Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 139

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die regverdiging van verstand en wysheid

139 Toe vra CYRENIUS My: 'Ja, wat is dit nou opeens? Roclus lyk tot nou toe soos `n ware fondament van die nuwe te geboude heilige stad en nou is hy plotseling heeltemal omgeslaan, ondanks die feit dat U hom alle hulp beloof het!"

[2] EK sê: 'Dit is en bly hy, ofskoon hy My nou nie heeltemal so goed verstaan het nie! Maar Ek het dit nogtans vir hom gesê en Ek het hom in die toestand gebring om dit nog uit hom te verwyder. Maar die saak sal nou heel anders daaruit sien, daarvan sal jy jou dadelik oortuig!"

[3] Daarop rig EK My heel vriendelik tot Roclus en sê: 'Maar My beste vriend, as jy hierdie saak byna heeltemal verkeerd opgevat het, kan geen God jou help solank jy jou eie vroeëre begrip plaas teenoor `n hoëre verligting wat jy later sal kry nie! Die mooiste daarvan is egter dat jy presies dit, wat Ek eintlik van jou verwag het, in volle erns beweer! As Ek jou vantevore self die slimheid van slange en jakkalse aanbeveel het, hoe sal Ek dan op die idee kan kom om jou dit nou te verbied?!

[4] Hoe mens met kinders moet omgaan en hoe hulle onderrig moet word, het Ek gister tog voldoende duidelik gemaak; ook al was jy nie orals aanwesig gewees nie, jy het dit tog in jou hande, geskryf deur My snelskrywer! Daar is dus heeltemal niks meer wat jy tydens `n bepaalde aangeleentheid nog aan die lig sou kon bring en waarvan jy, ten aansien van enige onderrig, sou kon sê: 'Kyk, dit is onverstaanbaar!' of: 'Dit is nie geskik vir hierdie of daardie nie!'

[5] So ook, wanneer julle deur middel van natuurlike medisyne `n sieke wil help en dit ook sou kon, maar die sieke dikwels `n uitgesproke afkeer van die medisyne het en dit vir geen goud in die wêreld kan inneem nie, terwyl julle ten volle daarvan oortuig is dat hierdie medisyne enkel en alleen die sieke verseker en vinnig sal genees, dan spreek dit natuurlik vanself dat julle dan so `n medisyne sonder meer `n ander naam kan gee en dit ook met iets anders kan meng, sodat die sieke nie kan sien dat dit medisyne is wat hom so teen die bors stuit nie en dit dan afwys, wat hom tot groot nadeel sou strek.

[6] En wat die onderwysing van My Elohimsleer en lewensleer verder aanbetref, wil Ek julle die volgende nog in die besonder sê: Pas julle in uiterlike opsig teenoor almal aan, om te sorg dat julle by hulle tuis voel en hulle vir My ryk gewen kan word! Wees Judeër met die Judeërs, heiden met die heidene, lag met diegene wat lag en huil met hulle wat huil, wees swak en vol geduld met die swakkes en laat die sterkes sien dat ook julle sterk is, sodat die besef van hul krag hulle nie opblaas en hoogmoedig maak nie! Nou, My beste vriend, dit sal tog voldoende vir jou wees om te weet wat God se Allerhoogste Wysheid, wat ook julle suiwere verstand geskape het, van julle verwag!

[7] Glo My, My Wysheid is nooit in stryd met `n menslike gesonde, nugter en onbevooroordeelde verstand nie! Want dit moet immers beoordeel wat reg is en wat nie!

[8] `n Waarheid, al is dit hoe verhul (versluier), is en bly as sodanig nietemin ewige waarheid en sal haar later ook so manifesteer. Vriend, `n waarheid kan jy na gelang die omstandighede omhul en omklee soos wat jy maar wil en kan; dit hang heeltemal af van die bevattingsvermoë van hulle aan wie die waarheid gepredik word. Kinders word met melk en heuning en selfs sagte brood gevoed, terwyl mens `n man wel vaste spyse kan aanbied. Dit is dan alles baie goed, as die binneste maar waarheid is; op die noodsaaklike omhulsel word weinig of gladnie gelet nie. Dit sou ook egter baie onwys wees en indruis teen elke gesonde verstand in, as iemand My hulp sou nodig hê en Ek wel weet dat hy eerlik was, maar hom nie sou aansien nie, omdat hy `n Persiese mantel aanhet! `n Waarheid verborge as dit nodig is, is geen sonde nie; maar `n duidelike leuen en duidelike bedrog in die kleed van die waarheid verpak, is sonde en word deur My vir ewig verwerp!

[9] As jy nou jou vroeëre opwekkinge uit die dood bekyk, dan was dit ondanks jou goeie wil `n groot, maar baie goeie verhulde (bedekte) leuen, omdat hierby geen spoor van `n ware opwekking uit die dood te vinde was nie; en so is daar nog baie dinge wat julle alles in julle instituut gedoen het. Julle het van die Egiptenare en die Arabiere geleer om te bereken wanneer daar `n sons- en maansverduistering sou plaasvind; maar dit vir die volk geheim gehou. Vir die volk sê julle egter: 'Omdat julle, volk, ons stem nie wil hoor nie, sal die owerste - wie nou jy is - die gode opdrag gee om op hierdie of daardie dag die son of die maan te verduister!' Die volk word daarop dadelik deur groot angs bevange, bid en offer onsinnige gawes wat, uiteindelik alleen die troos het, dat die dreiging weliswaar in elk geval sou plaasvind, maar dat julle sou probeer om die skade tot so min as moontlik te beperk. Sien jy, dit was tog wel `n baie duidelike leuen, verhul (verborge) in die eerbiedwaardige kleed van die volle waarheid!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205