Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Roclus se twyfel aan RafaEL se mag

52 ROCLUS sê: “As jy met jou dade tot eweveel in staat is as met jou woorde, dan sou so-iets vir jou inderdaad moontlik wees; maar die ervaring wat ek tot nog toe met alle mense opgedoen het, is dat die wyses met die kragtigste woorde ook die swakste was wat hul dade aanbetref het. Ek gee daarom openlik toe dat ek nie al te veel bevrees is vir jou enigsins hoogdrawende woorde met betrekking tot jou daadkrag nie! Maar ja, baie dinge is egter moontlik, ook al is dit nie altyd waarskynlik nie!

[2] Gaan maar na beide ouers en vertel aan hulle dat hul dogter, wat onlangs uit die dood opgewek is, nie die ware een is nie, maar dat sy net vanweë die groot ooreenkoms ondergeskuif is, dan sal jy sien of hulle jou sal glo! Ja, hulle sal jou wel die deur wys, maar glo sal hulle jou nooit nie, ook al sou jy in staat wees om met `n tweede, nog meer ooreenkomstige kopie te kom. Want om die werklike dogter tot lewe te wek sal jou waarskynlik tog nie geluk nie; want ten eerste sal dit vir jou nouliks bekend wees waar sy begrawe is en ten tweede is haar liggaam sekerlik alreeds redelik deur die wurms verteer.

[3] Dit sou volgens my nog die enigste manier wees om beide ouers, in elk geval vir `n tydjie, te laat twyfel; in die uiterste geval sou die twee ouers die werklik tot lewe gewekte dogter vanweë die groot ooreenkoms as pleegdogter aanneem. Maar laat ons ophou met hierdie hele niksseggende woordewisseling en ons aandag op iets anders rig!

[4] Hoort jy ook by hierdie geselskap? Wat is dan nou eintlik presies die doel van julle aanwesigheid hier? Verleen die opperste goewerneur hier, soos wat alreeds dikwels die geval was, publieke oudiënsie aan die volk, luister hy na hul versoeke en hoor hy allerlei klagtes van die volk en sy verteenwoordigers aan, of hou hy hier dalk `n soort gerig of krygsraad? Want ek sien hier immers mense uit alle streke en plekke van die aarde wat aan my bekend is. Selfs die swartste More, so swart soos wat ek hulle nog nooit vantevore gesien het nie, is hier buitengewoon ryklik verteenwoordig; Perse, Armeniërs, Tauriërs, Grieke, Romeine en Egiptenare is daar ook!

[5] Uit beskeidenheid en passende hoogagting vir die wyse en gryse Cirénius sou ek wel nooit met hierdie vraag vorendag gekom het nie; maar omdat ons nou alreeds ruim twee uur met mekaar praat, het ek moed gekry en die vraag nou aan jou gestel! Vertel my eers iets daaroor as jy wil en ook oor die manier waarop nou tog eintlik die huis met die tuin, hawe en skepe daarby ontstaan het! Ek weet wel nog wat jy hieroor alreeds aan my gesê het; maar suiwer deur die krag van God se Gees in die mens kan dit tog immers nie maar net gebeur het nie! Hierdie krag kan die mens wel op die spoor bring van die geskikste middele waarmee mens so-iets die beste kan produseer; maar sonder hierdie middele, net uit lug, sal so-iets tog wel nie tot stand gebring kan word nie! Kom, liewe, wyse, jong vriend, sê aan my nou eers eerlik wat jy enigsins daarvan weet!” 

[6] RAFAEL sê: “Wees nog maar geduldig; want ons is nog nie heeltemal klaar met die gesprek van flussies nie en waarom hierdie volke hier saamgekom het, mag ek nie voortydig verklap nie! Later sal jy nog wel meer te hore kry; laat ons vir die oomblik maar eers by die volgende stilstaan: Of ekself nie in staat sou gewees het om julle instituut `n dodelike slag toe te dien, sonder om my êrens `n tweede kopie van die sogenaamde deur `n wonderwerk tot lewe gewekte dogter te verskaf nie! Jy twyfel hieraan en tog sou ek oombliklik `n oortuigend bewys aan jou kon lewer waarvan jou hare te berge sou rys! - Wat sou jy dan sê?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205