Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 219

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Epifanus se moed

219 Epifanus sê: “O, dit is die mees volmaakte waarheid en dit is vir my ook sonder enige verdere uitleg heeltemal duidelik! Laat ons aanneem dat ek of iemand anders `n nuwe woonhuis wil bou. Hy raadpleeg daarvoor `n boukundige wat hom in woord en beeld moet uitlê hoe hy as aannemer sy huis moet bou. Daarna volg die aannemer egter nie die raad van die verstandige boumeester op nie, maar omdat dit alles vir hom te moeisaam en te tydrowend lyk, voeg hy liewer self klippe en balke sonder enige verbinding tesame, trek dan in sy nuwe woning in, en woon daar `n kort tyd baie behaaglik, sonder om gevaar te vermoed. Dan kom daar in die nag egter `n groot storm wat teen die wankelende mure van die huis geweldig hamer, en dit stort spoedig inmekaar en dood die eienaar wat tewens die boumeester is. Wat het hy nou daarby gewen dat hy die raad van die verstandige boumeester nie wou opvolg nie?!

[2] En ek glo dat tussen U en ons, blinde en nikswetende mense, byna dieselfde die geval is. U is duidelik die boumeester wat die wêreld, die heelal en ook die mens soos wat hulle is, geestelik en materieel in `n sekere sin gebou het, en derhalwe ook die beste moet weet wat goed vir hom is en wat hy as redelike denkende, self oordelende en homself bepalende wese moet doen en moet uitlaat. En as U die mens dan nou deur woorde en dade toon dat U onherroeplik dieselfde is aan wie hy sy bestaan te danke het, en U hom verder laat sien wat hy moet doen om dit te bereik waarvoor U hom geskape het, dan is dit maar net die skuld van die blinde en dom mens self, as hy om onbelangrike, materiële redes die ewige lewe verspeel en die dood hom dan ten deel val. En so is ek van mening dat elke mens, wat eenmaal deur Uself onderrig is, en U herken het as Die Een Wie U is, dit onmoontlik meer kan nalaat om met alle liefde en vreugde presies so te lewe en te handel soos U hom beveel het.

[3] Omdat die mensewêreld nou so sleg, totaal blind en uitermatig selfsugtig, trots en heerssugtig geword het, is dit waarskynlik dat diegene wat U leer opvolg, met baie hindernisse te make sal kry, omdat daar baie meer slegte as goeie mensegeeste is; maar wanneer `n mens eenmaal weet wat `n mens aan U leer het en wat `n mens te verwagte is wanneer `n mens haar opvolg, kan die berge hulle dan daarteen verset, en alle storms kan daarteen te kere gaan, maar `n mens sal dit tog die hoof kan bied met die mees volhardende moed van die wêreld. Immers, as `n wandelaar deur vyande oorval word, verdedig hy hom baie dikwels met leeuemoed om nie die kort en tog al so verganklike lewe te verloor nie, terwyl daar aan die verlies hiervan nie soveel geleë is nie, waarom sou `n mens hom dan nie met `n ware duisendvoudige leeuemoed verdedig teenoor vyande wat dreig om die mens, wat deur die lewe wandel, van die ewige lewe te beroof nie?! Ek glo dat my mening in die opsig heeltemal korrek is.

[4] Ja, mense wat aan hierdie ydel wêreld hang, hul hele verlossing in die slyk van die aarde soek, en nie soos wat ek van U leer deurdring is nie, en die waarde van hul lewe nie insien en kan of wil verstaan nie, sal as daar gevaar dreig, natuurlik alle moed verloor en spoedig weer in die ou slyk terugsak; maar mense soos ons sal hulle nie so maklik vrees laat injaag nie.

[5] Ek sê U, o Majesteit en Heer: Vir hulle wie nie bang is vir die liggaamlike dood nie, sal keisers en konings moeilik wette kan maak! Laat nou die hele aarde maar tot puin vergaan en ek sal nie skrik vir die versekerde ondergang van my liggaam nie; want ek weet nou deur U woorde dat My siel, met U lewensgees in haar, nie ten gronde sal gaan nie! Met dié vertroue mag daar vyande kom van waar en met soveel hulle maar wil, hulle sal my, Asiona en Hiram waarlik geen skrik aanjaag nie; hul veto sal negeer word en hul dreiging onopgemerk bly. En sê U ons nou, o Majesteit en Heer van die lewe, of ek gelyk het of nie!”

[6] EK sê: “Jy het volkome gelyk, en te meer aangesien jy jou ook in geval van nood so sou gedra, netsoos ook alle ander in hierdie plek. Maar omdat Ons hier nou al so in vertroue tesame is en elkeen goed leer ken het, en aangesien dit My baie na aan die hart lê dat julle by allerlei voorvalle en verleidings nie sal wankel nie, moet Ek julle ook met nog allerlei ander dinge bekend maak. Luister dus na My!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205