Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Roclus belig die Fariseërdom

102 ROCLUS sê: "Ja, reeds van ouds af met heel my lewe, my hart en gevoel, met al my gedagtes en my strewe en al my wil, en nou soveel te meer, omdat ek die Heer herken het en Sy hele wese vir ewig en altyd in my hart en in my wil opgeneem het! Ook is ek nou in my woorde en my oordeel met betrekking tot die ou Stahar heelwat redeliker; want die mens wat hom in die lig bevind, kan maklik praat oor die nag. Oordag is daar ook wel skaduwees, maar onder elke boom is dit nog altyd baie ligter as in die helderste nag. En soos wat dit in die natuur is, so is dit ook in die gees! By wie dit in hart en siel dag word, die kan hom maklik bedruk maak oor die nag van sy medemens; want sy tartarus-duistere gedagtes is nog altyd `n helder lig ten opsigte van die nag van die ligste hemelse gedagte van `n egte Fariseër.

[2] Want weet jy, by ons Grieke bestaan al baie lank `n uitdrukking met betrekking tot iemand wat iets ontsettend dom sê of doen: 'Hy is nog dommer as `n Joodse Fariseër!' Hiermee wil ek egter in die geheel nie sê dat die meeste, of selfs alle, Fariseërs dom is nie; maar van die groot aantal van hulle wat daar is, is daar in elke geval baie. Maar ek het dit nie soseer oor hulle domheid nie; maar dat die meeste Fariseërs uiters kwaadaardige en onversoenlike, wraaksugtige mense is, dit is `n algemeen erkende waarheid wat helaas maar al meer bevestig word deur tallose hartseer en bitter ervarings. En slegs om die rede is ek eintlik `n uitgesproke vyand van hierdie mense; want met hulle hou elke gemeenskap en elke vorm van samewerking en onderhandelinge op, daar hou alles, alles op!

[3] Ja, met die Samaritane kan mens goed praat en goed handel, terwyl hulle tog ook volgens Moses se leer lewe! Ook met die Sadduseërs gaan dit nog goed; maar met die aartsjode, soos wat die fariseërs hulleself noem, is heeltemal niks uit te rig nie! Mense tel maar net by hulle as die mense hulleself enorm laat intimideer. Gee alles wat jy het aan die Fariseërs en sterf dan voor hul vet deure van die honger, dan is jy `n ware kind van God en word jy deur die Fariseërs as `n heilige en hooggeagte mens betitel! Wee diegene, by wie hulle ook maar `n greintjie verstand bespeur, - die word altyd skeef aangekyk en sal by hierdie afgunstiges nooit tot enige aansien kom nie, tensy hy hul `n groot offer sou bring en homself dan met sy heldere verstand vir die laagste doeleindes tot voordeel van die Fariseërs laat gebruik!

[4] En as jy dit alles in oënskou neem, wat het die soeker na lig en waarheid dan te sê oor die aartsjode, wat die amptelike titel 'Fariseër' dra? Niks anders nie as wat ek eens met my einste twee ore verneem het van twee weldeurvoede Fariseërs wat tesame `n endjie gewandel het en my nie opgemerk het nie! Ek sal hulle A en B noem, om die gesprek duideliker te kan weergee.

[5] A sê vir B met `n hees, rou stem: 'Luister, die dom verhaal van Moses wat nooit bestaan het nie, is hoeka nie sleg nie! Daar is geen spoor van waarheid daarin te ontdek nie en JaHWeH is `n los, digterlike gedagte, en alles wat daar in ons Skrif staan, is die werk van mense, soos wat hierdie `n werk van die natuur is, wat gedurig skep en weer vernietig!

[6] God en gode is egter net mense wat genoeg energie en krag besit om hulleself (gode) te maak. Net die begin daarvan is moeilik; as die saak eers na `n aantal jare goed ontwikkel en uitgewerk is, dan is alles maar net kinderspeletjies. Met enkele skynwonders kan jy die hele wêreld oorreed. Jy hoef dan net toringhoë tempels te bou en dit van buite, maar veral van binne, met allerlei mistieke gedoe te versier, en aan die blinde mensdom die bestaan van `n almagtige God wat êrens vertoef, by te bring, wie se dienaars en uitvoerders van sy wil natuurlik niemand anders nie as net ons priesters mag wees nie!

[7] Jy moet, om meer aansien te kry, die mensdom ook belas met allerlei wette wat moeilik of miskien selfs onmoontlik is om op te volg, wat sogenaamd van God af kom en waarop swaar strawwe rus, en dan die oortreders meedoënloos straf! Daarmee word gehoorsaamheid, vrees en swakheid van die volk opgewek en in stand gehou; en as jy dit eenmaal deurgevoer het, kan jy orals `n prima lewe as `n God hê.

[8] Maar jy moet tog altyd die grootste aandag daaraan bestee dat die volk veral nie meer onderrig word as net tot sover dat niemand soveel van die taal agterkom dat hy ons woorde kan verstaan nie. As hulle iets meer sal leer, dan sal daar dadelik mense wees wat vrae sal stel, omdat hulle oor allerlei dinge iets wil weet! En as mense vrae begin te stel, dan bewys dit dat hulle ook al begin om na te dink; priesters wat wil heers en `n moreel, denkende volk gaan ewig nooit saam nie!

