Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 200

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die verskil tussen die mense van hierdie aarde en die van die ander wêrelde

200 DIE MEESTER: 'Jy sal weliswaar orals diere vind van ongeveer dieselfde soort as op hierdie aarde, so ook mense, maar nêrens so ryk aan verskeidenheid nie; orals bestaan slegs min soorte, sowel in die plante- asook in die diereryk, en die mense lewe nie in `n vrye, maar meer in `n voorbeskikte orde en handel volgens `n meer instinkmatige besef as volgens `n vrye insig wat in homself en uit die ervaringe ontstaan het.

[2] Op die verre groot sonne-aardes* is alles feitlik strooks- of vlaksgewys verteenwoordig wat veral op hulle omsirkelende planete voorkom, ook is daar baie wysheid onder die verskillende mense wat `n spraakvermoë besit; maar ook die taal en dikwels die hoogs belangrike wysheid is daar meer instinkmatig ingegee as een wat vry en deur die inspanning van die eie vrye werksaamheid verwerf is. *(Sien: ‘Die Natuurlike Son; Jakob Lorber)

[3] Daarom is daar ook geen sprake van verdienste nie, soos wat dit ook hier op aarde geen verdienste van die by is om vir homself `n kunstige sel te bou en daarvoor die stof uit die blomme te gaan haal en te verwerk nie; want die by is tog seker vir elke denkende mens maar net `n werktuig van `n geestelike intelligensie van die ander kant, as `n wese met selfbeskikking wat vry werksaam is. En byna dieselfde is op alle ander hemelliggame die geval met die kreatuurlike mense, ook al is hul uiterlike vorme dikwels onvergelykbaar baie mooier en edeler as op hierdie aarde.

[4] Maar al die kreatuurlike mense wat êrens anders lewend is en wat die verskillende ander hemelliggame bewoon, het baie meer die instink van die diere van hierdie aarde; maar hulle het daarnaas ook nog `n sekere lewenskamertjie waarin hulle `n soort vrye bewussyn het, waardeur hulle `n hoogste goddelike Gees ken en wat hulle ook op hulle manier vereer, en dit gebeur natuurlik op planete en hemelliggame wat baie van mekaar verskil, ook op baie verskillende wyses.

[5] Bykans die meeste diere van hierdie aarde het ook wel min of meer so `n soort kamertjie in hul siel met `n spoortjie vryheid, wat die rede daarvoor is dat hulle ook getem en vir verskillende werksaamhede afgerig kan word, - maar net soos wat hulle op geen enkele manier te vergelyk is met die mense van die ander wêrelde nie, so is ook die bogenoemde kamertjie wat die diere het, nie te vergelyk met die vrye-bewusyns-kamertjie van die mense van ander hemelliggame nie. En nou glo Ek dat Ek jou belangrike vraag voldoende vir jou bevattingsvermoë beantwoord het. Is dit nou taamlik helder vir julle beide?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205