Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 256

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Uitsonderingsgevalle met betrekking tot huweliksake. Evangelie van Matthéüs.19:10-12

256 MY LEERLINGE kom daarenteen na My toe en sê: “Heer, as die saak tussen `n man en `n vrou so staan, dan is dit werklik nie goed om te trou nie! (Matthéüs. 19:10) Want soms is vroue immers ware feekse teenoor hul mans, en daarom dink ons dat wat U orde aanbetref, dit tog nie so onvanpas sou wees as hy van so `n vrou skei en vanweë die huishouding om die hand van `n ander vrou meeding nie. Want kry `n man `n slegte, ontugtige vrou, dan is daar in so `n huis tog altyd rusie en twis en val daar baie bose woorde wat in die huis self en by die bure altyd ergernis sal opwek. Maar as so `n man hom van so `n vrou sal skei, sal daar spoedig volkome rus in so `n huis heers. En in dié geval is ons tog wel van mening dat die skeibrief van Moses vir elke menslike gesonde verstand volkome geregverdig is.” 

[2] Hierop sê EK aan die enigsins verleë leerlinge: “Nie almal vat die woord nie (wat vir die Fariseërs gespreek was), maar slegs diegene aan wie dit gegee is om dit te verstaan (Matthéüs. 19:11), en tot nog toe het julle dit ook nie verstaan nie, ofskoon dit vir julle gegee is om dit te vat; maar desondanks moet julle dit verstaan, en dit sal julle ook!

[3] Ten eerste verwys Ek julle na wat Ek julle reeds meer kere oor die onderwerp gesê het, en dit op uitputtende wyse.

[4] Ten tweede spreek dit vanself dat Ek julle nooit deur Moses `n skeibrief sou gegee het, as Ek nie in sommige gevalle, wat wel met redes omklee kan word, die noodsaak daarvan ingesien het nie. Maar weet julle dan nie watter verderflike misbruik die Fariseërs in hierdie tyd en ook reeds lank gelede met egskeidings begaan het nie?! Hulle stig self heimlik allerlei onvrede in `n origens goeie huwelik en bring dit ten slotte sover dat die egpaar hulle moet laat skei. Wel, die egskeiding word deur die priesters voltrek en kos baie geld, en dit is presies die rede waarom daar in hierdie tyd soveel egskeidings voorkom en waarom Ek in die opsig aan die Fariseërs God se oerwette voor oë gehou het. My mag ken hulle en daarom het hulle ook met heimlike boosheid verdwyn. 

[5] En ten derde sê Ek julle nog iets, en luister goed daarna en teken dit selfs op! Kyk, daar is sommiges onder die mense, van beide kante, wat reeds vanaf die moederskoot onvrugbaar is, andere, maar net manne, wat deur mense om watter rede dan ook ontman is, en ten slotte is daar manne wat hulleself terwille van die hemelryk ontman het! Wie dit kan verstaan, verstaan dit! (Matthéüs. 19:12)

[6] Kortom, hierdie is nie meer geskik vir `n huwelik nie, en elke voltrekte huwelik met sulke ontmande manne is heeltemal ongeldig en kan sonder enige beswaar in geheel geskei word, en diegene wat nie onvrugbaar gemaak is nie, kan sonder om egbreuk te pleeg, opnuut trou.

[7] Maar as iemand se vrou onvrugbaar is, dan kan hy met hierdie einste instelling dit doen wat die ou vaders gedoen het om nasaad te verwek, en hy sal nie daarvoor voor die gereg gedaag word nie. - Ek dink dat julle dit nou eindelik sal verstaan.”

[8] PETRUS sê:” Op één ding na wel; maar wanneer iemand `n vrou het wat suiwer uit aangebore geilheid, ondanks alle vermanings en liefdevolle teregwysings tog steeds hoerery bedryf, en dus totaal onverbeterlik is, moet `n mens hom dan nie ook van so `n vrou laat skei nie? Of wat is dan volgens U wil die korrekte ding om te doen?” 

[9] EK sê: “Jy kan jou van so `n vrou, wat duidelik egbreuk pleeg, sonder meer laat skei, - maar solank sy leef mag jy geen ander vrou trou nie! Want jy kan nie weet of jou vrou haar in die toekoms nie bekeer, en vol berou terugkeer na jou huis nie, sodat jy dan `n troue vrou het wat haar lewe verbeter het. Het jy egter in die tussentyd `n ander vrou getrou, en jou vroeëre vrou, wat haar verbeter het, sou dan vol berou na jou toe terugkom, dan sou jy haar vanweë jou nuwe vrou nie meer kan aanneem nie, en kyk, dit sou immers tog iets sleg wees vir jou en nog slegter vir altwee jou vroue; want aan die eerste sou jy geen barmhartigheid kan skenk nie, en van die laaste sou jy nie kan skei nie, en tog moet jy so barmhartig wees soos jou Vader in die hemel barmhartig is. Maar as jy die barmhartigheid nie kan beoefen nie, wat is jy dan en wat wil jy dan doen om in My orde te bly? Het jy egter `n drang en baie natuur, kyk dan terug na die ou vaders; maar wees in jou hart aan God getrou en behoed jou vir geilheid, ontug en hoerery! Want hy wat hoerery en egbreuk pleeg, sal God se ryk nie binnegaan nie. - Het jy dit nou goed verstaan?”

[10] PETRUS sê: “Ja Heer, nou is dit ook vir my duidelik!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205