[9] Die mense mag nie baie meer gees besit as `n afgerigte os of `n volgsame esel nie; as hulle hierdie grens oorskry, dan is dit met die aansien van die priesters spoedig net soos `n lekkende skip! Die volk mag veral nooit die geringste vermoede kry van ons werklike kennis nie; want sodra dit gebeur, sal dit spoedig verby wees met ons eintlike bestaan!

[10] Daarom is dit veral in hierdie tyd belangrik, noudat daar allerlei verwerplike volksverligters begin opduik, wat ons moeilik sal vind om van hierdie aardbodem te laat verdwyn! Ofskoon één swaweltjie nog lank geen somer maak nie, is dit tog `n teken, dat daar gou ander sal volg. Daar kan maar soveel swaeltjies kom as wat hulle wil, hulle kan hoogstens `n gevaar inhou vir die muskiete; maar die volksverligters sal vir ons `n gevaar inhou, daarom moet elkeen van hulle dadelik uit die weg geruim word!'

[11] Dit was die prysenswaardige woorde van A, en B, `n klein mannetjie met bol wange, gee A volkome gelyk; hy trek net sy skouers op en verklaar: 'Dit sal nou wel baie moeilik wees vanweë die skrander Romeine, deur wie ons Jode al ongelooflik bederf is! En tot oormaat van ramp moes `n ware satan ons nog opsaal met die uiters lastige Essene, wat bowendien nog onder die beskerming van Rome staan! As ons nou nie begin om deur baie slim en uiters verfynde bedrieëry opnuut in die guns van die volk te kom nie, dan sal dit spoedig met ons klaarpraat wees!

[12] Ons moet ons nou met allerlei wonderdoenery toerus, omdat selfs iemand wat al `n helder visie het, daarmee nog die maklikste geïmponeer kan word; maar die wonderwerke moet heeltemal uitgelese en totaal nuwe en liefs nog nooit voorheen vertoon gewees het nie, anders loop ons ons vas, en maak die verwenste towenaars, wat van alle kante na Jerusalem stroom, ons verdag en uiteindelik selfs belaglik, veral nou tot oormaat van ramp ook die Essene wat in ons teenwoordigheid wonderwerke verrig, wat `n groot skande is, en daar nou ook nog in Galilea `n nuwe, buitengewone groot wonderdoener optree wat as`t ware reëlreg en energiek teen ons te velde trek en ons teen elke prys in die verderf wil stort! Hy moet egter ook, al kos dit wat, deur ons vernietig word, soos wat die Doper in die Jordaan ook vernietig moet word; want hy het ons al onnoemlik baie skade aangedoen! Kortom, dergelike leraars moet uit die weg geruim word, anders kom ons ou volksbedrog op armsalige wyse aan die lig en dan is dit met ons en met ons gesellige lewetjie vir altyd klaarpraat. Wat dink jy daarvan?'

[13] A sê op sy beurt: 'Ek is dit heeltemal met jou eens; as die leiers van die tempel, wat te lou en daarby ook uiters gierig geword het, nou eers net `n gedeelte van hul reeds onmeetlike skatte wil opoffer! Maar hulle dink: 'Ons het dit vir ons; hoe dit ookal verder sal gaan, ons sal ons met ons skatte orals wel goed kan red! Solank die koei melk gee, sal ons haar melk; gee sy nie meer melk nie, dan slag ons haar dadelik liewer self en maak ons van haar vleis uiteindelik nog `n heerlike smaaklike gebraaide ete!' Hulle het dit al te ver laat gaan en dit sal nou nie maklik wees om die mense so te beïnvloed dat hulle net vir ons sal glo nie.

[14] Ja, as ons die Romeine aan ons kant het, sal dit maklik wees; maar soos wat dit nou daar staan, het ons deur `n bietjie politiek te bedrywe net Herodes op ons hande! Met Pilatus kan jy nie praat nie; want hy is die trotsste van al die Romeine en laat niemand van die Jode, selfs nie die hooggeplaastes, by hom toe nie, behalwe wanneer dit om uiters ernstige Romeinse regsake gaan, en selfs dan trek `n Jood altyd teen `n Romein aan die kortste end!'

[15] Op die manier praat beide nog `n tydlank, terwyl ek agter hulle aanloop; dit was ongeveer drie weke gelede gewees dat ek die prysenswaardige gesprek toevallig gehoor het en wel in die omgewing van Bethlehem, waar ek toe moes wees. En die gesprek het my nog meer in my ateïsme bevestig; want ek kon hieruit uitmaak, dat ook hulle, by wie ek nog die meeste geloof in `n God vermoed het, geen vonkie geloof in `n hoër Goddelik Wese het nie. Ek het daarmee my reeds `n lang tyd tevore opgevatte mening volkome bevestig gevind, naamlik dat elke godsdienstige leer niks anders is as die mees smaaklose en kwaadaardige bedrog nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205