geringe aantal kinders op die wêreld, en nie vanweë die wêreldse mense nie. En so sal dit bly tot aan die einde van hierdie wêreld en haar tye! 

[2] Wanneer die Heer Hom ook weer sal openbaar op hierdie aarde, hetsy alleenlik deur die Woord of soms in kort oomblikke ook persoonlik, dan sal Hy dit altyd maar net doen aan Sy ware kinders, wat van bo is. Die wêreld en haar kinders sal weinig of niks van Hom merk nie! Vir hulle is die ewigheid lank genoeg om hulle na `n heel ondergeskikte lig te bring.

[3] Glo maar nie dat hierdie hoogste lig uit die hemele ooit alle mense van die aarde sal deurdring nie! Net die ware kinders, altyd `n geringe aantal, sal daarmee suiwer en oorvloedig voorsien word en die wêreldse kinders sal vir hulle alleenlik maar hul afvaltempels en afgodehuise bou en dit met hul ysterwette en blinde dom reëls omhein, maar tog nooit die weinige ware kinders iets kan aandoen nie, want daarvoor sal die Heer altyd baie getrou sorg. Daarom sal onder die wêreldse mense geen Jeremia meer sy klaagliedere aanhef nie! Maar gaan nou na die Heer en bedank Hom vir hierdie groot geskenk!”

[4] Nou kom Markus na My toe en wou My met `n stortvloed van die mees uitgelese woorde begin bedank.

[5] Maar EK sê aan hom: “Bespaar jou tong die moeite, want Ek het die dank van jou hart alreeds verneem en het dit dus nie van jou tong nodig nie! Is elke eerlike gasheer dan nie sy loon werd nie? Jy is ook `n eerlike gasheer en jy het ons onvermoeid byna agt dae lank buitengewoon goed versorg; dit kan ons tog nie vir niks van jou verlang nie! Hierdie herberg sal in jou en jou latere nakomelinge se lewensonderhoud uitstekend voorsien! Maar sorg jy daarvoor dat My Naam op hierdie plek, dit wil sê by jou nakomelinge, vas bly bestaan; want met die verdwyning van My Naam uit hulle harte sou hulle ook weldra al die ander dinge verloor! Wie egter alles in die wêreld sou verloor, maar desnieteenstaande My Naam behou, sal in elk geval niks verloor het nie, maar alles gewen het; maar wie My Naam uit sy hart sou verloor, sal alles verloor - ook al sou hy alle goedere op aarde besit!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205