Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 99

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Floran verwyt die Fariseërs vir hul liefdelose kritiek op die Heer

99 ROCLUS sê: “Dit is verseker; jy het my nou alles immers so eenvoudig en duidelik uit die doeke gedoen, dat ek gedurende my hele lewe in die opsig nog nooit iets verneem het wat duideliker was nie! Maar nou vererg ek my nog meer vanweë die Fariseërs daar, wat weer heeltemal die ou, gebruiklike Fariseërs word, hoe dikwels hulle die Heer Sy beker in die hand sien neem, en hoe gemoedeliker die Heer met Cyrenius en Cornelius praat! Sien en hoor jy nie hoe hierdie swart kêrels nou al alles tot `n gruwel maak wat die Heer ook maar doen en praat nie?! Hulle het tog die tekens van Hom gesien, en nou eet hulle aan Sy tafel en loof en prys Hom met die tonge van slange! - Ja, wat sê jy nou daarvan?"

[2] RAFAEL sê: “Laat dit maar gaan; want glo my, dit ontgaan die Heer nie! Hy sal hulle op die regte oomblik Self wel behoorlik teregwys, en `n teregwysing wat van die Heer af uitgaan, is altyd besonder bitter vir diegene wat dit moet ondergaan. Kyk, ook Cyrenius en Cornelius en Julius en Festus merk wat jy merk, en ek het dit lankal in die oë! Maar die wil van die Heer het my heimlik tot geduld gemaan en daarom maak ek ook asof ek nie sou merk waaroor die vyftig Fariseërs dit met almal het nie. Maar die oomblik sal nou spoedig aanbreek waarop daar teen hulle opgetree sal word! Wees daarom nou nog `n baie kort tydjie volkome rustig!"

[3] Roclus word nou stil en wag op wat daar gaan kom. Die vyftig fariseërs wag egter nie, maar gaan aan met hul beraadslagings.

[4] FLORAN, hul bekende hoofwoordvoerder, was dit egter nie met die glibberige opvattinge van owerste Stahar eens nie en sê: “Die eet en drink van die Heer geld vir my nog nie as bewys teen Sy Goddelikheid nie! Sy hele gedrag kom my meer voor as `n onuitgesproke vraag of ons nie wankelmoedig word in ons geloof as ons die een of ander by Hom opmerk nie.

[5] As Hy die Messias JaHWeH van die Leërskare (Sebaoth) is wat deur Dawid so heerlik besing word, dan kan Hy doen wat Hy wil, en Hy het dit nog altyd goed gedoen; want hoe sou ons, arme, magtelose, sterflike mense aan Hom gedragsreëls wil voorskryf. Ons bestaan en lewe hang immers enkel en alleen van Hom af, wat hemel en aarde gemaak het, en vir alle diere en mense ledemate en verskillende lewensorgane geskape, ingerig en gegee het! Jy, Stahar, en julle almal, is hiermee op `n allersmerigste en selfs lewensgevaarlike weg!

[6] Waarom maak ons onsself bedruk daaroor omdat Hy nou ietwat meer wyn drink en brood eet?! Hy is immers die Skepper van albei! Werklik, dit bring my nie in die minste van wysie af nie; inteendeel, dit verheug my maar net besonder dat ook Hy, die Allerhoogste en Allerwyste, Hom op ons menslike manier gedra!

[7] Ek moet openlik beken dat dit hoogs onverstandig van julle is om julle hier in die aangesig van die hoogste geselskap in die wêreld so te gedra asof hulle heil van julle welwillendheid sou afhang! Wat en wie is julle dan? Niks anders as arme, kruipende erdwurms teenoor die mag van so `n Mens, wat die elemente gebied, - en dit gehoorsaam Sy wil!

[8] Die wyn het ook julle gemoedere verhit en julle verstand benewel; daarom bring julle nou dan ook oordele ten gehore, wat ek vanweë die enorme domheid daarvan, gewoonweg klassiek sou wil noem. Wat beoog julle daarmee? Of kan julle aan die hand van Moses bewys dat dit verbied is om nou en dan bietjie rykliker wyn te drink? Kan julle beweer dat Noag gesondig het, toe hy ietwat te veel druiwenat vir hom geneem het? Ja, wie gesondig het en vervloeking verdien, is die seun, wat sy vader aan bespotting prysgegee het; maar die seun wat die skaamte van sy vader bedek het, was met seën vervul!

[9] Daarom sê ek julle: Wat die Heer doen, is altyd en ewig goed gedoen! En sou Hy hier baie sakke wyn tot Hom neem, dan gaan dit ons niks aan nie; en as duisend jong vroue Hom sou omring, ongeag hul stand of reputasie, dan gaan ook dit ons nie in die minste aan nie; want Hy is hul Skepper en Behoeder, net soos ons! Waarmee bemoei ons onsself, as Hy na Sy werk toe kom wat tot stand gebring is, wat dit ookal is, en diegene wat gebrekkig en siek is, genees?! Wees terwille van JaHWeH dan tog billik en dankbaar beskeie in julle oordeel.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205