Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 229

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Beide pole van die bestaan

229 DIE MEESTER: “Jy, Epifanus, dink wel by jouself dat ook `n, uit verskillende afsonderlike gedagtes saamgestelde idee `n beeld kan wees wat reeds `n soort begrip is en daarom ook wel tot die teenpool kan hoort, ja, selfs ook `n afsonderlike op homself staande, baie duidelike gedagte! Daarin het jy heeltemal gelyk; as dit so is, is egter die op hierdie manier vaste gedagte en eweneens `n dergelike idee geen eintlike idee meer nie, maar reeds `n op homself bestaande afsonderlike begrip, omdat dit as `n goed gevormde beeld of as `n reeds geordende handeling teenoor die siel staan en sodoende die teenpool van die lewenspool uitmaak.

[2] In die eerste (positiewe) pool is lewe, aktiwiteit en vryheid, in die tweede (negatiewe) of teenpool is die dood, die traagheid en die oordeel; en kyk, daaruit bestaan dan ook die hel, die Satan en die duiwels, dus ooreenkomstige aanduidings van wat Ek nou teenpool noem!

[3] Sien, die hele skepping en alles wat julle ook maar met julle sintuie kan waarneem is vaste gedagtes, idees en voorstellings van God, ook julle mense wat julle sintuiglike liggaam betref; en vir sover die siel met die liggaam verbind is deur haar senuwee- en bloedeter, is ook sy in die oordeel en bevind sy haarself derhalwe in die dood daarvan, waaruit sy haar egter kan bevry deur met behulp van haar vrye wil, volgens God se wette, die suiwer geestelike na te strewe; so kan sy heeltemal één word met haar gees uit God, waardeur sy derhalwe deur haar selfwerksaamheid selfstandig van haar ou dood in die vrye ewige lewe kan oorgaan.

[4] Maar let op, die volgende is baie belangrik! Bewussyn en liefde bepaal die hele mens tot goeie of slegte werksaamheid. Is sy bewussyn geestelik en lei dit na God, dan sal die liefde ook na die geestelike en sodoende na God neig en ook in die rigting werksaam word, en hierdie aktiwiteit is `n goeie en die gevolge daarvan is die seën uit die hemele van die Lewe.

[5] Word `n mens egter vanaf die wieg met niks anders in sy bewussyn verryk as slegs dit wat die liggaam dien nie, dan sal sy liefde haar ook heeltemal na die materie wend en spoedig geheel en al daarin aktief word om soveel moontlik materiële skatte te versamel, en hierdeur die vlees soveel moontlik genoeë te besorg. In so `n geval gaan die siel dan heeltemal oor in die materie, synde die teenpool van die absoluut vrye gees van God, en vorm so met die teenpool, daardeur gevange, self ook die teenpool. Die onvermydelike gevolg hiervan is die oordeel in en deur haarself, die vloek van die lewe na die dood en so ook in `n sekere sin die ewige dood self. En wie is skuldig daaraan, as net die mens self wat dit homself aangedoen het, deur sy bewussyn, sy wyse van liefhê, wil en handel!

[6] Onthou dit! Wanneer julle met mense sal praat, moet julle ondersoek of hulle niks weet te opsigte van die siel en van die ewige lewe van die siel nie! As hulle hul skouers ophaal en enigsins meewarig sê: “Ja, daaroor het ons al dikwels mense gehoor praat; maar dat daar baie min of miskien selfs geen woord van waar is nie, leer die ervaring van elke dag, wat bo hierdie ervaring uitgaan, as niks anders as leë gedweep van bepaalde werksku hongerlyers nie!”, dan sal julle onteenseglik kan aanneem dat die siel van sulke mense al so goed as heeltemal verteer is deur haar vleesmaterie en dat sy haarself reeds geheel en al in die oordeel bevind.

[7] Dit sal baie moeite kos om haar weer uit haar oordeel en die gevangenskap van die teenpool te verlos, hier op aarde al baie moeilik en aan die anderkant nog moeiliker, ofskoon dit nie heeltemal onmoontlik is nie. Maar daarvoor sal dit noodsaaklik wees dat sy baie lank van alles verlaat in haar eie oordeel en dood verblyf, tot die klein bietjie geestelike van die siel wat daar dan nog is, die eie, dikwels allesoorheersende materiële in haarself heeltemal verteer het, en ten slotte deur honger genoodsaak word om `n groot verlange te kry na geestelike voedsel. Dit sal wel altyd gebeur, maar volgens julle, ondenkbare lang tye.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205