Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 180

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Wat die siel tydens `n droom sien

180 Hierop sê JOHANNES: 'Sien jy, vriend Asiona, hoe die geestelike al in jou begin te werk? Want jy het jou vriend en buurman Hiram `n volkome korrekte verklaring gegee oor die ligskynsel in sy droomgesig; want dit is inderdaad presies so! In die droom sien slegs die siel geestelik met haar geestelike oë en kan daarom ook slegs die geestelike sien, en daarom het jy ons eers ook maar net geestelik kon sien, ek bedoel nie jy nie, Asiona, maar Hiram."

[2] ASIONA sê: 'Maar Hiram sien nie net die lig nie, maar ook die materie, wat die vorm aanbetref, soos wat dit hier is! Wel, met watter oë sien hy dit dan?"

[3] JOHANNES sê: 'Toe ons vandag, ongeveer drie uur gelede, hier aangekom het, was jy en nog enkele bure van jou daarby; net Hiram was nie daar nie. Toe die middag aanbreek, haas elkeen hom na sy hut vanweë die karige middagete; slegs jy bly om ons te versorg. As Hiram ook by hulle gewees het wat ons hier saam met jou ontvang het, dan sou jy nog vroeër ingesien het hoe mens met die geestelike oë van die siel soms ook materiële vorme kan sien en waarneem. Maar nou moet dit aan jou bietjie vir bietjie duidelik gemaak word; want hier is nou ook die ou gesegde van toepassing, naamlik dat `n boom nog lank nie met één slag val nie."

[4] ASIONA vra: 'Ja, beste wyse vriend, waarom sou ek dit dan eerder ingesien het as Hiram ook by julle aankoms aanwesig was?"

[5] JOHANNES sê: "Ja, weet jy, alles gaan soos wat dit moet gaan! Hiram sou onmiddellik gesien het dat ons dieselfde is as die mense in sy ligdroom, en dan sou ons gesprek seker ook dadelik `n ander wending geneem het en sou die punt seker eerder ter sprake gekom het. Maar nou het dit eers later aan die orde gekom, en daarom kon jy ook om heel natuurlike redes maar eers later agter die geheim kom!"

[6] ASIONA sê: 'Ja, dit is inderdaad iets heel natuurliks; want dit gaan in die wêreld met alles so! Hoe later mens begin met `n werk wat `n bepaalde tyd verg, soveel later is mens ook daarmee klaar?'

[7] JOHANNES sê: 'Maar daar is ook nog sprake van `n ander rede wat jy nou nog nie so gou kan sien nie; maar mettertyd sal ook dit vir jou duidelik word, dit is slegs belangrik dat jy `n bietjie geduldiger is! Want net met geduld kan mens uiteindelik die hele wêreld in en buite homself oorwin"

[8] ASIONA sê: 'Geduld, werklik, dit is nie my swakste kant* nie, want daaraan het dit my altyd flink ontbreek; maar as dit moet, kan ek ook goed geduldig wees?'

[9] Johannes sê: 'Jy wou eintlik sê dat geduld by jou geen sterkte, maar eintlik slegs `n baie swak snaar* is, wat gou en maklik breek, nie waar, my vriend Asiona?"

[10] ASIONA sê: 'Gedugte talekennis moet julle nie by ons soek nie; want ons spreek maar net volgens die ou taalgebruik, en dit is wat die betekenis betref, byna orals anders. Maar omdat jy nou juis van sterk en swak snare gepraat het, sou ek byna kon dink dat julle ook musici en sangers is!"

[11] JOHANNES sê glimlaggend: 'Ja, ja, daarin sou jy wel weer gelyk in kon hê; want musiek en sang is by die Judeërs immers van ouds af die sterkste verteenwoordig onder alle volke van die aarde, ofskoon ons feitlik eintlik nóg musici nóg sangers is soos wat dit nou by ons in Galilea baie dikwels voorkom. Ook bedoel ek met die uitdrukking sterk en swak 'Seite' (kant) nie die 'Saiten' (snare) van `n musiekinstrument nie, maar slegs die morele kant van die menslike gemoed; maar desondanks is ons tog ook musici en sangers, maar slegs in diep geestelike sin! Verstaan jy dit?'

*[Hier staan in die Duits: 'Seite' wat dieselfde uitgespreek word as die woord 'Saite' wat 'snaar' beteken].

*N.B. Vir `n goeie begrip moet hier opgemerk word dat in die Oud-Hebreeus die 'Sake' (snaar) van `n musiekinstrument en die 'Seite' (kant) van `n mens qua klank nog meer na mekaar lyk as hierdie twee Duitse woorde; want 'snaar' heet 'strana', ook 'strauna', en 'kant' heet ewe-eens 'strana', ook korter 'stran' of 'stranu', en hierdeur kan mens maklik verstaan, waarom Asiona ons vir musici en sangers begin beskou, (opm. van J. Lorber)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205