Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 178

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die weg tot die ware geloof

178 JOHANNES: 'Die egte ware geloof van `n mens wat begin glo, lyk soos wynmos wat in `n sak gegooi word. As dit egte druiwemos is, begin dit weldra te gis. Deur hierdie gisting werp die mos alles van hom af wat nie volledig wyn is nie. Het hy alles uit homself verwyder wat nie van sy soort is nie, dan word die mos `n suiwer en kragtige wyn wat, wanneer mens daarvan drink, alles met lewe vervul, omdat hy self in `n sekere sin lewe is. Gooi jy egter `n ander vloeistof in die sak, dan sal dit oftewel heeltemal nie tot gisting kom oftewel hoogstens begin verrot en tot stinkende ontbinding oorgaan, waardeur ook die sak aangetas en vernietig word.

[2] Gelyk aan die wynsak is die hart van die mens wat deur die waarheid steeds meer lewe en krag kry, maar deur die leuen en bedrog uiteindelik self, in plaas van draer van die lewe, in die volledige dood moet oorgaan.

[3] As jy aan `n God glo in jou hart, sal jy Hom ook liefhê, omdat in die hart alles van liefde deurdring word. En het jy God lief, dan is God se hoogste Krag in jou hart en het so in jou lewe self binnegedring.

[4] God se Krag is op generlei wyse `n beperkte Krag nie, maar Hy deurdring die hele ewige oneindigheid. En as jou lewenskern so in verbinding met die Goddelike Krag in beweging kom, dan word die Goddelike Krag ook tegelykertyd in jou beweeg, en as iets in jou dan wil, dan gebeur sonder meer wat Hy wil.

[5] Uiterlik is Ek weliswaar net so `n mens soos jy; maar in my hart is ek nie meer maar net vir myself lewend nie, maar God se Krag woon deur my groot liefde vir Hom in my hart en het één geword met my liefde. Daarom kon ek ook vanuit die Krag van God alles sien en waarneem wat daar met jou en jou geselskap tydens jou reise afgespeel het. Hierin lê alles opgesluit!

[6] Jy moet God in die eerste plek leer ken, en daarvoor het jy `n geordende verstand. Maar dit moet nie slegs by die verstand bly nie. Wat jy verstaan, moet jy so gou moontlik in jou hart of in jou lewe opneem, en dit daarmee tot lewe bring, en dan sal jy reeds op die goeie weg wees! Het jy my goed verstaan?"

[7] ASIONA sê: ‘Ek het jou goed verstaan; maar wat moet ek dan doen as die hart alreeds met allerlei vuiligheid van leuens en bedrog gevul is? Hoe kan ek dit daar uitkry?"

[8] JOHANNES sê: 'Neem maar net die waarheid aan; sy sal haar werk ook sonder jou hande doen! As jy in die middel van die nag die duisternis bekyk, kan jy jou ook vol angs afvra hoe dit tog voor die komende dag sal wyk. Wie sal haar wegvee? Ek sê vir jou: Maak jy jou daaroor geen sorg nie! Laat die sonlig maar eers kom, hy sal die duisternis dadelik laat verdwyn, al is dit hoe dig! En soos wat God te werk gaan in die groot uiterlike sigbare natuur van die wêrelde, so werk Hy ook deur Sy lewensbarmhartigheidson in die hart van die mens. Verstaan jy dit?"

[9] ASIONA sê: 'Ja, ek verstaan dit nou; maar staan my nou toe dat ek na `n paar bure kan gaan om hul openlik te sê wat ek hier ervaar het!"

[10] Toe gaan ons Asiona weg en haas hom na sy bure, roep almal luid en gou by mekaar en vertel hul haarfyn alles wat hy nou ervaar, gesien en gehoor het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205